Page 1 of 1
Ackley
Posted: Mon Oct 12, 2020 3:27 pm
by PWV
Ek het so deur die forum geblaai op soek na inligting oor 'n .308 Ackley. Slegs een persoon in die Ackley-bende gesien met 'n .308.
So baie ander kalibers verander in AI, nou het ek gewonder of daar voordele in steek om 'n .308 te Ackley.
Is hier iemand met inligting?
Re: Ackley
Posted: Mon Oct 12, 2020 7:17 pm
by Kaalvoetthysie
Ek het opgelees daaroor op die internet en dit klink of dit bitter min voordeel gee. Sal graag wil hoor wat se die manne hier.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ackley
Posted: Mon Oct 12, 2020 8:47 pm
by Arnold
Daar is baie voordele, dit is hoekom almal hulle 308 Winchesters laat Ackley.
Re: Ackley
Posted: Mon Oct 12, 2020 8:49 pm
by Armand Steenkamp
Daar is verseker voordele. Moet net nie hoop dat jy 200fps vinniger gaan skiet nie. Goeie raad sal wees om eers dje Dies te soek en hom dan te laat sny
Re: Ackley
Posted: Mon Oct 12, 2020 9:53 pm
by Dumbluck
Dalk is die skouer wat beskikbaar is om uit te stoot te klein om 'n verskil te maak agv. die 30caliber diameter.
Op die 308 dop sal Ackley sekerlik 'n baie groter verskil maak op bv. 'n 243win?
Soos ek verstaan hou die skerp skouers van Ackley die onbranding van die kruit langer in die dop voor dit in die loop uitgeblaas word. Maar met die 30cal wat naby aan die dikte van die dop se lyf is gaan hy maar sukkel.
Is ek op die regte pad of praat ek nonsens?
Verstaan ek die konsep reg?
Adri
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 6:58 am
by Armand Steenkamp
Ek weet nie wat dit is nie, maar die laaste tyd het my Ackleys vinnig gegroei. Ek het nou die 6.5x55AI, 30-06Ackley en 270Ackley. Ek dink dit is maar gatjuk.
Die voordele in my mening is jy wen n beter dopsontwerp. Omdat die taps verwyder word en die skouer helleng na 40grade verander word groei jou doppe baie min so jy hoef omtrend nooit te trim nie. Die ander voordeel, afhangend van watter tiepe herlaaier jy is, is dat n ackley dop druktekens goed wegsteek. So jy kan so effe hoer drukvlakke hardloop voor doppe begin vas sit. En dan wen jy bietjie spoed.. In sommige kalibers wen jy meer as ander. My 30-06 wen ek op die ligter koeels so tussen 100 en 150fps. Met swaarder koeels is dit minder. In die geval waar jy n lekker lang loop het kan jy soms na n stadinger kruit toe oorgan en dan wen n man bietjie meer.
Nadele, dis verslawend!!!
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 9:24 am
by Wouter Roets
Oom Pieter
Die enkele rede hoekom die 308 Win Ackley spesifiek nie populer is nie is dat jy baie min wen in terme van dopkapasiteit en dus spoed. Afhangende van die dop vervaardiger sal dit in die orde van 2-3gr wees wat ongelukkig nie veel meer spoed gee nie. Die dopkapasiteits verhoging is ook nie genoegsaam om na n stadiger poeier oor te slaan nie en dus wen jy eenvoudig net so tussen 30-50ft/sek.
Verder sit die 308 Win nie met probleme van wispulturigheid as dit kom by akkuraadheid of iets soos doughnuts nie, so die ander voordele wat die Ackley ontwerp inhou is in die meeste gevalle nie die moeite of koste werd nie. Dies en reamers is skaars en duur daarby wat die omskakeling nog moeiliker maak om te oorweeg.
Groetnis
Wouter
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 9:34 am
by Methos
Nee wat Oom
Dis nie nodig nie - die 308 is alreeds die perfekte kaliber - nie nodig om dinge aan hom te doen nie.
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 9:49 am
by joe rocket
Oom Peter, Heinz maak n primer spoed verstellings tool net vir manne wat gradeboƫ skiet. Jy gee die primer so halwe draai kloksgewys dan skiet jy 129.77 voete per sekonde vinniger. Werk lekker vir veld skiet. Nog goedkoop ook, net R85.99 . True story.
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 12:43 pm
by PWV
Arnold wrote: Mon Oct 12, 2020 8:47 pm
Daar is baie voordele, dit is hoekom almal hulle 308 Winchesters laat Ackley.
Dankie, Arnold!

Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 12:46 pm
by PWV
Wouter Roets wrote: Tue Oct 13, 2020 9:24 am
Oom Pieter
Die enkele rede hoekom die 308 Win Ackley spesifiek nie populer is nie is dat jy baie min wen in terme van dopkapasiteit en dus spoed. Afhangende van die dop vervaardiger sal dit in die orde van 2-3gr wees wat ongelukkig nie veel meer spoed gee nie. Die dopkapasiteits verhoging is ook nie genoegsaam om na n stadiger poeier oor te slaan nie en dus wen jy eenvoudig net so tussen 30-50ft/sek.
Verder sit die 308 Win nie met probleme van wispulturigheid as dit kom by akkuraadheid of iets soos doughnuts nie, so die ander voordele wat die Ackley ontwerp inhou is in die meeste gevalle nie die moeite of koste werd is nie. Dies en reamers is skaars en duur daarby wat die grappie nog moeiliker maak om te oorweeg.
Groetnis
Wouter
Dankie, Wouter. Dit is nou 'n insiggewende antwoord. Verstaan ook nou waarom ek maar min inligting kon kry en dat mens min van hierdie kalibers in geskrifte kry.
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 12:47 pm
by Malan123
Oom nek net daai 308 ackley so klein bietjie af na 6mm toe

Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 1:08 pm
by Gawie(13mm)
PWV wrote: Tue Oct 13, 2020 12:46 pm
Wouter Roets wrote: Tue Oct 13, 2020 9:24 am
Oom Pieter
Die enkele rede hoekom die 308 Win Ackley spesifiek nie populer is nie is dat jy baie min wen in terme van dopkapasiteit en dus spoed. Afhangende van die dop vervaardiger sal dit in die orde van 2-3gr wees wat ongelukkig nie veel meer spoed gee nie. Die dopkapasiteits verhoging is ook nie genoegsaam om na n stadiger poeier oor te slaan nie en dus wen jy eenvoudig net so tussen 30-50ft/sek.
Verder sit die 308 Win nie met probleme van wispulturigheid as dit kom by akkuraadheid of iets soos doughnuts nie, so die ander voordele wat die Ackley ontwerp inhou is in die meeste gevalle nie die moeite of koste werd is nie. Dies en reamers is skaars en duur daarby wat die grappie nog moeiliker maak om te oorweeg.
Groetnis
Wouter
Dankie, Wouter. Dit is nou 'n insiggewende antwoord. Verstaan ook nou waarom ek maar min inligting kon kry en dat mens min van hierdie kalibers in geskrifte kry.
Sien Oom nou. Ek en Wouter kon 'n tweeling gewees het, want ons praat uit een mond.

Die groot probleem is dat daai mond aan sy slikderm vas is, want ek bly maar 'n maergat met 'n groot bek!

Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 1:20 pm
by PWV
Ja, Gawie, voorreg om julle manne te ken!!
Op my ouderdom raak my moermeter net baie makliker buite werking as ek na die str@nt van baie analfabete moet luister.
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 1:50 pm
by joe rocket
PWV wrote: Tue Oct 13, 2020 1:20 pm
Ja, Gawie, voorreg om julle manne te ken!!
Op my ouderdom raak my moermeter net baie makliker buite werking as ek na die str@nt van baie analfabete moet luister.
Wat? Se uncle ek skiet n needmore?
Re: Ackley
Posted: Tue Oct 13, 2020 9:20 pm
by PWV
joe rocket wrote: Tue Oct 13, 2020 1:50 pm

Doring.jpg