Page 1 of 1
Hulp met 22-250 lading
Posted: Mon Nov 09, 2020 11:58 am
by Hendrik van Zyl
Goeie dag
Kan julle my asb help met n lading vir my 22-250 en waar die node is.
Loop: 694mm
Hornady 75gr A-max (moly coated)
COL: 66.45mm
H2O: 46.24 gr
S365
Temp: 34 C
Spoed gemeet met magneto speed
37gr : 3431 en 3418
37.3gr : 3460
Groetnis
Hendrik
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Mon Nov 09, 2020 1:23 pm
by tripodmvr
36.5/6 vir spoed van 3393vps.
Druk bereken as 61K psi (Maks 65K). Ek dink jy is moontlik baie naby of in die lande gelaai.
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Mon Nov 09, 2020 2:23 pm
by Hendrik van Zyl
Ek is 0.15mm weg van die lande.
Baie dankie vir die hulp
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Mon Nov 09, 2020 5:14 pm
by tripodmvr
Kyk hoe maak daardie lading. Indien dit nie wil werk nie kan ons kyk na 'n nuwe TPL. Jy het baie beweegruimte weg van die lande. Pas die lang TPL in die magasyn?
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Tue Nov 10, 2020 11:48 am
by Hendrik van Zyl
Die TPL pas in my magasyn. ek sal toets en terugvoer gee.
Baie dankie
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Sat Nov 14, 2020 6:46 pm
by Hendrik van Zyl
Ek het vanmiddag die 36.5gr geskiet
1. 3356
2. 3348
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Sat Nov 14, 2020 8:16 pm
by tripodmvr
Net 2 skote of het jy 'n groep probeer skiet? Om die spoed reg te kry sal 36.8gr dalk die saak regstel.
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Sun Nov 15, 2020 8:38 am
by Hendrik van Zyl
Baie dankie
Ek gaan hom probeer en ek sal terugvoer gee.
Skuus dit was net twee skote.
Re: Hulp met 22-250 lading
Posted: Sun Nov 15, 2020 11:04 am
by tripodmvr
Jy sal moet probeer groepe van 3 of meer skiet sodat ons kan sien of die nodespoed werk.
Wie het die aanbeveling gemaak om so naby aan die lande te laai?