Page 1 of 1

Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 8:59 am
by Eduard Venter
More manne.

Ek wil graag hoor wat is die algemene opinie om bokke te jag wat tags in die ore het? Ons almal weet wat met die wild mark gebeur het en sodoende is daar mooi wild te jag met tags in teen gewone pryse.

In die verlede moes ons net vermy het om iets met 'n tag in te skiet. Maar nou dat dit toegelaat word, hoe voel jy as jagter daaroor?

Ek praat nou van wild wat op groot plase loop en nie in klein kampies uitgeskiet word nie. Hulle word ook nie gevoer nie en dis steeds 'n taamlik uitdagende jag. Die enigste ding wat anders is van 'n gewone jag is dat daar 'n stukkie plastiek in die oor is wat 5+ jaar gelede as kalf ingesit is deur 'n veearts.

Ek het natuurlik my eie opinie ook maar ek hoor graag.

Groete

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 9:20 am
by Ds J
Ek jag / skiet uitsluitlik vir die pot. Die plastiek pla nie.
As iemand anders my vra om vir hulle te skiet is dit ook nie n probleem nie.

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 9:23 am
by Geno
Indien dit ou teeldiere is wat hulle genetika versprei het in 'n ekstensiewe stelsel en die boer wil hul uithaal om plek te maak vir nuwe genetika, het ek geen probleem daarmee nie.
Ek het die laaste jaar of so 3 springbokramme en 'n bwb bul met tags in geskiet op so 'n basis.

Image

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 10:53 am
by Frederik
Geen probleem solank area groot genoeg is om die dier te jag en hulle nie mak is nie.
Dink dit gaan bietjie meer probleem wees met internasionale jagters, ek sou byvoorbeeld vir my klient noem as hy die kamstige mak bok kan vang en die tag uit sy oor uit kan haal kan hy hom maar verniet kry. :laugh: ;D

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 10:57 am
by Capt. Yoda
Steek hom tag of nie

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 11:33 am
by J le Roux
Meat is meat and a man must eat..........

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 12:18 pm
by JohanvB
Vir sommige jagters is die "tag", die teiken ;D ;D ;D ;D

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 12:34 pm
by PWV
Navorsing het getoon dat die vleis van tag-bokke baie ongesond is a.g.v. plastiekvergiftiging deur die ore! :P
Sny dadelik die tags af wanneer so 'n bok geskiet word!!! ;)

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 12:50 pm
by Wouter Roets
Babaleeu

Wat sal jy se is die rede hoekom daai blouwildebees van jou getag was?

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 1:53 pm
by Spanner
Ek stem. Geen probleem daarmee nie. Ek het nog nie geleentheid gekry om so book te jag nie.
Was al saam waar die boer net eers die tag verwyder het voor die foto geneem is, maar as vleisagter is ek nie gepla daaroor nie.

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 2:20 pm
by Geno
Wouter Roets wrote:Babaleeu

Wat sal jy se is die rede hoekom daai blouwildebees van jou getag was?
As ek reg onthou is hy as jong dier saam n klompie tuliblok diere afgelaai n paar jaar terug om die bestaande bokke se lyfgroottes te verbeter. Hy was nie so swaar nie, maar het wel lekker groot lyf kallers gemaak.
Die ander bul wat saam hom was het Dewitt hier van die forum geskiet en hy het 'n enorme lyf gehad. Ek sal hom bietjie vra wat hy geweeg het.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 2:43 pm
by Malan123
Wouter as jy nou 'n lekker debat wil begin moet jy eintlij vor Geno vra watter grein punt maak so klein gaatjie op die voorkop >:+ :laugh:

Highjack af, sorry Eduard

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 3:06 pm
by Eduard Venter
Dankie vir almal se terugvoer. Lyk my die antwoord is eenvoudig. Vir my persoonlik lyk tag bokke vrek lelik, maar ek sal hulle steeds jag.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 6:34 pm
by Ds J
Dit kan natuurlik ook n gawe grap afgee as iemand so n bok laat opstop met tag en al.

Re: Jag van tag bokke

Posted: Mon Jan 18, 2021 8:59 pm
by tripodmvr
Laat my terugdink aan 'n jagtog naby Ficksburg. Blesbokke, SWB en volstruis was die teikens. Die manne het met die bakkies gery om te skiet. Een van ons (JAM was sy bynaam en ook sy voorletters) het 'n pasmaak 30-378 gehad en het 178gr GS Custom koeƫls gebruik. Vooraf is gewaarsku dat slegs 'n kort tyd gelede daar 2 tagramme ingebring is.

JAM ry saam met die dame wat die jag beheer. Nie lank of ons kry die berig dat een van die tag bokke gekwes is. JAM dring egter daarop aan om self die bok te skiet. Die uiteinde is toe dat hy albei tags plattrek. Sy ramme het R800 stuk gekos terwyl ons teen R10 per kilo geskiet het. My SWB koei het 80 kg uitgeslag en ek was baie tevrede.

Re: Jag van tag bokke

Posted: Tue Jan 19, 2021 11:11 am
by Wouter Roets
Geno wrote: Mon Jan 18, 2021 2:20 pm
Wouter Roets wrote:Babaleeu

Wat sal jy se is die rede hoekom daai blouwildebees van jou getag was?
As ek reg onthou is hy as jong dier saam n klompie tuliblok diere afgelaai n paar jaar terug om die bestaande bokke se lyfgroottes te verbeter. Hy was nie so swaar nie, maar het wel lekker groot lyf kallers gemaak.
Die ander bul wat saam hom was het Dewitt hier van die forum geskiet en hy het 'n enorme lyf gehad. Ek sal hom bietjie vra wat hy geweeg het.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Geno ek wou se daai bul is nie getag oor sy horing lengte nie.

Groetnis
Wout

Re: Jag van tag bokke

Posted: Tue Jan 19, 2021 11:18 am
by Geno
Nie almal is so gelukkig soos ek en jy nie Wout. Sommiges van ons gaan ongetag deur die lewe :laugh:

Re: Jag van tag bokke

Posted: Tue Jan 19, 2021 11:34 am
by Malan123
Hahahahahaha

Re: Jag van tag bokke

Posted: Tue Jan 19, 2021 12:22 pm
by Frederik
Skerp ;D

Re: Jag van tag bokke

Posted: Tue Jan 19, 2021 1:57 pm
by Wouter Roets
;D ;D ;D ;D ;D

Re: Jag van tag bokke

Posted: Tue Jan 19, 2021 2:08 pm
by Gawie(13mm)
Geno wrote: Tue Jan 19, 2021 11:18 am Nie almal is so gelukkig soos ek en jy nie Wout. Sommiges van ons gaan ongetag deur die lewe :laugh:
So, wanneer kwalifiseer 'n een-horing as 'n rekord?

Re: Jag van tag bokke

Posted: Tue Jan 19, 2021 2:20 pm
by Capt. Yoda
Gawie(13mm) wrote: Tue Jan 19, 2021 2:08 pm
Geno wrote: Tue Jan 19, 2021 11:18 am Nie almal is so gelukkig soos ek en jy nie Wout. Sommiges van ons gaan ongetag deur die lewe :laugh:
So, wanneer kwalifiseer 'n een-horing as 'n rekord?
SCI of Rowland?

Re: Jag van tag bokke

Posted: Wed Jan 20, 2021 10:02 am
by tripodmvr
Vir die eenhoring diere is daar Rowland Award !!!!!!!