Page 1 of 1
Herlaai
Posted: Sun Aug 02, 2020 1:39 pm
by JeanJag
Dis lekker om ouens soos smitstertjies en Alliwyn Van peregrine op speed dial te hê, manne wat ken en enige tyd help!veral as 'n mens nuut in die herlaai wêreld is, dan is dit 'n groot mate van rustigheid om die ervare manne te ken
Lekker dag verder vir julle
Cheers
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Herlaai
Posted: Sun Aug 02, 2020 2:50 pm
by tripodmvr
Sit jou vrae hier op dan leer ons almal iets.
Re: Herlaai
Posted: Sun Aug 02, 2020 9:35 pm
by JeanJag
tripodmvr wrote:Sit jou vrae hier op dan leer ons almal iets.
Skuus man, ek kon my statement beter bewoord het, wat ek bedoel is, nie een spesifieke probleem nie, maar meer as ek oor iets wonder dan is dit lekker om te weet daar is manne wat ken en graag deel, my post was maar sommer net as 'n kompliment bedoel, ek sal verseker as iets spesifiek opduik, van die forum gebruik maak, dankie
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Herlaai
Posted: Mon Aug 03, 2020 8:04 am
by tripodmvr
Dit is die probleem met woorde sonder lyftaal. My antwoord moes seker ook die woord "vrymoedigheid" in gehad het. Lees jy dit nou klink dit koud en klinies. Wees verseker dit was bedoel as hulp aan jou en ook ander wat nie weet nie.
Re: Herlaai
Posted: Mon Aug 03, 2020 8:08 am
by JeanJag
tripodmvr wrote:Dit is die probleem met woorde sonder lyftaal. My antwoord moes seker ook die woord "vrymoedigheid" in gehad het. Lees jy dit nou klink dit koud en klinies. Wees verseker dit was bedoel as hulp aan jou en ook ander wat nie weet nie.

ek dink ons is op dieselfde bladsy ou mater, lekker Maandag
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Herlaai
Posted: Mon Aug 03, 2020 9:28 am
by Hein M.
JeanJag wrote: Sun Aug 02, 2020 1:39 pm
Dis lekker om ouens soos smitstertjies en Alliwyn Van peregrine op speed dial te hê, manne wat ken en enige tyd help!veral as 'n mens nuut in die herlaai wêreld is, dan is dit 'n groot mate van rustigheid om die ervare manne te ken
Lekker dag verder vir julle
Cheers
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy het vergeet om Driepoot se naam ook by te sit. Hy maak 'n reuse verskil hier op die forum wat hulp en ondersteuning aanbetref
