Page 1 of 1

Nuwe Zastava 375 - JJ Wapens

Posted: Thu Dec 15, 2011 4:43 pm
by DWB
Hallo Manne, ek het vandag gou 2 skote met die nuwe Zastava 375H&H African by JJ Wapens in Ermelo geskiet.

Dit is 'n mooi roer en ek dink dit sal mooi in die bos operate.

Dit het 'n Mauser Tipe Aksie en exctractor claw en als het glad gevoel.

Kon ook niks snaaks met die sneller agterkom nie.

Ek moet eerlik wees ek het nie als ge-inspekteur nie, net vinnig geloer en geskiet.

Maar ek dink dit sal 'n goeie koop wees vir R10999.00

Die geweer byt lekker, maar my skouers is dit dalk net nie gewoond nie.

Re: Nuwe Zastava 375 - JJ Wapens

Posted: Thu Dec 15, 2011 11:26 pm
by Penkop
Hi DWB,

Lyk na 'n gawe roer!
Hoe vergelyk die Zastava met die CZ?

So ruk terug gesien die CZ (375) verkoop teen R12k.

Groete

Re: Nuwe Zastava 375 - JJ Wapens

Posted: Fri Dec 16, 2011 6:27 am
by DWB
Ek het laas week R15300 vir my skoonpa se CZ 375 betaal.

Kyk ek is 'n groot CZ fan en is absoluut versot op daai CZ375.
Dink nie die Zastava kom naby in looks en afwerking nie.

Die Zastava sal 'n goeie werksgeweer wees waarvoor mens nie te jammer gaan voel nie.

Die skouer het darem herstel ;D

Re: Nuwe Zastava 375 - JJ Wapens

Posted: Fri Dec 16, 2011 11:09 am
by Rooies
DWB

Bietjie van die topic af, daai plastiek kis waarin daai 375 le wat noem man dit en hou alle winkels hulle aan.

dankie
reds

Re: Nuwe Zastava 375 - JJ Wapens

Posted: Fri Dec 16, 2011 12:39 pm
by Hein M.
Rooies

Myne is 'n Tipton Gun Butler en ek het dit vir R350 by S&O gekoop.  Kan nie vandag glo ek het sonder dit klaargekom nie...

NS.  Dit lyk amper of daai Zastava nog gefreefloat moet word.  Of kyk ek sleg?

Mooiloop!

Hein

Re: Nuwe Zastava 375 - JJ Wapens

Posted: Fri Dec 16, 2011 1:01 pm
by Rooies
Dankie Hein.