Page 1 of 1
Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 5:03 pm
by geelslang
Goeie dag manne.
Ek het nou my kolwe verkoop om iets nuut te kry. Dit gaan mos maar so tot jy iets kry wat jou 100% pas vir die doel.
My 243AI kort nou 'n kolf, ek gebruik hom basies vir springbokke, vlakvarke en jakkals skiet.
Watter kolwe gebruik julle hiervoor en wat sal julle aanbeveel.
Groete
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 5:09 pm
by Malan123
Wat is jou budget?
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 5:12 pm
by geelslang
Tot so 8k.
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 6:42 pm
by Armand Steenkamp
geelslang wrote: Fri Jan 22, 2021 5:12 pmTot so 8k.
Geelslang ek weet nou nie watse kolwe jy gehad het nie. Maar vir my werk die GRS beserk baie goed. Sie sintetiese kolf kan pak vat en hy pas n man baoe lekker omdat hy verstelbaar is.
Groetnis
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 6:44 pm
by Malan123
In daai prysklas as 'n "rak kolf" sou ek die GRS gekoop het. Baie mense hou nie van hom nie, maar ek geniet hom. As jou sak dieper is sou el na A5 of German Gunstocks gekyk het.
Alternatief kan jy moontlik vir jou iets laat maak by 1 van die kolfmakers hier op die forum?
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 6:53 pm
by geelslang
Ek het 'n A5 copy en dis' n baie lekker kolf maar ek soek iets ligter. Ek sal bitjie kyk, Safari het juis nou specials
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 7:00 pm
by Malan123
German gunstocks is duur, maar hulle is bitter nice. Baie lig!
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 7:07 pm
by geelslang
Wie is die invoerders?
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 7:15 pm
by Malan123
Ek het op 'n stadium geweet, maar ek weet ongelukkig nie meer nie. Ek is seker hier is 'n paar manne op die forum wat sal weet
Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 7:45 pm
by BeesBreet
Piet Otto - nul82 378 7vier58
Tegnies het ons nie n invoerder nie, maar Piet ken die einaar/vervaardigers van German Gunstock persoonlik, en het my gehelp om myne in te bring.
Jou budget sal moet klim as jy een wil in bring jammer om te noem. Oh ja en die kolwe pas op die stadium net op Tikka aksies, weet nie of dit intussen verander het nie. Loer maar op hul website.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Fri Jan 22, 2021 8:47 pm
by geelslang
Baie dankie ek dink die GRS gaan moet doen vir nou.
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Sat Jan 23, 2021 5:40 am
by Nico Harris
Koop n boyds pro varmint. Baie dieslefde lyne as n A5. Nie te duur nie. Met 8k sal jy die kolf koop en laat bed en seker nog kleingeld ook oor hê.
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Sat Jan 23, 2021 12:04 pm
by phyllox
Vir watter aksie soek jy die kolf?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Sat Jan 23, 2021 1:12 pm
by Apie
Jy kan by Martin van Smoking Guns op Potch vir jou ‘n lekker kolf maak vir jou begroting.
Sy Frankenstein special sal mooi in jou kraal pas.
Die agterkant lyk soos ‘n gewone jagkolf maar met verstelbare wangstuk.
Voorkant so kruis tussen ‘n A5 en jag kolf.
Naaste aan hom wat ek van die rak af kan mee vergelyk is ‘n McMillan Game Warden
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Sat Jan 23, 2021 11:20 pm
by Jacquesb
Ekt nie die wye jagwapen ondervinding van die ander lede nie, maar ek geniet my duimgat Boyd's baie.
Re: Lekker allrounder kolf.
Posted: Sun Jan 24, 2021 9:09 am
by geelslang
Ek kom glad nie reg met 'n duimgat kolf nie. Die Pro Varmint is' n lekker kolf. Die Sako Varmint is self 'n bul kolf