Page 1 of 1

Kinders se eerste jag

Posted: Tue Jan 05, 2021 4:12 pm
by CobusMeyer
Wil sommer met julle deel
Het my 2 seuns gevat vir hulle eerste jag. Aanvanklik net ouboet maar toe se kleinboet, pa, ek skiet ook elke keer die teiken, ek mis nie, hoekom kry ouboet altyd alles eerste, hy het meer speelgoed en alles, dit werk nie so nie, nou ja, toe het pa nie antwoord nie.
Beide bokke het mooi geval.

Re: Kinders se eerste jag

Posted: Tue Jan 05, 2021 5:06 pm
by WicusdP
Dit bly maar lekker om die kinders se gesigte te sien as daai bok val!!!
Geniet jou kids!!

Re: Kinders se eerste jag

Posted: Tue Jan 05, 2021 8:46 pm
by Hennie Dreyer
Ai Cobus! Dis lekker ne? Om daai kids se gesiggies te sien straal terwyl hulle iets doen wat so eg kultuur is by ons. Well done Pappa!!

Re: Kinders se eerste jag

Posted: Tue Jan 05, 2021 9:12 pm
by tripodmvr
Baie geluk aan die jongmanne. Pa loop lekker breëbors.

Re: Kinders se eerste jag

Posted: Wed Jan 06, 2021 8:03 am
by Frederik
Baie mooi gedoen maar waar het julle gejag dat dit so koud is of was dit 2020 winter?
Se baie geluk vir die twee nuwe jagters.

Re: Kinders se eerste jag

Posted: Wed Jan 06, 2021 9:23 am
by DWB
Baie geluk aan die twee jong manne!!!

Re: Kinders se eerste jag

Posted: Wed Jan 06, 2021 9:33 am
by Killzone
Baie geluk aan jou en jou seuns. Daardie vreugde op die gesiggies is so duidelik..

Re: Kinders se eerste jag

Posted: Wed Jan 06, 2021 11:42 am
by Eduard Venter
Baie geluk aan die laaities!

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: Kinders se eerste jag

Posted: Wed Jan 06, 2021 2:50 pm
by CobusMeyer
Frederik wrote: Wed Jan 06, 2021 8:03 am Baie mooi gedoen maar waar het julle gejag dat dit so koud is of was dit 2020 winter?
Se baie geluk vir die twee nuwe jagters.
Hi Frederik, dit was in Winter naby Heilbron