Page 1 of 1
Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 12:20 pm
by Hein M.
Hallo almal
Heel moontlik is hierdie al bespreek...
Die wagtydperk vir 'n lisensiekaartjie met hernuwing kan deesdae veel langer as die voorgeskrewe 3 maande duur. Wat nou gedoen as jy teen die pad afgetrek word en jy kan net die "vervalde" ou kaartjie toon. Of nog erger: Jy verdedig jouself met 'n wapen wat hieronder sorteer.
Moet jy dan die bewyse van hernuwing toon, soos kwitansies, ens? Wat word aanvaar deur die oningeligte, gewone patrolliekonstabel / verkeersman?
Het bogenoemde al met iemand hier gebeur? Wat was die uitkoms van die situasie?
Hoor graag!
Groetnis!
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 1:21 pm
by OosKaapJagter
Ek het vanoggend 3 hernuwings gaan indien en GEEN bewys daarvoor gekry nie. Al wat vir my gesê is, is dat ek 'n sms sal kry. Intussen het ek my .45 pistool (artikel 13) se aansoek verlede jaar betyds ingedien, maar die lisensie verval nou oor 8 dae. Die DFO het wel op die stelsel bevestig my aansoek om hernuwing wys op hul stelsel.
Artikel 24(4) van die betrokke wet 60 van 2000 bepaal dat jou lisensie geldig bly totdat daar 'n beslissing oor die hernuwingsaansoek gemaak is, mits die aansoek betyds ingedien was.
Die SAPD lede sal op die stelsel kan inskakel en kyk of jou hernuwingsaansoek ingedien is.
Ek gaan gevolglik steeds my .45 artikel 13 pistool dra, ten spyte van die "vervalde" lisensie. Hoewel ek seker my artikel 16 pistool kan dra, gaan ek dit nie doen nie.
Sou 'n polisiebeampte my dus stop, sal ek sê my hernuwingsaansoek is ingedien en my lisensie bly geldig totdat hulle daaroor beslis het. Intussen staan dit hom/haar vry om dit op hulle stelsel op te volg.
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 1:30 pm
by Maroelas
Ek dra my kwitansie (dring aan op een, dit word op 'n formele dokument gedruk) en die vervalde lisensie.
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 1:44 pm
by Hein M.
Maroelas wrote: Mon Jan 11, 2021 1:30 pm
Ek dra my kwitansie (dring aan op een, dit word op 'n formele dokument gedruk) en die vervalde lisensie.
Ek het ook die kwitansies, as bewyse vir betalings - en dus indiening, as bewyse... Hoop dit is genoeg vir die oningeligte poeliesman
Groetnis!
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 1:46 pm
by Hein M.
OosKaapJagter wrote: Mon Jan 11, 2021 1:21 pm
Ek het vanoggend 3 hernuwings gaan indien en
GEEN bewys daarvoor gekry nie. Al wat vir my gesê is, is dat ek 'n sms sal kry. Intussen het ek my .45 pistool (artikel 13) se aansoek verlede jaar betyds ingedien, maar die lisensie verval nou oor 8 dae. Die DFO het wel op die stelsel bevestig my aansoek om hernuwing wys op hul stelsel.
Artikel 24(4) van die betrokke wet 60 van 2000 bepaal dat jou lisensie geldig bly totdat daar 'n beslissing oor die hernuwingsaansoek gemaak is, mits die aansoek betyds ingedien was.
Die SAPD lede sal op die stelsel kan inskakel en kyk of jou hernuwingsaansoek ingedien is.
Ek gaan gevolglik steeds my .45 artikel 13 pistool dra, ten spyte van die "vervalde" lisensie. Hoewel ek seker my artikel 16 pistool kan dra, gaan ek dit nie doen nie.
Sou 'n polisiebeampte my dus stop, sal ek sê my hernuwingsaansoek is ingedien en my lisensie bly geldig totdat hulle daaroor beslis het. Intussen staan dit hom/haar vry om dit op hulle stelsel op te volg.
Dalk moet jy teruggaan en dit gaan haal. Volgens wet mag die DFO nie gelde ontvang sonder dat hy/sy dadelik 'n kwitansie daarvoor uitreik nie... Tegnies gesproke kan die persoon die aansoek "verloor" en die geld in sy sak steek...
Daai Artikel 24(4) beteken dus darem dat hulle jou nie kan toesluit nie...
Mooiloop!
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 2:03 pm
by Toxxyc
Ja kyk as hulle nie vir jou ten minste 'n bewys van betaling gee nie, beteken dit iemand vat iewers die Walt Disney muis.
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 2:47 pm
by OosKaapJagter
Ek het fisies gesien hoe die transaksies op die stelsel gedoen is. Verder het ek gesien hoedat die kwitansies uitgereik en aan my aansoeke geheg is. Die laaste kantoor waar dit ingedien moes word vat dit nie sonder die kwitansies nie. Die rede waarom ek nie 'n kwitansie gekry het nie is 'n tekort aan drukpapier. Daardie afdeling het nie eens kleingeld nie; jy moet presies die regte bedrag saamvat.
Intussen het ek nou net 'n sms gekry vir die eerste van die 3 hernuwingsaansoeke wat vandag ingedien is (Die haelgeweer). Die .45 se hernuwingsaansoek verwysingnommer is terloops ook saamgestuur. Daardie sms tesame met die ou lisensie sal voldoende wees.
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 2:55 pm
by Klein Chris
Sit in dieselfde bootjie
Hier is n link
https://www.saps.gov.za/services/firear ... nquiry.php
Maak n screen print en hou by jou doumentasie. Party geregs dienaars kan "spitefull" wees
Re: Wag vir hernuwingskaartjie: Lisensiebewyse?
Posted: Mon Jan 11, 2021 3:23 pm
by Nico de Jager
My pa se geweerlisensies het verval. Ons moes vanoggend sy gewere gaan inhandig voor daar aansoek gedoen kon word vir nuwe lisensies onder die huidige amnestie.
Ons het een kwitansie per geweer gekry en dit is aangeheg aan sy lisensieaansoek.
As daai lisensieaansoek egter wegraak, het ons geen bewys van die gewere wat ingehandig is nie?
Hoop nie ek hijack die draad nie.
Groete
Nico