Page 1 of 1

Wat se poeier /kruit/dryfmiddel kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Mon Sep 21, 2020 7:54 pm
by william007
Goeie dag
Ek wil net by julle manne hoor , wat se kruit kry mens die volopste ,of watter kruit is dan die beste om mee te laai.

Kom ek verduidelik so, jy kom by handelaar ,jy vir vir kruit want jy sukkel om somchem te kry.
nou gee hulle bv vir jou Vihtavuori. nou laai jy als loop mooi nou kom soek jy nog Vihtavuori , nee het niks maar hulle bv Hodgdon of lovex ens beskikbaar.
Nou moet jy weer nuwe lading uit werk op nuwe kruit.

So nou wil ek hoor wat is julle ervaring wat kry julle die maklikste of is meer beskikbaar.
Maak nou nie saak van Kaliber nie.

Die kruit vir sekkere kalibers is nog n ander kopseer.

Re: Wat se poer /kruit kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Mon Sep 21, 2020 10:24 pm
by OosKaapJagter
Die opskrif sê by implikasie: Somchem is poer in sy m**r!

Ek kry die indruk dat daar tans massiewe tekorte aan ammunisie en komponente in die VSA is. Dit beteken die invoerders hier vat wat hulle kan kry. Jou plaaslike handelaar moet op sy beurt mooi vra by die invoerders wat eers hulle grootste kliënte wil gelukkig hou.

Beggars can't be choosers.

Die Europese kruit sal waarskynlik op die oomblik makliker bekombaar wees as kruit uit die VSA.

Re: Wat se poer /kruit kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 8:06 am
by J le Roux
Ek sien ons winkels het gereeld Norma en Vithavouri, maar dit is ook geen waarborg nie.

Re: Wat se poer /kruit kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 12:30 pm
by Capt. Yoda
Jy moet maar koop as daar is, daar gaan ongelukkig nooit een soort kruit altyd op die rak wees nie. Die invoerders kry net soveel in en daar is baie manne wat wil skiet, koop genoeg koels, kruit en primers sodat jy n seisoen kan deur kom.

Re: Wat se poer /kruit kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 4:38 pm
by william007
ja dit lyk my n mens moet maar laai soos wat jy kry.
Dit maar nou die voorland.

Re: Wat se poer /kruit kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 7:01 pm
by Capt. Yoda
En soos bo ook genoem is daar huidiglik in die US die grootste “shortage” ooit so ons moeilikheid is so 6 maande later, as daai moroon van n vertraagde hare snuifer Biden die verkiesing wen (wat ek darem nie glo sal gebeur nie) gaan ons seker eers weer in 2027 goed op ons rakke sien.

Re: Wat se poer /kruit kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 8:39 pm
by LUAN
Nie alle kruit kom van Amerika af. Europa maak ook kruit Vita, Norma, Lovex...

Re: Wat se poer /kruit kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 8:50 pm
by swc-tr
Slegs Winchester balkruite word in die VSA vervaardig!!!

Al die ander Amerikaanse brand kruite word buite die VSA vervaardig, daarom die huidige tekort in die VSA agv die COVID beperkings.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Re: Wat se poeier /kruit/dryfmiddel kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 8:53 pm
by tripodmvr
ADI in Oz

Re: Wat se poeier /kruit/dryfmiddel kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Tue Sep 22, 2020 8:58 pm
by swc-tr
Meeste Hodgdon kruite kom van ADI in OZ, soos Tripod noem

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Re: Wat se poeier /kruit/dryfmiddel kry mens die maklikste vir herlaai

Posted: Wed Sep 23, 2020 9:23 am
by Capt. Yoda
Niemand het gese kruit word in die US gemaak nie maar hulle koop verseker die meeste so as da huidiglik niks is nie word daar net n groter gap wat geful moet word