Page 1 of 1

Bass vang hier rond

Posted: Sun Jan 24, 2021 6:10 pm
by Capt. Yoda
Yes manne.

Ek het n laaitie wat nou met n bass oor die kop geslaan is, ons was die naweek by sterkfontein dam en het paar mooi visse gevang maar die dam is te groot vir hom en die man raak gou gatvol as da nie aksie is nie.

Waar om JHB, Rustenburg, Klerksdorp, Potch, Parys kan ek op of baie naby die water bly laat die man n naweek lank net kan Rapalas gooi en n paar mooi visse vang?
Dit hoef nou nie n fancy lodge te wees nie net n plek waar mens kan slaap en lekker braai na n lang dag in die son en natuurlik moet da verkieslik bass in die dam wees

Laat weet asb as iemand weet van so plek

Groete

Re: Bass vang hier rond

Posted: Sun Jan 24, 2021 6:22 pm
by Gerhard
Ek het lekker bass in Potch dam gevang toe ek daar gewerk het.
Glo daar sal nog mooi bass wees veral by die trein brug inloop


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Bass vang hier rond

Posted: Sun Jan 24, 2021 6:37 pm
by Capt. Yoda
Dankie Gerhard, ek het nou op Bass Lodge so ent anderkant Klerksdorp af gekom wat oulik lyk vir kinders

Re: Bass vang hier rond

Posted: Mon Jan 25, 2021 6:44 am
by tripodmvr
Die Vuil (Vaal) rivier in en om Vereeniging het ook baie baars, maar 'n boot is nodig om groter sukses te behaal. Hopelik het die reëns meeste van die KXX verwyder. Daar is heelwat oorde om Parys.

Re: Bass vang hier rond

Posted: Mon Jan 25, 2021 7:07 am
by Rasmus
Capt

Stuur my n boodskap. Ek het n lekker plaasdam vol bass op my swaer se plaas. Hy het n woonstel ook op sy erf. Ek glo ons sal iets gereel kan kry. Rapalas sal jy van n bootjie kan gooi agv waterlelies. Platstics van die kant af.

Die plaas is so 40km anderkant Middelburg rigting Loskopdam.

Of jy kan my bel nul 8 drie 4 vyf sewe 1 agt 2 agt

Groete

Rasmus

Re: Bass vang hier rond

Posted: Mon Jan 25, 2021 9:01 am
by Capt. Yoda
Rasmus wrote: Mon Jan 25, 2021 7:07 am Capt

Stuur my n boodskap. Ek het n lekker plaasdam vol bass op my swaer se plaas. Hy het n woonstel ook op sy erf. Ek glo ons sal iets gereel kan kry. Rapalas sal jy van n bootjie kan gooi agv waterlelies. Platstics van die kant af.

Die plaas is so 40km anderkant Middelburg rigting Loskopdam.

Of jy kan my bel nul 8 drie 4 vyf sewe 1 agt 2 agt

Groete

Rasmus

Rasmus, dankie ek praat met jou in die volgende dag of 2