Page 1 of 3

Amptelike Naam van die Forum

Posted: Fri Jan 09, 2009 9:17 pm
by jaracal
1) Ek wil julle graag versoek om aan 'n amptelike naam vir die forum te dink. In Amerika is daar bv Huntmasters, Predator Masters ens en ek dink ons moet 'n naam eie aan die forum kies - Ek dink nog aan 'n prys vir die ou wat met die beste naam te voorskyn kom, moontlik my nuwe Boek of DVD wat later die maand beskikbaar sal wees, of albei? Die Naam moet hier gelys word en sal die lede kan stem - hoop om julle insette te kry.

2) Tweedens verlang ek graag julle opinie oor Visvang/Hengel. Moet ons die hengel forum hier inkorporeer of apart hou soos dit tans is (gelys onder Algemeen). My gevoel is dat ons dit kan doen, ook 'n buitelug sport maar hoe voel julle.

Laat weet asb.

Admin

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sat Jan 10, 2009 3:05 pm
by jaracal
Andre
Ongelukkig is die naam Ter wille van Oorlewing reeds geneem, maar dit beskryf 'n boerdery nogal goed.

Sterkte
H

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sat Jan 10, 2009 9:26 pm
by johan
Hein

Ek dink nog,mag ons meer as een keer dink?
Ek het nou so gedink: 


  veevreeters dot com
 

johan

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sat Jan 10, 2009 10:20 pm
by jaracal
Johan
Ek dink weer vleisvreters dot kom, dan sluit dit jou en my in :D
H

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sun Jan 11, 2009 3:42 pm
by LMB
Party ouens kan dalk aanstoot neem.
Wat van Vleisetersforum.

Lukas

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sun Jan 11, 2009 11:34 pm
by Dawie
Ek sien die meeste posts is in Afrikaans maar as mens dit engels wil h? kan dit dalk South African Varminters Forum wees of is dit te ernstig en te obvious??  Miskien sal daar meer souties aansluit.

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Mon Jan 12, 2009 12:16 pm
by Kopskoot 1 WP
Wat van "Roepstem",  die forum is volgens my die spreekbuis van die roepers.  Die visvang kan daar bly maar terwyl daar goed op die forum is wat my absolute onversadigbare hunkering na roep en verwante kan stimuleer, sal ek maar moeilik self een van daai topics oopmaak,  maar almal voel mos nie soos ek nie.

Kopskoot 1 WP 

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 13, 2009 9:07 am
by GRAHAM
Om in pas te bly met verwikkelinge in ons land sal dit meskien van pas wees om die Forum se naam "UMZINGELI" te noem (Die Zulu woord vir Jagter).

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 13, 2009 2:30 pm
by tafjak
Wat van: Farmers Daily

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 13, 2009 2:33 pm
by Jaco Bezuidenhout
jakkalsjag online  ;D

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Wed Jan 14, 2009 6:21 pm
by Jakkals
Ai groot asseblief tog. Sover ek lees lyk dit asof die meerderheid van die lede AFRIKAANS met mekaar gesels. Hou die naam dan in die Taal van die meeste lesers. Ek dink 'n ZOELOE naam sal uiters onvanpas wees. Hoeveel Zoeloes behoort aan en lees die forum? Ek is een wat bars van trots vir my taal en geen ontwikkeling kan dit van my vervreem nie.

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Wed Jan 14, 2009 10:20 pm
by johan
Kry vir ons n boerenaam asb mense!!

iets soos Skaapwagtersforum of redonsveeforurm of jakkalsinsymurforum of ongediertebestrydingforum of Hein en kie of roep en skiet of doodskoot of jakkalsspoor of jakkalsroep of jakkat of jakkalspad of antilandmark of veldforum of roepnrooie of veebewakers of enigiets maar asb kom ons hou dit in AFRIKAANS.

Met opregte dank johan

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Wed Jan 14, 2009 10:28 pm
by Dawie
  ROEPKLETS, 

OK.......wat wen ek???    ;D

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Thu Jan 15, 2009 6:43 am
by jaracal
Mooi so Dawie.
Ek het 'n voorstel gekry van Huntersnest of Jagters Pos/Hunters Post.
Dink maar voort mense  ;)

Groete
H

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Fri Jan 16, 2009 6:49 pm
by baasjan
Ek glo daaraan dat jy jou eie waardes net kan beskerm deur ander se waardes te erken. Soos hierdie forum tweetalig aangebied word met reg van taalkeuse, kan ons seker ook met die naam 'n plan maak.

Dit sal goed wees om woorde in die naam te gebruik wat effektief op die internet se soekenjins sal werk as kernwoorde. Bv. Jag, Hunt.
Om ook bewaring/conservation aan te haak mag nogal nie so 'n dom idee wees nie.

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Mon Jan 19, 2009 3:52 pm
by Mountainman
Manne,
Ek is nuut op die forum - nog net een dag en wil nie op tone trap nie.
My vraag - hoekom die naam verander? Jaracal is vir my heel van pas, is taamlik polities korrek en trap nie op tone nie. Werk goed in beide tale.
Van die taal gepraat - ek is lid by die Whitesmoke forum ( http://whitesmoke.co.za/ ) ook en ons het daar heelwat Yankies, wat tot gevolg het dat alle gesprekke in brits plaas vind anders val hulle uit die bus uit. En ja, op so forum wil jy graag die manne van anderkand die waters intrek en kennis met hulle deel. Hulle doen dinge net anders en op 'n grooter skaal.

Ook so wil manne graag in sy eie taal gesels - dit is after all my moeder taal. My spelling is nie meer so wat wonders nie, want ek praat 90% van die tyd brits by die werk.  :(
So ja dit is 'n moelike delima - die taal storie. Ek is gemaklik in beide. My duits en spaans is nie meer so wat wonders nie.  ;)

Die Whitesmoke forum is al 'n paar jaar aan die gang en het deur dieselfde groei pyne gegaan oor taal, naam, lede, betaal of nie, ens. Ons het na 'n paar jaar die forum 'n betaal Forum gemaak om ongewenste elemente (spammers en ander probleem makers) van die forum af te hou. Die manne wat betaal is die manne wat daar wil wees - een groot Familie regoor SA.

Wat ons wel doen is om tenminste een mal 'n jaar 'n groot skiet te hou in die middel van SA - Colesberg of elders. Dis lekker om almal te ontmoet van aangesig tot aangesig met wie jy elke dag op die site gesels.

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Mon Jan 19, 2009 7:35 pm
by johan
Michiel

Vir my is dit n groot voorreg om deel te wees van n groep mense wat saam gesprek voer in hul moedertaal,ek respekteer ander se taalvoorkeure,ek verwag dan dieselfde van hulle(ek praat nie van jou nie) Heinrich help my reg,enige persoon is welkom om in ENGELS te komunikeer,baie van ons se voorkeur is egter AFRIKAANS(vir die eenvoudige rede dat ek engels moeilik skryf)

Michiel jy sal weet hoe beroert van die manne engels spel op Whitesmoke(ek inkluis)

Weereens welkom,hou die blinkkant bo! (nie ek of jy trap op tone nie,glo my)

johan...QBE

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 20, 2009 12:47 am
by jaracal
Afrikaans of Engels, maak nie saak nie. Ek wou dit nie 'n net engelse forum maak nie, daar is genoeg engelse forums in Amerika as 'n ou wil aansluit. Dit is net lekker om in jou eie taal te kommunikeer, maar skrik ons nie vir brits nie. So vir ons Britse vrinne please join!!

Hein

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 20, 2009 6:19 am
by Freek
Ek stem 100% oor die taal kwessie. Dit is seker belangrik om buitelandse komentaar in te kry maar ek voel ons Suid Afrikaners het al so baaaie prys gegee m.b.t kultuur en waardes om ander te akomodeer dat dit vir 'n verandering vir my lekker is om bietjie op hierdie blikbrein in my eie taal te kan komunikeer. So ek is trots daarop om hier Afrikaans te kan praat en sal so lank ek kan dit voluit doen. As enige Brit,Yank,Duitser of Spanjaard spersifieke duidelikheid nodig het sal ek dit vir hom gee soos wanneer versoek.
;).

Ek dink as ons kan moet ons hou by ons taal...

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 20, 2009 9:52 am
by JACQUES BOTHA
TAALVOORKEUR:
geen probleem met enige taal nie, ek geniet die afrikaans en is gemaklik met dit ek spel maar net so vrot in afrikaans soms...
maar ek is een aand beskuldig  van vreemde taal praat..Ek het gaan roep in die soutpan bultfontein area. die boer het bestuur en die voorman  n blanke man wat nie direkte afstameling van albert einstein was nie, maar so betroubaar en gewillig soos net hy kan wees..Hy klim agterop saam met  my en op die eerste roepplek, laat waai ek met n locater... en daar reageer twee jakkalse .. hulle skree terug... die ou vra my wat nou... en ek kon myself nie weerhou nie en se: ek het net gevra waar is die jakkalse met die cd player en toe antwoord die jakkalse hulle is nie te ver nie...  na sowat 5 minute se stilte sit ek die steenbok klankie aan en sien in die lig die twee se ogies blik .... hy vra weer saggies wat speel oom nou,, en ek antwoord weer . ek se net hulle moet bietjie nader kom..... so sit ek die steen bok sagter en die jakkies kom beide in... na ek altwee omdop spring die man van die bakkie af, ek dog hy gaan die jakkalse haal, maar hy hardloop tot by die boer wat bestuur het en klop aan die ruit en toe die boer oopmak , staan die man en trippel van opgewondenheid ---- toe die eerste woorde wat hy vir die boer skree  is ,....OOOM OOM DIE OOM KAN JAKKALS TAAL PRAAT...ek het my tussenribspiere geskeer soos ek gelag het, maar dit tel seker nie as VOLKSVREEMDE TAAL nie ......

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 20, 2009 1:29 pm
by Mountainman
:D  :D  :D Classic!

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 20, 2009 2:27 pm
by tafjak
Meso

My engelsesout is al lankal op, so my brits gebruik ek spaarsamig en net in noodgevalle.

Taffie

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 20, 2009 4:50 pm
by Mountainman
Manne julle maak my kla!  :D  :D  :D  ;)

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Jan 20, 2009 10:48 pm
by Kruger
Hier by ons word Engels net gebruik vir selfverdediging!

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Wed Jan 21, 2009 5:46 am
by Freek
So ons hou dan by Afrikaans? Afgespreek. ;)