Praat my in of uit n 6mm PPC
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Praat my in of uit n 6mm PPC
Naand almal, sien nou die dag n advertensie vir n jaggeweer in 6mm PPC toe gaan lees ek so bietjie. Wat sal die loop leeftyd wees met 60-70gr punte en teen watter spoed sal hulle geskiet kan word met 24" loop. Ek sien doppe is so bietjie duur maar wat is die ander slaggate wat n man na moet kyk. Springbok sal die grootste dier wees wat ek wil skiet. Ander opsie is weer n 223, wat natuurlik goedkoper is om te skiet. Ek lees van vreeslike kort loop leeftyd by PPC op die internet, maar ek neem aan dis benchrest kompetiesie leeftyd, wat sal loop leeftyd wees onder jag toestande. Groete Tjops
- SakoTrippel2
- Hero Member

- Posts: 716
- Joined: Sun Jan 11, 2015 5:15 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Was daardie Jaggeweer dalk een of ander Sako Varmint model? Indien wel, koop! En moenie terug kyk nie. Daardie is een van die akkuraatste fabrieks gewere wat nog aanmekaar gesit is.
Wat die 6PPC in geheel betref, hys wild as dit by "inherente" akkuraatheid kom hy skiet baie mooi met min moeite soos ek verstaan. Hys wel so bietjie agter sy teenstanders wat spoed betref maar mens kan verby dit kyk.
Wat loop lewe betref is jy reg.. 99% van daardie mense se opinies is gebaseer op BR akkuraatheid. So 'n geweer sal in my beskeie opinie maklik 3000 skote gee.
Hy skiet in die lae tot mid 3000fps spektrum met die 60 tot 70gr koele as ek nou so vinnig dink.
Op Accurate Shooter/6mmBR.com is daar 'n magdom inligting rondom die 6PPC.
Wat die 6PPC in geheel betref, hys wild as dit by "inherente" akkuraatheid kom hy skiet baie mooi met min moeite soos ek verstaan. Hys wel so bietjie agter sy teenstanders wat spoed betref maar mens kan verby dit kyk.
Wat loop lewe betref is jy reg.. 99% van daardie mense se opinies is gebaseer op BR akkuraatheid. So 'n geweer sal in my beskeie opinie maklik 3000 skote gee.
Hy skiet in die lae tot mid 3000fps spektrum met die 60 tot 70gr koele as ek nou so vinnig dink.
Op Accurate Shooter/6mmBR.com is daar 'n magdom inligting rondom die 6PPC.
Sako 30-06, Sako 308, 2 X Sako 222, Savage LRP 243 Ackley, P.Beretta A300 12ga, Howa 6.5 Creed, Glock 19 G4 9mm, Mini Mauser 22LR, Savage Stevens 410, Rossi 38Sp, LLAMA 22LR Pistool, LM4 223(5.56x45)
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Ek dink jy gaan 5000 skote met gemak kry. Daai kortgat doppie is belaglik akkuraat en met so min kruit gaan hy n ewigheid hou
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Ek het maar die fabrikaat vir eers stil gehou, wou nie die topic so gou nek omdraai nie. Ek wens dit was n sako, maar nee dis n Sabatti! Sal ek n 60gr teen ten minste 3300vps kan kry met n 24" loop?
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Volgens 6mmBR se webblad, behoort jy gemaklik 3300 fps te kry met 'n 60gr en die regte kruit. Gaan loer gerus daar.
Aim small, miss small
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Tong in die kies gaan eerder 223 of 22250. Ek weet van 2 manne met 6br. Beide moet nog n bok doodskiet
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Supakoei hoe gaan n 223 met n 55gr koel teen 3100fps n bok beter vrek skiet as n 6PPC met n 60gr teen 3300fps of bedoel jy hulle kry nie die bokke raak geskiet met n 6BR nie want dan moet hulle eder een van die susksesvolste kort en med afstand BR kalibers in die geskiedenis van mens verkoop en n boog krySupacow wrote: Wed Aug 05, 2020 9:03 am Tong in die kies gaan eerder 223 of 22250. Ek weet van 2 manne met 6br. Beide moet nog n bok doodskiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Al oorsaak is skote wat nie die merk tref.
Altyd.
Die een man glo wel sy 22250 is dodeliker
Altyd.
Die een man glo wel sy 22250 is dodeliker
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Supacow is dit die skut se fout dat die Br's nie die bok tref nie of is dit Sabatti gewere. Ek is baie lus vir n PPC maar weet nie of ek n kans moet waag op Sabatti nie.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Take a walk on the wild side.
My Sabatti 6mm HK skiet vir my heel lekker.
DD
My Sabatti 6mm HK skiet vir my heel lekker.
DD
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Jy meen die aksie skiet lekkerDiesel Dog wrote: Wed Aug 05, 2020 8:14 pm Take a walk on the wild side.
My Sabatti 6mm HK skiet vir my heel lekker.
DD
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Ek weet nie. Probeer maar eers die roer gaan skiet en kyk hoe hy maak. Niks laat n man so baie sonde doen soos n roer wat nie wil skiet nie
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
DD het daai Sabatti van oom nie dak die "H..r Kind" naam gekry nog voor hy na Gerrie toe gegaan het nie?
Armand as ek jou en DD se name raaklees dink ek onwillekeurig aan Savage en Sabatti, weet nie hoekom nie
Hoe is Sabatti se nie-multi radial rifling lope, enige manne wat die rover 600 of 870 gewere skiet, nie die tactical gewere nie
Armand as ek jou en DD se name raaklees dink ek onwillekeurig aan Savage en Sabatti, weet nie hoekom nie
Hoe is Sabatti se nie-multi radial rifling lope, enige manne wat die rover 600 of 870 gewere skiet, nie die tactical gewere nie
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Middag almal, ek herkou nogsteeds aan n 6mm ppc. Watter somchem kruit sal werk vir 6 ppc. Ek lees VV133 werk goed maar is rof op n loop. Sal S321 of 341 dalk werk. Groete
- Rudi Fischer
- Hero Member

- Posts: 1837
- Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Met Somchem gebruik jy S335 as ek reg onthouLamtjop wrote:Middag almal, ek herkou nogsteeds aan n 6mm ppc. Watter somchem kruit sal werk vir 6 ppc. Ek lees VV133 werk goed maar is rof op n loop. Sal S321 of 341 dalk werk. Groete
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
S321, S335 en S341 gee almal so 3280vps met 'n 24 duim loop en 60 Sierra HP.
Rel 12 3250vps
Drukke is in die 45-49K psi, so hy kan nog aangejaag word. Ek het na nodes bereken.
Rel 12 3250vps
Drukke is in die 45-49K psi, so hy kan nog aangejaag word. Ek het na nodes bereken.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Ek het ‘n Sako Varmint raakgeloop. Sien vreeslik baie uit na hom....
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13527
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Ekt een teen n vet bargain gemis so jaar terugSako75 wrote: Sat Feb 13, 2021 7:01 pm Ek het ‘n Sako Varmint raakgeloop. Sien vreeslik baie uit na hom....
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Praat my in of uit n 6mm PPC
Ek wil nou nog jou gat skop oor daai eenCapt. Oblivious wrote:Ekt een teen n vet bargain gemis so jaar terugSako75 wrote: Sat Feb 13, 2021 7:01 pm Ek het ‘n Sako Varmint raakgeloop. Sien vreeslik baie uit na hom....
Sent from my iPhone using Tapatalk
