Page 1 of 1

Geweer Lope

Posted: Mon Nov 09, 2020 6:06 pm
by Karnalie
Goeie dag,

Dit is my eerste plasing op die forum, so verskoon of help my asb. reg as dit op die verkeerde plek geplaas het.

Ek is opsoek na raad.

Ek het ‘n brno .270 wat nou ‘n nuwe loop moet kry.

Watse lope stel julle manne voor of hulle maar dieselfde?

Groete,
Theo Fourie

Re: Geweer Lope

Posted: Mon Nov 09, 2020 6:20 pm
by Mellies
Theo,

Die GS wat die werk gaan doen se naam is belangriker as die loop sn.

Met n vleisie...

Re: Geweer Lope

Posted: Mon Nov 09, 2020 7:17 pm
by Dirkvh
Ek het goeie diens uit my Truvelo loop gekry, buurman het goeie resultate van Walther, Broughton en Bartlein. Ek het 'n nuwe Krieger op een van my gewere wat "factory dud" is, geweldig sensitief op lading en hou nie daarvan om 4 of meer skote na mekaar te skiet, so selfs die "groot name" maak blapse.

My voorstel: Walther of Truvello

Re: Geweer Lope

Posted: Mon Nov 09, 2020 7:43 pm
by Rudiejacobs
Ek hoor baie goeie goed van Sneeuberg lope.

Die pryse wat ek by hulle gekry het, was ook baie goed.

Rudie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Geweer Lope

Posted: Mon Nov 09, 2020 8:39 pm
by tripodmvr
Jou plasing geskuif na wat vir my meer logies is.

Welkom by ons en ek is bly jy het genoeg waagmoed om raad te vra.

Musgrave, Mojet en Eagle is ander wat ek kon kry deur Google te raadpleeg.

Re: Geweer Lope

Posted: Mon Nov 09, 2020 10:55 pm
by joe rocket
Rudiejacobs wrote: Mon Nov 09, 2020 7:43 pm Ek hoor baie goeie goed van Sneeuberg lope.

Die pryse wat ek by hulle gekry het, was ook baie goed.

Rudie.


Sent from my iPhone using Tapatalk


Waar kan ek gaan loer?

Re: Geweer Lope

Posted: Tue Nov 10, 2020 5:48 am
by tripodmvr
http://www.sneeubergbarrels.co.za/

Webtuiste nog in kinderskoene, maar epos adres is heel onder.

Re: Geweer Lope

Posted: Tue Nov 10, 2020 6:03 am
by Karnalie
Dankie vir al die terugvoer.

Klink my daar is nie regtig 'n verskil tussen die verskillende name nie. Almal is maar eintlik goeie lope?

Re: Geweer Lope

Posted: Tue Nov 10, 2020 6:38 am
by tripodmvr
Die materiaal van die lope is goeie staal, maar die probleme kom met die masjinerings werk. Dit geld vir beide die vervaardiger en die geweersmid wat die kamer sny en die loop pas in die aksie.

Re: Geweer Lope

Posted: Tue Nov 10, 2020 9:35 am
by Karnalie
Ek het nou 'n keuse van basies twee lope.
Ek is in Namibia, so my opsies is bietjie gesny.

Dit is of die Walther loop of 'n Heym loop. Ek glo albei is goed, so dis maar saak van watse geweersmid ek sal verkies om die werk te doen.

Re: Geweer Lope

Posted: Tue Nov 10, 2020 3:57 pm
by Toyrsi
Karnalie praat dan met Francois(Wors) by Your Bud Archery supplies in Windhoek.

Re: Geweer Lope

Posted: Wed Nov 11, 2020 7:31 am
by Karnalie
Dankie