Page 1 of 1
Kennis maak
Posted: Mon Sep 28, 2020 8:28 pm
by Philip Marais
Goeie dag,
Ek wil graag eers kennis maak, ek volg al lank maar het nog nie deelgeneem nie, ek is maar 'n bietjie van 'n teruggetrokke oukie.
My naam is Philip, bly in Pretoria, hou van skiet.
Ek sien uit om deel van die Jaracal gemeenskap te word. Ek het reeds baie by julle geleer.
Re: Kennis maak
Posted: Mon Sep 28, 2020 8:34 pm
by tripodmvr
Welkom. Kom gesels saam of vertel net van jou lewenservaringe met 'n roer in jou hand.
Re: Kennis maak
Posted: Mon Sep 28, 2020 8:41 pm
by Philip Marais
Dankie, ek sien ons het albei .22 Krico gewere, ek het nog 'n lisensie wat 'n magistraat in 1961 die geweer se lisensie aan my oorlede pa uitgereik het, myne kom 'n lang pad.
Re: Kennis maak
Posted: Tue Sep 29, 2020 6:22 am
by tripodmvr
Ek het my geweer in 1967/8 vanaf familie aangekoop vir iets soos R17. Navrae by Krico het getoon dat dit in 1963 ingevoer is. Indien jy dit nog nie gedoen het nie kan jy navraag doen by Krico oor die vuurwapen. Webtuiste hieronder. Baie plesier met my geweertjie deur die jare ervaar.
http://www.krico.de/
Re: Kennis maak
Posted: Tue Sep 29, 2020 7:16 am
by Geno
Welkom Oom Philip. Lekker om Oom hier te sien!
Re: Kennis maak
Posted: Tue Sep 29, 2020 7:24 am
by Lategan1
Welkom Philip.
Geniet saamlees, deel, leer en ook pyn.
Bly om te hoor iemand oom jou!
Het ook .22 Krico, gekoop by oorspronklike eienaar, dateer uit dieselfde jare. Ek weet nie of almal die langer lope gehad het nie, myne wel. Baie akuraat.
Beste.
Re: Kennis maak
Posted: Tue Sep 29, 2020 7:27 am
by Frederik
Welkom.
Re: Kennis maak
Posted: Tue Sep 29, 2020 7:50 am
by Philip Marais
Geno wrote: Tue Sep 29, 2020 7:16 am
Welkom Oom Philip. Lekker om Oom hier te sien!
Dankie Geno en al die ander manne, ek voel sommer klaar welkom.
Re: Kennis maak
Posted: Tue Sep 29, 2020 7:59 am
by Wouter Roets
Baie welkom Phillip. Glo jy sal sommer vinnig deel van die ou groepie van ons raak.
Groetnis
Wouter
Re: Kennis maak
Posted: Mon Mar 08, 2021 5:35 am
by varkjagter
Kerels , ek ken vir Phillip baie goed ,hy hou hom baie beskeie maar hoor wat ek julle se ,die man kan skiet en ken skiet as hy jou raad gee dan kan jy dit maar volg ,die ou mense het altyd gese - n man van inbors
welkom Phillip
Re: Kennis maak
Posted: Mon Mar 08, 2021 3:21 pm
by Philip Marais

Dankie Andries, waardeer die mooi woorde.
Kan nie glo dit word van my gesê nie


Re: Kennis maak
Posted: Mon Mar 08, 2021 3:28 pm
by tripodmvr
Jagter kom voor in sy naam. MOET waar wees !!!!!!!!!