Page 1 of 1
S321 .308 Ladder Test
Posted: Wed Aug 26, 2020 8:07 pm
by KX250
Hi Julle,
Ek het S321 by n vriend gekry en sien ouens skiet dit in hulle .308
Ek skiet 165gr Sierra Gameking met n TPL van 71mm.
Ek het n ruk terug gelees van die Satterlee Ladder Test en sommer dit probeer.
As julle sien met die aangehegde prentjie dat my spoed n plato bereik op 41.7 en 41.9gr.
Dink julle julle ek moet bet daar rond probeer laai?
Ek het die oom gewonder oor die spoed wat oor 2700 is maar het geen druk tekens gesien op die doppe nie. Dit is hoekom ek aan gehou skiet het.
Wat sal julle voorstel wat moet ek volgende doen.
Dalk 3 van elke lading laai op 41.7,gr 41.9gr?
Dankie!!
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 9:13 am
by tripodmvr
Jy weet dat QL inligting maklik verkrygbaar is. Gee jou data en dan hoef jy nie te wonder nie.
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 9:30 am
by Lategan1
Dit noem jy ‘n uitnodiging!
Beste.
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 10:07 am
by KX250
Hahaha.. dankie Tripod
Ek weet ek kan julle vra maar het gewonder of die metode ook werk.
Ek kan vir jou details gee dan kan ons kyk ja.
KALIBER : .308
Looplengte : 24"
H2o : 55.6
Punt Sierra Gameking 165gr #2145
Kruit : S321
CCI 200
Die spoed is soos op die prent bo, met chrony 5m van wapen met silencer.
Dankie!!
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 10:15 am
by SakoTrippel2
'n Vinnige QL som sal jou druk kan aandui.
Die laaste 4 se spread is onder 20fps as ek reg kyk (foto pixel erg). Indie 2725fps veilig is inretme van druk sal ek die middel van daai 4 loads laai.
Mens kan ook dan bv 41.8 probeer. Soos reeds genoem.
Die OCW/Saterlee/Ladder metode werk verseker. Mens laai vir die "middel" van die skote wat die plato gee soos ek verstaan.
Groete
Frans
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 10:36 am
by tripodmvr
Volgens QL
41.4gr = 2634vps en is hoogste veilige node bereikbaar. Die hoër ladings wat jy geskiet het is dan moontlik in die nodeband.
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 10:39 am
by KX250
Baie dankie.
Ek sal 41.4 en 41.8 gaan skiet en vergelyk.
Ek wil nie spoed jaag of in hoe druk skiet nie.
Dankie julle!!
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 1:03 pm
by 308Win
tripodmvr wrote: Thu Aug 27, 2020 10:36 am
Volgens QL
41.4gr = 2634vps en is hoogste veilige node bereikbaar. Die hoër ladings wat jy geskiet het is dan moontlik in die nodeband.
In my 308 skiet ek:
S321 41.5gr.
TPL 68.6mm
24 duim met knaldemper
SGK HP model.
Sako dop
CCI200
Spoed 2638f/s.
Met ander woorde so naby soos demmit aan n vloekwoord aan Tripod se berekening.
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 1:29 pm
by Wouter Roets
Manne
Onthou net die spoedlesings is geneem met n silencer so dit kan QL so bietjie afgooi.
Groetnis
Wouter
Re: S321 .308 Ladder Test
Posted: Thu Aug 27, 2020 3:24 pm
by KX250
Hi.
Ek het net nou gou gaan kyk wat maak die 2 ladings...
Moet se 41.4 is baie beter. Dankie Tripod
Die een op 41.8gr weet ek dat ek getrek
41.4 se ES is nie so mooi soos 41.8gr nie

het.

Sent from my SM-G985F using Tapatalk