Page 1 of 2

Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Dec 23, 2011 10:57 am
by Sarelss
Goeie dag manne,

Ek is op soek na springbokke te jag teen R/kg pryse (karkas) in 2012. Daar was heelwat vroeer posts waar manne bokke so laat jag het verlede jaar. Maar soos dit maar somtyds gaan was ek te laat. Nou wil ek sommer vroegtydig uitvind en beplan. Ek is in Pretoria en wil verkeislik nie verder as ? 800km ry nie.

Laat weet asb as julle kan help. Ek kyk so na 30 springbokke. Stel ook belang in ander wild as die prys reg is.

Groetnis
ss

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 11:12 am
by Renier
Hi ss

Ek sien almal lees maar niemand antwoord nie. Ek is self besig met 'n intense soektog na 'n geleentheid vir springbokke. As jy nog nie gaan kyk het nie, probeer die volgende webblaaie vir plekke:

www.sahunting.co.za
http://www.wheretostay.co.za/accommodat ... afaris.php
www.ileadhunting.co.za
www.huntingfinder.com

Hier is een plek wat baie goed lyk:

info@hillstonfarm.co.za

Ek het maar moed opgegee want al lyk die diere se pryse baie goed, is daar elke keer 'n eksta koste verbonde bv. voertuighuur (R500 tot R1000 per dag), dag-fooie, slag fooie ens.

Groete

Renier

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 11:17 am
by Sako75

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 2:08 pm
by ablm468
Manne

Kyk bietjie hierdie man se pryse. Belaglik is al wat ek kan se. Ek sal nie die naam insluit nie maar dis 'n jagplek in Limpopo.

Kan onmgelukkig nie die dagfooi sine nie maar as die pryse so lyk kan jy dink hoe lyk die dagfooie.




Baboon :  R  1000.00 | Blesbok - Common :  R  2500.00
Blesbok - White :  R  5000.00 | Buffalo :  R 
Bushbuck :  R  8500.00 | Bushpig :  R  3500.00
Caracal :  R  12500.00 | Civet :  R  8000.00
Crocodile :  R  | Duiker - Grey :  R  4000.00
Eland - Cape  :  R  18500.00 | Eland - Livingstone :  R  24000.00
Elephant :  R  | Gemsbok :  R  9500.00
Giraffe :  R  19500.00 | Hartebeest :  R  7500.00
Hippopotamus :  R  | Impala - Common :  R  2500.00
Jackal - Black-Backed  :  R  1000.00 | Klipspringer :  R  7000.00
Kudu :  R  18500.00 | Lechwe - Red :  R  35000.00
Leopard :  R  | Lion :  R 
Nyala :  R  17500.00 | Reedbuck - Common :  R  10000.00
Reedbuck - Mountain  :  R  8500.00 | Rhinoceros :  R 
Sable Antelope :  R  | Springbok - Black :  R  9500.00
Springbok - Common :  R  7500.00 | Springbok - White :  R  9500.00
Steenbok :  R  4500.00 | Tsessebe :  R  27000.00
Warthog :  R  2500.00 | Waterbuck :  R  16500.00
Wildebeest - Black :  R  8000.00 | Wildebeest - Blue :  R  5500.00
Zebra - Plains  :  R  9500.00

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 2:43 pm
by Vlakvark
Hansman moet nou nie laat die skaap boere dit sien nie dink nou as Taffie hulle moet begin R1000.00 per jakals betaal en nog oornag fooi slag fooi hang fooi en wat nog dalk gebruik van eie voertuig die manne sal bankrot word ;D ;D

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 3:37 pm
by Francois Briedenhann
Manne wat springbokke skiet. Wil julle op n groot afstant skiet?Ek het laasjaar hier naby ons geskiet by my pa se broer as julle wil kan ek nommer gee dan hoor julle ek het nie een bok nader as 300m geskiet nie en kan ook gladnie ry nie jy moet loop teensy jy in die aand skiet

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 5:09 pm
by Berg-Bewer
Manne wat springbokke skiet. Wil julle op n groot afstant skiet?Ek het laasjaar hier naby ons geskiet by my pa se broer as julle wil kan ek nommer gee dan hoor julle ek het nie een bok nader as 300m geskiet nie en kan ook gladnie ry nie jy moet loop teen sy jy in die aand skiet.

Manne onthou net die volgende: Die Noord Kaap Jagproklamasie 2012 maak dit baie duidelik dat jy nie 'n Springbok in die Noord Kaap met 'n Jaglig mag skiet, mits dit 'n voldoende omheinde plaas is, maw wat 'n geldige omheining sertifikaat het en of indien jy 'n spesiale permit het van Noord Kaap Natuurbewaring, waar jy dan ook aansoek moet doen. Net so mag jy ook nie 'n Jakkals of Rooikat sonder die genoemde permit in die Noord Kaap met 'n Helikopter skiet nie!

Net vir interresantheid.

Groete Berg-Bewer

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 6:13 pm
by GERT vd M
Hansman,
              Ek dink daai man se pryse stink en hy kan dit maar alles horings eerste iewers indruk

                          groetnis
                          Gert

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Thu Jan 26, 2012 9:30 pm
by Dawid
Daardie plaaseienaar probeer maar net aan ons dit duidelik maak dat hy nie Suid Afrikaners op sy grond soek nie aangesien hy dit regkry om die Yanks te bevark met die pryse. Geen wonder die Yanks begin ook grom vir ons pryse nie. >:(

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Tue Jan 31, 2012 4:20 pm
by Sarelss
Ja nee,
Die manne met die springbokke is maar stil. Daar was 'n gesprek in verlede jaar wat heelwat manne gepraat het van springbokke wat hulle weet geskiet was teen R18 - R25 per kg. (karkas) Ek kon net nie weer daardie thread opspoor nie. Daarom het ek die versoek geplaas.

Kom help asseblief die manne wat kontak het daar in die vlaktes. Laas jaar was ek te laat.

Groetnis
ss

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Tue Jan 31, 2012 5:18 pm
by Marc
Dags?,

Hansman

Daai ou kon net sovel 'n groot opskrif bysit wat lees:

GEEN SUID AFRIKANERS WELKOM.

As enige suid afrikaner daar jag het hy die klits kwyt iewers. Min ouens gaan duurder as dit wees. Dalk moet jy dit pos in "Onredelik" thread, sal baie ander boere soos skenkers laat lyk?

Ons gaan jag buite Vosburg teen R22,50/kg, billike dagfooie en geen "fancy trimmings" vir die verblyf. Dit is 'n voorsit jag en die plaas dra so 2000 springbok.

Ek gaan kyk of ek 'n pryslys kan kry en pos. 'n Vriend vanaf Bloemfontein re?l daai trippie so ek het nie al die besonderhede nie, toe hy praat van R/kg en twee ander jare lange jagters vriende gaan ook gaan, was ek reeds in !

Gaan my bes probeer om te kry.

Groetnis,
Marc

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Tue Jan 31, 2012 5:48 pm
by Gerhard
Wonder nou nogal...

Daar is baie Outfitters wat sukkel om kliente te kry om te kom jag in SA.

Soveel so dat daar soms met buitelandse kliente vir local biltong pryse gejag word...

Wanneer gaan die boere wat NET vir die buiteland se jagters wil cater leer dat daar n resessie was en is en dat daar n bitter klein mark is van jagters wat kan en wil geld neer sit om in Afrika te wil kom jag???

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Tue Jan 31, 2012 10:41 pm
by ablm468
Gerhard

Ek stem saam met jou, lyk my ons ouens wat so voel is egter in die minderheid.

Ek verstaan die boer het ook kostes wat hy moet dek maar moenie probeer ryk word uit jou jagters deur hulle uit te buit nie, ons almal wil 'n regverdige deal h?.

Groetnis

Hansman

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Tue Jan 31, 2012 10:53 pm
by Dawid
:laugh: :laugh: :laugh:

Om te jag is soos drank koop by n sjibeen........jy betaal "After hours" pryse... :laugh: :laugh:

Elke sport het maar sy beserings manne

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Wed Feb 01, 2012 9:28 am
by Sarelss
Hi Marc,

Baie dankie. Sal dit waardeer.
Groetnis
ss

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Wed Feb 01, 2012 10:14 am
by Mouflon
Hi Sarel,

Probeer Roelf Grobbelaar, 082 774 7623, Luckhoff area (so 100km buite bloem) baie springbok en ook al die ander vlakte wild.

Groete,

Jif

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 03, 2012 12:53 pm
by tokjak
R400/bok
R150 -- dagfooi
R150-- verblyf

houthuis slaap 8-- gas en generator

aberdeen

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 03, 2012 12:58 pm
by BLOK
Tok

Is die jou pryse en waar bespreek ek, wat is ook jou minimum aantal jagters en op watter manier jag julle ek neem aan seker voorsit.

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 03, 2012 1:00 pm
by GreyGhostGear
Tokkels, dit is baie billik!

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 03, 2012 1:06 pm
by Sarelss
Hi Tokjak,
Het jou PM gestuur
ss

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 03, 2012 3:10 pm
by Dawid
BLOK wrote: Tok

Is die jou pryse en waar bespreek ek, wat is ook jou minimum aantal jagters en op watter manier jag julle ek neem aan seker voorsit.
BLOK Ek gaan saam  ;D ;D

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 17, 2012 8:33 am
by Martin1
Kyk manne ek wil nou nie snaaks wees of bygeloowag nie mar daai man wat daai prys lys opgestel het moet dagga-dronk wees kyk baie manne gan saam stem ons is ZUID-AFRIKAANSE jagters nie miljoenere nie en nog minder mal in ons koppe nie
Groet martin1

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 17, 2012 12:45 pm
by Deon Joubert
@ Martin1

Ek dink dis net n mooi manier om vir ons locals te se " Ek soek julle nie hier nie".
Ek glo ook dat die bokke op die plaas gaan vrek van honger voor hulle die pryse sal laat afkom. Dit het ek al baie gesien. Plaas van om dit goedkoop te maak en die geld te gebruik vir kos, laat hulle die goed vrek van honger.

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 17, 2012 1:01 pm
by Frikkie die Rot
Hansman,

Is jy seker daai man se pryse is nie in zimdollars nie?

Anders sal ek een van daardie bobejane vat, indien hy nog sy parlements-gewaad aan het!

Groetnis,
Frik

Re: Springbokke en ander vlaktewild

Posted: Fri Feb 17, 2012 2:04 pm
by Zack Benade
Manne julle verstaan nie.  Vir daai prys kry jy darem 'n gratis Landrover ingesluit.