Page 1 of 1

My jongste en 223 se eerste.

Posted: Sun Dec 25, 2011 4:24 pm
by Pvdw
Hi manne.

Ek en my jongste was gister aand gou uit om sy. en my nuwe 223 se eerste jak te skiet.

Dinge was aanvanklik stil maar het na so 9 meer monentum gekry.

Die mannetjie was nog vreemd in die stoel en het so paar foute gemaak maar ek was heel bereid om hom dit toe te laat. Dis mos waar hy moet leer.

Vroeg aand een nie geskiet in die lang gras, hy was bietjie onseker van sy skoot toe los hy eerder.

2 de staanplek was die jakke nie so gelukkig nie.

Daar kry hy toe 3 geskiet 8) 8).

1ste een val op so 70m :P

2de een val op 135m. Dis die teef van so 3-4 jaar oud

3de een val op 70-80m.

4de skoot was mis :angel:, ek dink na die eerste 3 wat so mooi geval het, het die self vertroue net te veel geword :angel:. Wel dis nog 'n les wat die jongman daar geleer het.

Foto is nie great nie. Kyk hoe klein is die brakkie teen sy ma.

[img width=360 height=480]http://i1218.photobucket.com/albums/dd4 ... _4206b.jpg[/img]

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Sun Dec 25, 2011 4:36 pm
by blaser
Mooi peet waar skiet julle in die omgewing

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Sun Dec 25, 2011 4:48 pm
by tafjak
Peet

Maar die man het mooi geskiet, strate beter as ek met my eerste kennis maak in die stoel. Ek dink persoonlik om jakkalse die eerste keer by te kom is van die moeilikste jagmetodes en dink die grootman het hom gr?nd van sy taak gekwyt!

Mooiloop

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Sun Dec 25, 2011 5:11 pm
by Pvdw
Dankie manne.

Ja , Pa het breebors daar op die bakkie gesit en kyk hoe daar geskiet word. Dis nogal waar dat dit vir 'n pa lekkerder is om te sien hoe die kinders iets regkry as om dit self te kan doen.( Ek het darm die roepper hanteer ;D ;D)

Remingtom ek skiet by 'n vriend op Witbank. Daar is baie jakke en hulle verniel sy jong kallers. Ek sukkel egter om meer plek te kry maar die voellers is uit vir nog plek. Het nog 'n plek noord van die stad,. Vat my ander seun volgende week soontoe om vir die eerste keer "solo" te gaan. Hy moet als doen. Roep, skiet en bestuur. Pa is net daar om die lisensies saam te vat.

Peet

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Sun Dec 25, 2011 6:00 pm
by douw
Goed gedoen Peet. Stuur ook aan jou seun die gelukwense!!

Groetnis
Douw

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Mon Dec 26, 2011 8:38 am
by Pvdw
Dankie Douw, hy lees sommer self gou hier wat die ooms vir hon skryf. 8) 8)

Peet

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Mon Dec 26, 2011 12:20 pm
by sakkievanheerden
Peet
Jis se vir die jongman geluk met sy jakke,dit bly n groot oomblik en baie lekker.
Groete
Sakkie

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Mon Dec 26, 2011 11:59 pm
by Dawid
Peet
Smaak my die kinders gaan jou in die vervolg net saamnooi om die roeper operateur te wees en om die jakkies te loop haal en aan te dra bakkie toe. ;D

Geluk aan die knaap hyt mooi geskiet.Die begin van groot dinge..

AAG OK..geluk aan die Pa ook, hyt sy kinders mooi geleer. ;D

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Tue Dec 27, 2011 6:34 am
by Pvdw
Dawid jy is reg< pa ry net saam omdat hy die liksens vir die 223 het ;D ;D

Dawid die lekker is dat ek hulle nie noodwendig leer nie maar dat ons saam leer 8)

My oudste en ek sit gereeld om die tafel en gesels oor staanplek, roeplysie en windrigting. Ons beplan als saam en so leer ons nie net jakke ken nie maar mekaar ook.

Peet

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Tue Dec 27, 2011 9:48 am
by tafjak
Peet
staanplek................. windrigting.
ek hou veral hiervan!

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Tue Dec 27, 2011 12:23 pm
by theedge
Netjies - en my gedoop, die geweer ;)

Re: My jongste en 223 se eerste.

Posted: Wed Dec 28, 2011 9:04 am
by Dawie D
Pvdw

Dit moet darem lekker wees om so saam met jou jong manne die dinge te kan doen.
Hulle is baie bevooreg om so saam met hulle pa te leer hoe om die dinge reg te doen. :D

Julle het mooi gemaak, geniet dit.