Page 1 of 1

ATKV Klein Kariba

Posted: Wed Oct 21, 2020 1:07 pm
by J le Roux
Kan julle asb. help met advies oor hengel by die ATKV Klein Kariba oor in warmbad?

Ek het Bass ( meestal softs en jerkbaits) en kurper (degie en erdwurm) gerei. My karp gerei en kennis is 1/10.



Tips is sal waardeer word.

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Thu Oct 22, 2020 11:31 am
by knipmes
Oorweeg dit om met die bestuurder van die oord te praat. Ek weet daar is n persoon wat die bestuur van die wild hanteer. Dalk kan een van hulle raad gee.

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Fri Oct 23, 2020 10:26 am
by Lourens Potgieter
Ek weet so 2 jaar terug het alles by en om Klein Kariba weggespoel met oorstromings. Weet nie of daar enige vis in daai dam oorgebly het nie, sou ook eerder eers met bestuur praat....

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Sat Oct 24, 2020 1:03 pm
by tripodmvr
Gou gaan Google. Klink asof die vloed in 2014 was. Tyd loop te vinnig.

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Sat Oct 24, 2020 7:55 pm
by J le Roux
Die vloed was 6 jaar terug ja.

Die dammetjie+-140m deursnee het baie vis. Ek kan die kurper en bass sien en hulle het my vanmiddag so uur lank geterg. Ek sal weer probeer more oggend.

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Sat Oct 24, 2020 8:31 pm
by tripodmvr
As jy sukkel - dinamietkers werk uitstekend - sal ook van die frustrasies ontslae raak.

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Sun Oct 25, 2020 8:40 am
by Trompie
J le Roux wrote:Die vloed was 6 jaar terug ja.

Die dammetjie+-140m deursnee het baie vis. Ek kan die kurper en bass sien en hulle het my vanmiddag so uur lank geterg. Ek sal weer probeer more oggend.
Die ding met sulke damme is dat hulle "slim" gevang word...seker maar soos jakkals roep.

So die trick is om met sulke dun lyn as moontlik te vis. Fluoro het voordeel hier maar 5lb mono sal jou goed help ook en vis jou softbaits finesse. Hoe meer natural jou bait present hoe groter jou kans.

Ekt hierdie jaar gesien net watse verskil 3lb maak.

Het Rietvlei gevis en ander ou daar gekry wat die bass roer. Amper elke gooi het hy strikes op gekry.
Niemand anders langs die dam het bass gekry nie.

Ekt met hom gaan staan en chat en langs hom gaan vis. Ek gebruik 10lb mono op my baitcaster en 7lb mono op my finesse rig.

Selfde baby fluke as hy gegooi op my casting rig in dieselfde area en net hy kry vis.

Toe gaan haal ek my finesse rig en op 1ste gooi is ek aan.
10 gekry sommer gou gou.

So by sulke damme wat heavy fishing pressure kry gaan maar dun

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Sun Oct 25, 2020 12:50 pm
by J le Roux
Ek het darem sukses gehad vanoggend.

Die tweetjies en nog een so effe groter.

Ek hengel met so ligte khaki kleur braid en so olyfgroen Cullem D-Ringer het die ding gedoen.

Ek het weer geskat dat die dam is so 300x200m groot is.

Daar is groot kurpers en karp ook, maat het nie gesien dat enige iemand hulle vang nie.

Pak maar julle stokkies in.
20201025_073547_compress7.jpg

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Sun Oct 25, 2020 1:34 pm
by Trompie
Geluk!

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Mon Oct 26, 2020 7:39 am
by Lourens Potgieter
Lekker

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Sat May 24, 2025 8:19 pm
by Piet375
Geluk. Jy was meer geluk as ek gehaat

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Mon May 26, 2025 9:09 am
by Toxxyc
Probeer jy al die algelope 5 jaar sonder sukses?

Re: ATKV Klein Kariba

Posted: Thu May 29, 2025 9:59 am
by Piet375
Nee ek het net een keer. Kyk ek vang net bass, geelvis en tiervies. Die karp los ek vir julle manne. Ek het daar gehengel jaar na die vloed. Wat my wel pla is presies waar daai photo geneem is is juis een van die plekke wat ek proebeer het vir bass. Ek her soft baits, crankbaits, chatterbait en selfs ned rig proebeer. Ned rig is giftig as jy hom voor 'n bass kan neersit. Ek is groot op die crankbaits