Page 1 of 1

Eerste dagroep sukses

Posted: Mon Dec 26, 2011 9:50 pm
by Christo
Ek het Saterdag op 'n jakkie afgery so teen 06h00 maar nie kans gekry nie. Was besig met pompe start en dan is daar nie tyd nie. Los hom toe maar met 'n gebewe in my die binneste.

Vandag so teen 17h30 gegaan en die roeper naby die rante uitgesit en 'n mooi wit en swart veer in 'n bos naby gehang. Die veer het vreeslik lekker gewarrel in die wind maar het homself seker so na 2 minute vasgewen. Ek het die bakiie weg gaan steek en in die rante lekker stelling ingeneem. So 5 minute gewag en net die wereld bekyk. Toe haas geroep lekker sag al het die wind so 15km/h gewaai. NIKS, toe Havalina vir kort 20 sekondes en weer gewag vir so 15minute. NIKS weer. ( Ek moet se dat jakkies nie juis volop hier is nie)  Die enigste effekte wat ek gekry het was die korhane wat beserk gaan elke keer as die roeper begin, met Havalina het selfs 2 blou valkies ingekom om te kyk wat gaan aan.

Toe so teen 19h00 dink en nee wat hier gaan niks gebeur en gebruik Jakkals blaf net vir 5 sekondes en dadelik antwoord een my so 500m ver. Ek het gedink dit is reg voor my ( oos ). Stilte dadelik. Ek was nog besig om die verkyker op te tel om te sien of ek hom gewaar toe een met die pad af, reg teen die windin gedraf kom tot so 15 meter verder as die roeper. Ek het amper iets oorgekom want ek was so seker dat daar niks gaan gebeur nie. Bewe, sukkel om scope te sien, bewe, asem- sommer alles "tilt". Sien toe uiteindelik dat ek die jakkie kan sien maar hy wil nie stil gaan staan nie. Een "whaw" en hy steek viervoet vas en soek my. Net genoeg tyd om rustig te raak en seker te maak, kalmte oor my ( dankie tog ). Skoot klap en ek vergeet skoon van toegee vir die wind en afdraende en die afstand, 90m, maar die geluid anderkant se alles. Hy spring so paar keer rond em ek dink eens daar gaan hy nou. Nou bewe ek eers, kry amper nie die volgende rondte in die kamer nie. Toe ook nie meer nodig want alles is verby.

Nog so 30 minute gewag en een keer jakkals blaf geroep maar niks verder gesien of gehoor.

Wat 'n lekkerte. Jakkalskoors is vol adrinalien.

So lyk sy toe, 6.9kg, 2-4 jaar oud, lyk(dink so)  soos helper want haar spene is toegegroei. Maag leeg. En dit is ook die geweer se eerste jakkie. Lourens hy skiet soos 'n droom, BStalker moet nou net klaar krismas hou en my KD maak, my ore laaik dit nie.

[img width=560 height=420]http://i659.photobucket.com/albums/uu31 ... 2011-1.jpg[/img]

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Mon Dec 26, 2011 11:00 pm
by Gerrit Visser
Christo mooi man. Ek het dit al 2 keer probeer en was elke keer gelukkig. Moet s? ek het ook soos 'n v8 met 4 dooie pluks gebewe as jakkie omval.

G Gert

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Mon Dec 26, 2011 11:51 pm
by Dawid
Baie goed gedoen daar christo...dis maar die begin van vele. Sterkte vorentoe

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 6:11 am
by Jassie
Christo
Christo wrote: Wat 'n lekkerte. Jakkalskoors is vol adrinalien.
Ek gaan hierdie vir my vrou wys, sy glo my mos nie.

Mooi gegooi en ek moet jou komplimenteer met jou foto se samestelling

Groete
JAS

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 6:31 am
by Pvdw
Christo ek begin ook nou die jak skiet ding reg kry ;D ;D Al te lekker as jy daai eerste beweging sien en dan die finale "doep" geluid as die skoot geloop het.

Mooi brakkie daai moet ek s?. Mooi duidelikke rooi lyf en swart saal. Hier by ons is die kleur nie so mooi donker nie.

Peet

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 6:31 am
by tafjak
Christo

Dit is nou regtig iets om van te bewe! Mooiman!

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 7:33 am
by Skolla
Christo

Mooi gebewe!
Alle hart are skiet daai tyd gelyk oop, hulle moet net n filter ontwerp wat daardie tyd die cholestrol opvang.

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 8:30 am
by Beretta
Mooi ge gooi wat se roer is dit
Beretta

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 1:30 pm
by Vlakvark
Lyk soos n Sako 75 of 85

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 3:29 pm
by Christo
Ruger M77 Mk 2 22-250, was Lourens aka Rooijakkals oppie forum s'n wat ek oorgeneem het.

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 7:01 pm
by Gerhard
Netjies gedoen Christo!!!

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 9:34 pm
by theedge
Netjies maat

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Dec 27, 2011 9:45 pm
by Lourens
Netjies gedoen Christo!!! Baie bly om te sien jy is gelukkig met die geweer en dat jy darrem jakkie-bloed kon trek! Geniet hom, hy gaan nog vir jou baie veugde verskaf. Ek is nou besig met wilde planne vir daai nuwe 243 van my...  ;D ;D

Groete,
Lourens

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Thu Dec 29, 2011 4:46 pm
by Niel Viljoen
Geluk Christo !!!

Feit is dat die jakkie toetsie dedop het en jy toetsie met lof geslaag het, baie geluk man nou is die ys gebreek die pad vorentoe sal maar altyd n ou adrenalien faktortjie by he. ;D ;D

Groete
Niel

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Fri Dec 30, 2011 1:48 pm
by Freddie101
lekker Christo

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Wed Jan 04, 2012 10:40 pm
by fiela
Cristo

Ek weet nou nie wat die mooiste is nie? Jou Gun of die witrug!?

Lekker man, kap hulle

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Mon Jan 09, 2012 8:41 am
by BRNO (Pierre)
Dankie vir die mooi manier waarop jy die ervaring met ons gedeel het, en mag jy nog menige jakkies laat bakkie ry met die geweer. Die foto is ook baie mooi aan mekaar gesit.

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Feb 21, 2012 5:31 pm
by junglejulian
middag aan almal!
wil net met jul my en sakkie kotzee se eerste dagroep sukses deel.het so 3 saterdae terug net buite bloem gou n dagroep gaan probeer.het so 5uur op n koppie met n groot grasvlakte voor ons gaan sit so 70m uit mekaar met die roeper tussen ons 2.het so 6uur begin roep(sakkie sal kan se^ met watse klank,ek kan nie onthou nie) daar kom toe 5 jakals gelyk ingehardloop.dink nie ek was al in my lewe so koorsig oor n jakals soos daardie dag nie.ek dop toe die eerste een om met n 87gr vmax op so 135m en die 2e een op 250m.albei jong jakkies.kon nie skoot op die ander kry nie.skuif toe ons staanplek so 500m verder af.en begin weer roep.sakkie dop toe ook 2 om (groot reun en teef)op so 60m en 40m.kan nie glo daar is so baie jakkies so naby die stad nie.die liggies op die foto is n woonbuurt van bloemfontein.kon ook 2 naweke terug 2 jakkies met die 44 mag rewolwer omdop terwyl ons vark gejag het met die boog.moet se^ n 300gr loodpunt is verseker jakals se baas.

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Feb 21, 2012 5:36 pm
by junglejulian

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Mar 13, 2012 5:37 pm
by Jeep 1
Middag manne

Hoe ver was julle van bloem af +- net vir intersantheid


Groete
Jeep

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Mar 13, 2012 8:47 pm
by Biker
Christo
As hy weer so lank vat om in te kom probeer bietjie van ouma se hoender pasty . Well Done
Groete

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Mar 13, 2012 9:30 pm
by Arno Pienaar
Mooi gedoen daar hou so aan met hulle en laat hulle val.  Mooiloop

Re: Eerste dagroep sukses

Posted: Tue Mar 13, 2012 10:18 pm
by junglejulian
naby genoeg dat ek moes afmik dat ek nie die tannies wat 7e laan kyk se tv raakskiet nie.was seker niks verder as 5km uit die stad nie.ek het seker so 200m vanaf die N1 hoofweg gesit.die jakkalse is so gewoond aan wit ligte(van die verkeer) dat ons gewoonlik nie eers rooi filters gebruik nie.