Page 1 of 1
Grinders
Posted: Tue Jan 05, 2021 4:35 pm
by Dirkvh
Midag kerels
Het enige iemand ondervinding met die volgende 3 masjiene: NWKnives Original Hollow, Herbst Ultimate en Trinity7 Switchback Pro.
Enige terugvoer sal waardeer word!
Geseende dag
Dirk
Re: Grinders
Posted: Tue Jan 05, 2021 8:36 pm
by Ds J
Dirk, dit is drie heeltemal verskillende bandskuurders met drie verskillende toepassings. Nogtans sal al drie ewe goed kan werk as n mens die basiese beginsels onder die knieg het.
Die NWKnives skuurder werk waarskynlik die beste en die maklikste; sy enigste nadeel is dat hy redelik beperk is tot die "hollow grind". Maak asb seker by Jaco hieroor? Ek ken vir Jaco persoonlik en dit ris regtig n uitsonderlike ontwerp - die masjien werk vinniger as enige ander masjien waarvan ek weet.
Die ander twee is baie veelsydig; en volgens die patroon waarop die meeste modelle werk. Ek vermoed dat hulle verskillende wiele kan vat.
Hoeveel kennis en ervaring het jy, en wat wil jy doen? Dit sal dalk help met die keuse.
Re: Grinders
Posted: Tue Jan 05, 2021 9:45 pm
by Dirkvh
Dankie Ds J
Ek het 'n mini skuurder van NWKnives, en het 'n hele klompie messe op hom gebou. Ek het die vryhand hollowgrind ding redelik onder die knie. Al drie masjiene het dieselfde funkies en kan die platen, contact wheel en mini wheel attachments vat. So flatgrinds en hollow grinds kan opal drie gedoen word. Die Trinity is die enigste een wat kan tilt wat 'n lekker funksie is.
Ek kyk ook nou na die Vormac Vortex op aanbeveling van 'n ander mesmaker.
Re: Grinders
Posted: Tue Jan 05, 2021 10:16 pm
by Ds J
Dit raak nou al buite my ervaringsveld want ek het nog nooit na n spesifieke maak gekyk nie.
Die vraag was nog altyd net of die masjien sterk genoeg gebou is, en fyn verstelbaar.
Voorstel: kyk asb na iets wat verstelbare spoed het? Dit maak baie fyner werk moontlik.
Gedagte: as daar dalk n masjien is wat met verstelbare spoed in verskillende rigtings kan loop sal dit my gunsteling wees.
Re: Grinders
Posted: Tue Jan 05, 2021 10:50 pm
by Dirkvh
Ds J wrote: Tue Jan 05, 2021 10:16 pm
Dit raak nou al buite my ervaringsveld want ek het nog nooit na n spesifieke maak gekyk nie.
Die vraag was nog altyd net of die masjien sterk genoeg gebou is, en fyn verstelbaar.
Voorstel: kyk asb na iets wat verstelbare spoed het? Dit maak baie fyner werk moontlik.
Gedagte: as daar dalk n masjien is wat met verstelbare spoed in verskillende rigtings kan loop sal dit my gunsteling wees.
Baie dankie, al 4 masjiene kom met 1.5kw motors wat VFD het wat "reverse" insluit.
Re: Grinders
Posted: Wed Jan 06, 2021 2:23 pm
by Xplicitly
My pa gebruik die NWK Original Hollow en ek het al baie op hom gewerk. Ek is mal oor hoe die masjien werk en die bou kwaliteit.
Ek self gebruik die Herbst Ultimate, en na ek nou al baie lemme gegrind het, kan ek sê dat die kwaliteit in my ervaring nie op standaard is vergeleke met die NWK masjien nie. Hoeke wat moet haks wees, is nie baie haks nie. Die spanning's kabel breek kort-kort, en die small wheel attachment en sy rus is ook nie haks met mekaar nie. Dit maak dat simmetrie nie maklik bekombaar is in jou afwerking nie. As ek toe geweet het wat ek vandag weet, sou ek eerder NWK gekoop het.
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Re: Grinders
Posted: Thu Jan 07, 2021 8:18 am
by Dirkvh
Xplicitly wrote: Wed Jan 06, 2021 2:23 pm
My pa gebruik die NWK Original Hollow en ek het al baie op hom gewerk. Ek is mal oor hoe die masjien werk en die bou kwaliteit.
Ek self gebruik die Herbst Ultimate, en na ek nou al baie lemme gegrind het, kan ek sê dat die kwaliteit in my ervaring nie op standaard is vergeleke met die NWK masjien nie. Hoeke wat moet haks wees, is nie baie haks nie. Die spanning's kabel breek kort-kort, en die small wheel attachment en sy rus is ook nie haks met mekaar nie. Dit maak dat simmetrie nie maklik bekombaar is in jou afwerking nie. As ek toe geweet het wat ek vandag weet, sou ek eerder NWK gekoop het.
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Hierdie is nou net die tipe terugvoer waarna ek gesoek het, BAIE dankie!!!
Re: Grinders
Posted: Fri Jan 08, 2021 8:49 am
by cobusvh
Ek gebruik 'n NWK masjien en nog nooit enige probleme ondervind nie. So 'n paar jare gelede het ek navraag by verskeie verskaffers gedoen om 'n grinder te koop en by my in die Kaap af te laat lewer. Jaco het toe gereel om 'n masjien by die Kaapse Mesmakersgulde se skou uit te stal en hy het persoonlik die masjien by my huis kom aflewer na die skou. Beter diens kry jy nie sommer nie, dit nadat ander manne nie baie gretig geklink het om 'n grinder aan my te verkoop nie.
Re: Grinders
Posted: Fri Jan 08, 2021 9:34 am
by Geno
Dirk, het jy al na Tommy Glover se grinder gekyk wat hy bou? Ek weet netnie wat hy hom noem nie, so dalk is dit een van die opsies wat jy in jou eerste post noem.
Re: Grinders
Posted: Fri Jan 08, 2021 10:45 am
by Dirkvh
Geno wrote: Fri Jan 08, 2021 9:34 am
Dirk, het jy al na Tommy Glover se grinder gekyk wat hy bou? Ek weet netnie wat hy hom noem nie, so dalk is dit een van die opsies wat jy in jou eerste post noem.
Ek het heel eerste vir Tommy gekontak, maar sy draaibank is buite werking. Sou hom graag wou ondersteun.
Re: Grinders
Posted: Sun May 02, 2021 7:23 pm
by BeesBreet
Hi Dirk, watter een het jy toe gekoop?
Het iemand dalk foto’s van die Nwknives masjien met al sy ander toebehore, naamlik die ‘platten’ en die ‘surface’ grinder...
Dankie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Grinders
Posted: Mon May 03, 2021 8:17 pm
by Dirkvh
BeesBreet wrote: Sun May 02, 2021 7:23 pm
Hi Dirk, watter een het jy toe gekoop?
Het iemand dalk foto’s van die Nwknives masjien met al sy ander toebehore, naamlik die ‘platten’ en die ‘surface’ grinder...
Dankie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hi, ek het toe die Vortex gekoop.
Re: Grinders
Posted: Mon May 03, 2021 9:02 pm
by BeesBreet
Dankie Dirk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Grinders
Posted: Wed Oct 16, 2024 8:50 am
by Capt. Yoda
Het iemand dalk n foto van hoe sy "NWK Original Hollow" lyk en is dit nog die masjien om te koop?
Ek wil vir my Pa so grinder kry om weer te begin basiese messe te maak maar ek het nie n idee waar na om te kyk nie