Page 1 of 2
2021 Jag Fotos
Posted: Sun Jan 17, 2021 9:22 am
by Nella
Kon darm die jaar open met n baie vet eland koei.
Askuus die swak fotos maar wou haar so gou as moontlik gelaai kry om haar by n koelkamer uit te kry.
Voordeel van somer jag ..diere is spêkvet...nadeel.
Brommers by duisende en mens moet versigtig wees vir koeie met kallers. Die spesefike koei moes juis af want die was nou jaar drie wat sy nie haar kalf groot gemaak kry nie.
Haar eier was sleg beskadig deur borsluise met net een speen wat nog so bietjie melk kon gee. Ongelukkig nie genoeg om n kalf te kan voed nie.
IMG-20210117-WA0005.jpg
IMG-20210117-WA0007.jpg
IMG-20210117-WA0006.jpg
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Sun Jan 17, 2021 9:53 am
by Lategan1
Jy is bevoorreg!
Gesonde bestuurspraktyk.
Beste.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Sun Jan 17, 2021 3:34 pm
by ruaanb
Sjoe daai koei is spekvet!
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Feb 11, 2021 11:01 am
by ThinusS
Ek het vroeg vanoggend die springbok geskiet. 'n Halfuur later, toe ek met die kwadfiets opdaag om die karkas op te laai, het ek die jakkals 200 treë van die springbok af betrap, 'n 6.5mm koeël het sy onbyt planne in die wiele gery.
Beide is met 'n 6.5 Creedmoor en 120gr Hornady GMX koeëls geskiet. Die jakkals op ±200m en die springbok op 438m. Dié koeël is baie veelsydig, sterk genoeg om 'n blouwildebeesbul plat te trek sonder om te wonder of 'n dik been die koeël gaan stop maar sag genoeg om 'n effektiewe wondkanaal te maak op die kleiner bokke tot op 450m. Die tweede foto is van die uitskietwond op die springbok. Die bok het ±50m gehardloop voordat hy geval het.

Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Feb 11, 2021 11:15 am
by Frederik
Netjies Thinus.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Feb 11, 2021 1:01 pm
by PWV
Mooi, man!!! Daai bike maak die ding!!!
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Feb 11, 2021 5:21 pm
by tripodmvr
Petrol stalk !!!!!
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Feb 11, 2021 5:22 pm
by tripodmvr
Die veld lyk rêrig mooi na die reëns.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Feb 11, 2021 8:22 pm
by Nella
Netjies geskiet daar.
Die jakkals raak al vêr vir my....daai springbok is heeltemal buite my vermoëns.
Dankie vir die fotos...maak my weer lus vir die veld.
Waars al die ander manne se fotos vir die jaar sovêr?
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Feb 11, 2021 9:33 pm
by Eduard Venter
Nella wrote:Waars al die ander manne se fotos vir die jaar sovêr?
Ek dink dis dalk nog bietjie vroeg vir meeste manne. Ek self het nog net een swartwitpens met 'n kliënt gejag. Nog nie self beurt gekry nie.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Fri Feb 12, 2021 10:31 am
by knipmes
Netjies Tinus.
Ek gaan self hierdie jaar die 180gr GMX probeer
Dit is vir my nog te warm om te jag (te voet) Baie brommers en vleis bederf gou as jy lank neem om die karkas in die koelkamer te kry
Ek sal maar my "lus" inhou tot einde Mei.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Fri Feb 12, 2021 12:48 pm
by ThinusS
knipmes wrote: Fri Feb 12, 2021 10:31 am
Netjies Tinus.
Ek gaan self hierdie jaar die 180gr GMX probeer
Dit is vir my nog te warm om te jag (te voet) Baie brommers en vleis bederf gou as jy lank neem om die karkas in die koelkamer te kry
Ek sal maar my "lus" inhou tot einde Mei.
Dit is onaangenaam warm, veral wanneer mens vêr moet stap en ons jag net te voet, ek probeer maar vroeg klaarmaak.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Fri Feb 12, 2021 1:23 pm
by knipmes
Ek verstaan jou omstandighede.
Vir my is dit bietjie anders. Die ouderdom rem my. Ek will rustig stap, rustig die omgewing en ander goed waarneem en die jag net geniet. Die stad mergel jou gemoed ook maar erg.
Ek het nou die dag met Jean gepraat Jy gaan glo een of ander tyd hier na Pretoria se kant toe kom. Hy sal die paar 9,3 X 62 doppies by my kom haal en dit vir jou gee.
Waardeer al jou mooi fotos en inligting wat jy altyd stuur
Groete
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Fri Feb 12, 2021 4:27 pm
by ThinusS
knipmes wrote: Fri Feb 12, 2021 1:23 pm
Ek verstaan jou omstandighede.
Vir my is dit bietjie anders. Die ouderdom rem my. Ek will rustig stap, rustig die omgewing en ander goed waarneem en die jag net geniet. Die stad mergel jou gemoed ook maar erg.
Ek het nou die dag met Jean gepraat Jy gaan glo een of ander tyd hier na Pretoria se kant toe kom. Hy sal die paar 9,3 X 62 doppies by my kom haal en dit vir jou gee.
Waardeer al jou mooi fotos en inligting wat jy altyd stuur
Groete
Dankie, daardie 9.3x62 het al hard gewerk.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Fri Feb 12, 2021 7:39 pm
by J le Roux
Ek het 'n gelukkie gehad by 'n maat se neef se plaas naby Vaalwater.
Die Zebras moes af, net kopskote. Hulle het gehoor van die storie en wou nie kafee meatpies word nie. Ons moes soek en toe te voet probeer.
Gelukkig het die skoot oor die stokke mooi geloop, die 165gr Sierra Gameking wat ek regkry vir die vlaktes teen 2800fps in my 30-06 het mooi gemaak.
20210123_152853_compress6.jpg
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Sun Mar 28, 2021 2:08 pm
by Jarred
Shot a baboon that was giving farmers a lot of trouble. Dropped him at 550 metres.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Sun Mar 28, 2021 2:46 pm
by Nella
Netjies geskiet daar.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Fri May 14, 2021 8:16 am
by Ashley
BWB bul, Ellisras area.
30.06 met 168gr TTSX
124Kg op die hak
27.2" horings
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Fri May 14, 2021 1:20 pm
by Nella
Veels geluk...daai is n duk bul daai!
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Tue Aug 10, 2021 6:45 pm
by Nella
Het die pas afgelope lang naweek met so drie dae verleng en die vrou en kinders plaas toe gevat..
Plaas is so 30km buite Musina op die venetia myn pad.
Lang storie kort...Pa skiet vir die tweede keer agter makaar niks en die jongman sit die vleis op die tafel
IMG-20210810-WA0018.jpg
So net om my ego te probeer herstel vat ek hom toe baan toe laat ek hom kan wys wie is baas...
Druk n haelgeweer doppe in die papier teiken in op n 100m en kry hom toe darm met die tweede skoot raak geskiet.
Nie in die middel nie ,op die kant raak geskiet maar goed genoeg.
Henrico se eerste skoot lyk toe so

IMG-20210810-WA0020.jpg
Nou ja, daai man se trots ken geen perke nie. En ek self trots op die jongman.
Mooi geskiet daar my bul!
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Wed Aug 11, 2021 9:13 am
by fransbadenhorst
Ou vark wat ek die naweek buite Baltimore Limpopo met my Sako 270 geskiet het 130gr Accubond
Sent from my SM-G960U1 using Tapatalk
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Wed Aug 11, 2021 6:39 pm
by LouisR
Sho Nella, daai is 'n bitter mooi bul wat Henrico plat getrek het, hy en jy het goeie rede om trots te wees.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Wed Aug 11, 2021 9:04 pm
by honda2
fransbadenhorst wrote:Ou vark wat ek die naweek buite Baltimore Limpopo met my Sako 270 geskiet het 130gr Accubond
Sent from my SM-G960U1 using Tapatalk
Sjoe Frans - daai beer het baie karakter. Mooi gejag.
Sent from my SM-A530F using Tapatalk
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Aug 12, 2021 5:59 am
by Frederik
20210717_150900.jpg
20210717_151125.jpg
Met groot vooreg en seen kon ek die jaar regkry laat my seun verstaan van grootwild jag. Twee en 'n half dae se harde jag van donker tot donker met klein breuk in die middel van die dag en slegte koue weer kon my seun die prag koei plat trek.
Baie trots op hom nie een keer gekla nie ons het mamma bitter min gesien oor die tyd om te braai eet en slaap in die lodge en dan uit in die veld.
Re: 2021 Jag Fotos
Posted: Thu Aug 12, 2021 9:15 am
by Stephan86
Frederik baie geluk aan jou seun, dit is 'n baie mooi koei daardie.