Page 1 of 1
Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:28 pm
by coco
Goeie dag alle forum lede
Het enige iemand raad oor hoe om die frot reuk uit vrieskas te kry. Ek was die vakansie weg en die vrieskas het ontklaar geraak. Die vleis daarin het gevrot en die reuk is aardig en ek probeer om dit uit te kry.
Enige hulp sal wardeer word.
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:31 pm
by BLOK
Het ook al daai een oorgekom, As jy tyd het sit n emmer vol houtskool in die vrieskas vir so week die reuk trek in die kole.
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:53 pm
by GERT vd M

Blok,
Los sommer so paar stukke van die houtskool in die kas nadat hy aangeskakel is. Jy kan ook vanilla essence oral in die kas drup.
Jy sal agter kom dat sodra hy begin vries sal die reuk ook verdwyn
GROETNIS
GERT
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 4:57 pm
by Cobus(Cobb)
Steenkool of charka braai brikette
Cheers
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 5:35 pm
by Geno
Charcoal werk goed, so ook koeksoda.
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 5:53 pm
by Dawid
Was die vrieskas eers goed uit met asyn en koeksoda water, laat droog en sit steenkool in. Kan n paar stukkies daar los vir latere reuke.
2de opsie is om n nuwe te koop en van daai een n roker te bou.

Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 5:53 pm
by Pvdw
Beide vanilla en suurlemoensap help ook baie omdie ergste uitte kry. vee die kas daarmee uit en laat staan oornag. vee volgende dag weer uir metskoon klam lap.
Daai houtskool ding werk ook goed.
Peet
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Wed Jan 04, 2012 7:24 pm
by douw
dit wat die manne hier s? werk. baie goed. Maak net seker soos jy in die hoekies inspuit, dat jy dit so drie dae herhaal, jy sal sien dat as jy iets soos Domestos(werk baie goed) in die hoekies spuit en dit afdroog, daar weer goed uitgeloop. Dit is gewoonlik waar die stink vassit.
Net so vinnige storietjie: Ek doen ingeboude kaste. Met die werkery by die klie?nt se huis, gebruik ons sommer gou die muurprop in die garage. So twee weke later bel die klie?nt my, nie bietjie ontsteld nie hoor.

Hy vertel my ons het nooit sy vrieskas terug gesit nie, toe hy die vleisie wil uithaal, lewe dit daar binne. Ek moet toe ook sommer dadelik soontoe om die vrieskas te verwyder, nie tot more wag nie, anders stink die hele buurt. Nou ja, ek koop toe maar 'n nuwe.
Ek ry met die ou een terug tot by my huis, haal die lewendige gemors uit, en dit vat toe 'n goeie paar stukker steenkool en domestos en 'n paar dae, maar nou is hy weer reg.
Groetnis
Douw
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Thu Jan 05, 2012 8:58 am
by coco
Dankie aan almal wat gereageer het. Die geheim bleikbaar is dat 'n mens moet seker maak dat al die bronne van die reuk verwyder is, en dan die boere rate toepas. My vrieskas is een van daai wat self defrost en daar is 'n pannetjie bo op die kompressor waarin die bloedrigheid gaan le. Het sommer spirits ingegooi sodat dit die pad van die bloedrigheid kon loop. Hoe dit ook al sy dit bly 'n mission om dit skoon te kry, so hier is goeie raad. As jy op vakansie gaan sorg dat daar nie vleis in die vrieskas is nie.
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Thu Jan 05, 2012 9:02 am
by BLOK
Dawid wrote:
2de opsie is om n nuwe te koop en van daai een n roker te bou.
Ek dink nogal hierdie raad van Dawid kan as die beste beskryf word, bells vir jou oom Dawid

Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Thu Jan 05, 2012 9:10 am
by Danie Lombard .243
Al die raad is waar en werk goed. Die sleg reuk word veroorsaak deur 'n lewende bakterie (gogga skimfies) wat aanhou groei en aanhou stink. Was vrieskas ook deeglik met domestos. Elke keer as ek die koelkamer leegmaak en klaar vleis gewerk het was ek die hele koelkamer uit met domestos, selfs die evaporator se aluminium vinne en waaier lemme spoel ek ook uit met domestos. Met die bly die koelkamer skoon en reuk vry.
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Thu Jan 05, 2012 11:19 am
by Boesman
En saam met dit alles hope geduld. Dit gebeur nie oornag dat jy die reuk uitkry nie, dit vat eerder dae of weke. Maar dit raak beter en laaaaaater is dit heel weg.
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Fri Jan 06, 2012 1:47 pm
by KSV
Danie,
Hoop party manne wil hulle koelkamers ook soos jy skoonmaak. hel was laasjaar da naby julle met 'n jag en daai koeler het ma 'n aardige klankie op hom gehad.
Mook mooi!
Hein
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Mon Jan 09, 2012 3:19 pm
by Flip Nel
Ek is 'n bestuurder in n' vleis/vis/hoenner winkel, al wat ek kan s? is ek haal my hoed af vir Domestos, ons het al meeste ander produkte getry maar domestos bly bo, jy moet net sorg dat jy elke hoek en gaatjie uitwas dat niks oorbly nie, dan behoort hy reg te wees
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Mon Jan 09, 2012 3:53 pm
by BRNO (Pierre)
Ek lees die draad terwyl ek nog rustig op vakansie sit en n koue geniet. Wel nou ja, 48 uur later stap ek self by die huis in met die tipe van gemors wat vir my wag. Ongeveer n halwe eland, en een en n halwe vark wat begin lewe kry het.
Saterdag maar vroeg opgestaan en die onaardigheid getakel. Vandag sommer die vanilla ook uitgewas, want selfs die reuk begin nou al sleg ruik. Glad nie n lekker affere nie.
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Mon Jan 09, 2012 4:00 pm
by BLOK
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Mon Jan 09, 2012 4:04 pm
by BRNO (Pierre)
Justice is die een wat die prop "perongeluk" afgesit het, en toe 'perongeluk" vas gereen het Saterdag oggend oppad om die "perongeluk" te kom skoon maak. Justice is nou "perongeluk" sonder die job.
Ek weet nie of die kots of die gemors met die vleis die moeilikste skoongemaak het nie

Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Mon Jan 09, 2012 4:07 pm
by BLOK
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Mon Jan 09, 2012 8:42 pm
by grumpy
Julle manne is agterlosig dat die vleis vrot word! Dit moes laaaaankal biltong gewees het dan sou daar nie n probleem gewees het nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Tue Jan 10, 2012 12:42 am
by fanie17
Jy kan die vrieskas en vleis by jou korttermyn versekering eis
Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Tue Jan 10, 2012 7:31 am
by BRNO (Pierre)
Reeds so gedoen Fanie. Net so bietjie moeilik om die Eland te vervang uit Pta. As daar iemand is wat n lastige bokkie naby Pta het, laat weet asb.

Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Sat Jan 28, 2012 4:11 pm
by 22-250 Sniper
Waterstof Peroksied vol 40 beskikbaar by meeste apteke dit is die enigste middel wat bloed heeltemal oplos.Die probleem met n vrieskas is dat die vrot bloedwater trek in die isolasie in en dit is wat jy moet uit kry. En daarna kan jy die betroubare charcoal insit en as jy kan laat staan die vrieskas oop buite in die son vir solank jy kan

Re: Vrot vleis in vrieskas
Posted: Sat Jan 28, 2012 4:55 pm
by Marc
Dank Vader dit het my nogie oorgekom nie !!! Die Arabiere vat "note"..... mens weet nooit.