Page 1 of 1

CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Tue Oct 27, 2020 12:56 pm
by LoopSoosStroop
Baie baie lanklaas hierdie moes koop, waar kry mens deesdae die beste pryse?

En kry mens nog, met Somchecm se moeilikheid, iets soos MP200?

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Tue Oct 27, 2020 12:59 pm
by Supacow
Bellum Arcus het 1000 x 124 gr @R1100 adverteer
Hulle is glo in Sandton

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Tue Oct 27, 2020 2:05 pm
by Ds J
LoopSoosStroop wrote: Tue Oct 27, 2020 12:56 pm Baie baie lanklaas hierdie moes koop, waar kry mens deesdae die beste pryse?

En kry mens nog, met Somchecm se moeilikheid, iets soos MP200?
S221 is soms nog beskikbaar. Dit werk vir 9mm, .38Spl en 357Mag.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Tue Oct 27, 2020 2:17 pm
by PaulM
Frontier sal ook 9mm CMJ koeëls hê.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Tue Oct 27, 2020 7:35 pm
by Ratel
Jy gaan teen redelike goeie prys kry by Camdix. Hulle doen Frontier CMJ.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Tue Oct 27, 2020 7:50 pm
by OosKaapJagter
https://bulletsandbrass.co.za/product-c ... ndgun/9mm/

Ek het ook onlangs twee blikke Lovex D032 by Camdix gekry wat goed werk vir die 9mm en .45ACP.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Wed Oct 28, 2020 8:01 am
by Draegan
Ek weet dis nie CMJ nie, maar Safari het nou 'n taamlike special op die volgende:

Silver Rapids
Handgun Bullets
9mm 125gr (1000 pack)
now R799

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Wed Oct 28, 2020 9:47 am
by LoopSoosStroop
Dankie almal.

Ek giet self gewoonlik 9 mm koele, maar my nuwe pistool se kamer is verskriklik styf, en my sizer te groot, koele steek vas voor ronte oordentlik kamer.

Gaan maar 'n paar CMJ's deurjaag todat ek my probleem oplos.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Wed Oct 28, 2020 10:05 am
by Killzone
LSS. Het jy probeer om die Lood koeël bietjie dieper te seat teenoor jou CMJ lading? Dit het my probleem opgelos toe ek van Frontier CMJ oor is na Bulletcorp.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Wed Oct 28, 2020 10:28 am
by LoopSoosStroop
Killzone wrote: Wed Oct 28, 2020 10:05 am LSS. Het jy probeer om die Lood koeël bietjie dieper te seat teenoor jou CMJ lading? Dit het my probleem opgelos toe ek van Frontier CMJ oor is na Bulletcorp.
Ek het ja, maar dit is 'n baie lang koeël, 150 gr RN ontwerp. As hy klaar ge-powdercoat is is hy ook baie groot, so as hy gesize is het hy taamlik lang sy kante, as dit sin maak, wat maklik die groewe van die loop tref voor die nek van die dop.

Hy het fantasties geloop in my Ruger LC9, maar nou sukkel hy in die Ruger American. Ek is nie 'n aanhanger van stywe kamers in pistole nie, dit maak nie vir my sin uit 'n betroubaarheids oogpunt nie. Ek moet dalk kyk daarna om kamer te laat oor sny, maar ook bang om te lol daar.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Wed Oct 28, 2020 10:48 am
by Killzone
Ai. Dit is nou jammer. Ek hoop jy kom reg.

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Wed Oct 28, 2020 10:54 am
by Hein M.
Duys Arms & Ammunition. http://www.duysarms.co.za/
082 256 3249

Re: CMJ vir 9 mm - waar kry ek?

Posted: Wed Oct 28, 2020 3:19 pm
by Ratel
Kyk ook na Camdix se polymer bonded 125 gr koeels. Hulle ladings en seating diepte is presies dieselfde as 124 Frontier CMJ. Prys ongeveer 400 goedkoper as die CMJ. Ek was skepties aan die begin maar koop nou net van dit. Al wat jy moet doen is om die dop dieper te rek op die nek.