Page 1 of 1
Leupold VX5-HD 3-15x44 of 56 CDS-ZL
Posted: Tue Jan 26, 2021 4:03 pm
by Mellies
Dagsê menere.
Is daar dalk manne wat Leupold se VX5-HD CDS-ZL glase gebruik en kan terugvoering gee asb?
Miskien het iemand die glase vergelyk met van die Europese brands.
Ek sien die VX3-HD is ook binnekort hier...
Baie dankie.
Met `n vleisie...
Re: Leupold VX5-HD 3-15x44 of 56 CDS-ZL
Posted: Tue Jan 26, 2021 8:27 pm
by Speelmansjagter
Daai klas Leupold's is baie nice. Ek het nie daai spesifieke een nie. Het wel 'n vx6 en 'n vx3. Ek sal weer en weer leupold koop vir jag en medium long range.
Re: Leupold VX5-HD 3-15x44 of 56 CDS-ZL
Posted: Wed Jan 27, 2021 10:06 am
by Wouter Roets
Hallo Mellies
Ek het een en is bitter tevrede. Glas is baie helder en hy verstel baie konstand. Paralaks is nie baie sensetief nie so dit help met algemene jag. Die teleskoop het ook n baie sinlike vergrotings spektrum vir die aplikasie. Jy kan met n geruste hart koop.
Groetnis
Wouter
Re: Leupold VX5-HD 3-15x44 of 56 CDS-ZL
Posted: Wed Jan 27, 2021 10:31 am
by Mellies
Dankie kêrels!
Ek waardeer.
Met `n vleisie...
Re: Leupold VX5-HD 3-15x44 of 56 CDS-ZL
Posted: Wed Jan 27, 2021 11:43 am
by Werner Prinsloo
Jy kan maar koop sonder om twee keer te dink. Ek het self twee 3-15's en seker 6 vriende wat op aanbeveling dieselfde gekoop het. Ons is almal baie beindruk met die kwaliteit.
Ek dink nie daar is 'n beter jag scope nie. Die glas is uitstekend en die grootte en gewig perfek vir enige jaggeweer. Op my 223 gebruik ek die Boone & Crocket reticle wat perfek werk vir holdover. Met die zero lock turret gebruik ek die scope as taktiese scope vir medium afstande en die verstelling is presies.
Leupold is nie 'n scope wat uit mode raak nie en jou herverkoop indien nodig sal moeite vry wees.