Page 1 of 1
Sako conversion na Picatini rail
Posted: Tue Dec 15, 2020 8:32 am
by Leon Crous
Goeie môre manne,
Ek het 'n Sako 85 (SM aksie) 243 Varminter gekoop.
My vraag:
Ek wil graag picatini rail opsit... Hoe maak ek?
2dens Is daar iets soos gesplete picatini rails - ek wil basies picatini rails opsit wat amper soos 2 basisse werk (persoonlik wil ek nie vaste vollengte rail op die geweer hê nie...)
Ek het Optilock basisse (as dit help as platvorm...)
My hoof rede vir 'n rail is dat dit my keuse vir ringe baie verbreed.
Laat weet asb as daar iemand is wat dit al gedoen het of kan doen.
Groete,
Leon.
Re: Sako conversion na Picatini rail
Posted: Tue Dec 15, 2020 8:37 am
by Malan123
Ek het nie die 2 stuk mounting piece nie, maar ek is seker dit kan gedoen word. Izak van Trueworx het myne gemaak en ek is baie gelukkig
Re: Sako conversion na Picatini rail
Posted: Tue Dec 15, 2020 12:49 pm
by Lourens
Leon,
Burris maak n 2-stuk picatinny basis wat oorskuif. Ek het dit nognie self gebruik nie maar weet van ouens wat wel doen. Gee dalk die manne van VLT in Pretoria n lui en hoor of hulle vir jou een het. Ek weet hulle het dit verseker op n tyd aangehou.
Groete
Re: Sako conversion na Picatini rail
Posted: Tue Dec 15, 2020 1:16 pm
by Sako75
Om picatinny op ‘n Sako te kry om regtig mooi te laat werk en lyk is ‘n pes.
Re: Sako conversion na Picatini rail
Posted: Tue Dec 15, 2020 2:23 pm
by Dumbluck
Ek het nou 'n Near MFG 10moa rail aangeskaf.
Safari het nou 'n kopie laat maak wat hulle verkoop
https://youtu.be/mmMqX2gC4JM
https://www.youtube.com/watch?v=Py6KBPd2Emk
Ek heel aan die begin 'n Lynx pic rail mount gehad ma hy was te hoog.
Toe sit ek optilocks op en hy werk mooi. Ek het nou nodig om scopes rond te skuif so gaan nou die Near probeer.
Adri
Re: Sako conversion na Picatini rail
Posted: Tue Dec 15, 2020 6:20 pm
by Leon Crous
Dankie manne, goeie info!
Dis een vd dinge wat dit so lekker maak om 'n Jaracal lid te wees!
Thanx.
Re: Sako conversion na Picatini rail
Posted: Thu Dec 17, 2020 9:52 am
by Capt. Yoda
Ek het Burris se 2 stuk basise op al myne, veral met die kort aksies werk dit vir my beter maar as jy n vol rail soek sal ek ook vir die Near gaan
Re: Sako conversion na Picatini rail
Posted: Mon May 24, 2021 1:10 pm
by Dumbluck