Page 1 of 1

Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 11:10 am
by Nico Harris
Goeie more manne.

Ek het vir n langtyd baie min aandag aan my groter en korter afstand roere gegee(lees gewone jag geweer).
Ek het egter wel soos die dinge werk die laaste tyd weer n lus gekry vir die gewere en het vir my 9.3x62 n paar pakkies rhino 286gr punte gekoop en moet dus lading ontwikkeling doen. As die gewere n duim skiet op 100m is dit meer as voldoende vir hoe ek met hulle jag.

In die verlede het ek groepe met die gewere oor n x-bag geskiet en die geweer net agter vasgehou laat hy voor sy normale opwaartse beweging uitvoer. Dis iets wat mens min doen, maar ek soek wel n lading wat redelik groepeer en wil dan ook die geweer mooi zero. Watse pointers is het die manne wat meer gereeld met die gewere skiet?

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 11:19 am
by tripodmvr
1. Moenie dat die geweer jou seermaak nie. Maak 'n sissie pad van handdoek of soortgelyk wat jy binne jou hemp kan sit en probeer so regop as moontlik sit sodat jou skouer met gemak na agter kan beweeg.
2. As jy 'n behoorlike stabiele rus kan kry is dit die beste om te staan en skiet.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 11:20 am
by DWB
Nico,

Dit help baie om so regop moontlik te sit met die heel groot goed om te kan groepies skiet.

Maar vir die 9.3 oor die X-bag is heel voldoende.

Met die 450 skiet ek sommer deesdae groepe oor quad sticks :)

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 11:46 am
by Nico Harris
Ek moes dalk noem ek sit die x-bag op die cruiser se dak en staan dan agter hom- so klink of ek op die regte spoor is.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 12:05 pm
by Capt. Yoda
Hou hom vas oor daai xbag moenie laat hy spring nie

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 12:11 pm
by Wouter Roets
More Nico

As dit by die groot roere kom laat my OCD my nie toe om te settle vir minute of a buffalo angle nie. Die gewere met hulle lekker dik en dus stywe lope gee oor die algemeen finominale akkuraadheid en ek sal nie sommer settle vir n lading as al die gate nie sny nie.

By my vorige huis met sy skietbaan het ek self my skiettafel ontwerp wat n mens in staat gestel het om besonderse groepe te kon skiet sonder te veel invloed van die skut. Deesdae maak ek gebruik van n Caldwell Lead Sled skietrus wat baie stewig is met die voordeel dat hy baie van die recoil absorbeer. Hierdie is seker die eerste prys skietrus vir die werklike groot roere. Klein kalibers soos die 9,3 en 375'e sal ek met gemak nog van n X bag en agsterse sandsakkie af skiet. Soos die manne noem sorg dat jou skiet posisie regop is en verder probeer jou liggaam square agter die geweer wanneer jy skiet. Wat ek hiermee bedoel is om nie n toe poisie agter die geweer te sit nie, want dit maak dat jou skouer terug beweeg en nie jou kop nie. So jy moet met jou skouers probeer om amper n 90 grade hoek met die geweer te vorm. Natuurlik help n beskerming tussen die geweer en jou skouer baie. Ek gebruik sommer daai plat sandsakkes op die heel groot roere. Ek sal die geweer baie liggies aan die voor ent vashou en sorg dat ek agter goed kontak maak. Ek skiet ook met daai ammo pouches wat om die kolf kom en dit help baie met recoil teen jou wang.

Groetnis
Wouter

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 1:49 pm
by saswart
Stem met Wouter, skiet jou 9,3 soos jy enige ander geweer sou skiet, behalwe dat jy kolf effens kan vashou voor. Sodra jy begin verander aan wat jy gewoond is sal dit 'n uitwerking he op jou groepering. Natuurlik as jy nou baie wil skiet fair enough maar lading ontwikkeling op 9,3 behoort nie probleem te wees nie

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 2:24 pm
by Lategan1
Stem saam, klou aan ‘n geweer en akuraatheid is nie vriende nie.

Ek het Saterdag my 9.3 Husqvarna liggewig op skietbaan gehad. Ongelukkig moet ek hom styf vashou, maar ek moet gereeld ‘reset’ en oor aanlê, juis oor wat julle hier noem. (Beton skietblad sittend) Jy bewe jouself uit!! Enige een vertroud met die Husky sal weet waaroor dit gaan. Jou houding, druk en posisie is krities. Kolf liggies vashou voor is nie opsie nie.

Het 46mm op 200m 3-groep geskiet, 0.8MOA. Sonder enige dikwerende middels op skouer, is maks skote 10 vir die dag. Dit los my met lekker skouer ter herinnering vir so 3-4 dae!!

Wouter, ek aanvaar skote sny is op Buffel afstand, nie 100m nie?

Beste.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 2:36 pm
by Lategan1
EA625BDD-08F3-4298-9FE7-AFBC6B648C28.jpeg
Hiermee.

Beste.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 2:54 pm
by Nico Harris
Dankie vir almal se insette. Lyk my my manier is maar dieselfde as wat almal anders gebruik. Die geweer groepeer nog altyd baie goed- om en by n half duim as ek my kant bring. Ek weet die rhinos skiet nie altyd die kleinste groepe nie- so sal maar sien wat maak hy.
Het ook onlangs n ander teleskoop en ribge opgesit wat baie laer sit- dir werk nou baie beter saam die kolf wat eintlik vir oop visier is.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Thu Jul 23, 2020 3:05 pm
by tau
Jy skiet hom dan nou oopvisier? Watse groepies nonsense is die??? Wit Papierbord is al wat jy benodig.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Fri Jul 24, 2020 10:15 am
by Wouter Roets
Lategan

Maat as hy nie sny op n 100m nie dan is my lading ontwikkeling nie klaar nie. Ek is nie een van daai mense wat glo 2 of 3 duim op n 100m is voeldoende op diere wat my lewe net daar kan be-eindig nie. As ek die koeel nie sit daar waar ek gemik het nie dan moet dit net my eie skuld wees en klaar.

Groetnis
Wouter

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Fri Jul 24, 2020 10:49 am
by Lategan1
Wouter, hoor jou.

Dit is so lekker dra geweer, wou al swaartekrag staaf in sy agterent sit, maar sien nie my weg oop om die classic te verander nie. Maar beslis het jy meer geluk as vernuf nodig om onder MOA met hom te kom.

Ek oorgeskakel na S355 wat minder skop en meer stoot as S335 of so word gesê. Wanneer ek eendag nuwe kruit moet kry, sal ek weer soek wat stoot meer en skop minder.

@ 23mm op 100m sny ‘n 9.3 amper... dit sonder Ackley!! My beste is 22mm, lyk soos beste vir nou. Aanhouer wen.

Beste.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Fri Jul 24, 2020 11:44 am
by Koos Barnard
Daar is 'n plek en 'n tyd vir gewere wat piepklein groepies skiet op 100m... maar ek het al te veel male gesien hoe mense hul vertroue in die klein groepies sit en dan faal in die jagveld of tydens 'n skietkompetisie. Vir sommiges gee klein groepies van die bank af 'n valse selfvertroue oor wat hulle in die veld kan doen. Skiet hulle dan swak gaan soek hulle te veel kere die probleem dadelik by die ladings of die mirage of Cyril Ramaphosa of die duiwel weet wat nog. Ek verstaan dat sommige mense wil weet hul gewere skiet reg want dit bou selfvertroue en ek stem saam daarmee. Pasop net vir die valse vertroue wat klein groepies van skiettafels af gee.
Mooi loop

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Fri Jul 24, 2020 12:41 pm
by Lategan1
Koos Barnard wrote: Fri Jul 24, 2020 11:44 am Daar is 'n plek en 'n tyd vir gewere wat piepklein groepies skiet op 100m... maar ek het al te veel male gesien hoe mense hul vertroue in die klein groepies sit en dan faal in die jagveld of tydens 'n skietkompetisie. Vir sommiges gee klein groepies van die bank af 'n valse selfvertroue oor wat hulle in die veld kan doen. Skiet hulle dan swak gaan soek hulle te veel kere die probleem dadelik by die ladings of die mirage of Cyril Ramaphosa of die duiwel weet wat nog. Ek verstaan dat sommige mense wil weet hul gewere skiet reg want dit bou selfvertroue en ek stem saam daarmee. Pasop net vir die valse vertroue wat klein groepies van skiettafels af gee.
Mooi loop
Hlo Koos, ek is 1000% op daai bladsy. Inteendeel, ek vang myself met my eerste skoot op bok met my eerste jag van seisoen dat ek te veel wil insit vir die perfekte skoot. Gelukkig sodra die mombakkies af, dan loop dit makliker!! Dit is waaroor ‘bench muscle memory’ gaan wat mens maklik kan kortwiek in die jagveld.

Beste.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Fri Jul 24, 2020 1:40 pm
by Eugene
Klein groepe van die bench af, wys vir my dat die lading en geweer reg is. Ek probeer dan van die skietstokke af om te kyk of ek reg is en dit lyk ongelukkig meestal of dit 2 verskillende ladings is met een wat beslis "uit" lyk....

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Fri Jul 24, 2020 1:49 pm
by tripodmvr
Moes seker ook byvoeg dat aantal skote beperk moet word. Help nie om 30 skote na mekaar te skiet en die lyfstraf maak dat jy heel bont skiet en nie die teleskoop of ander visier reg kan stel nie.

Re: Groepe skiet met “big bore” gewere.

Posted: Sun Jul 26, 2020 9:28 pm
by Lategan1
So bietjie terugvoer oor my kleinboet ‘big bore’ na aanleiding van verskeie lede insette hier.

9.3x62mm 286gr Partition @ 2266vps, S355 @ 59gr. ES 11.(Gemiddelde van 10 patrone <10) +_ 100%vul.

Soos genoem het ek oorgeskakel na S355 vir sagter op die skouer. Het Saterdag die perdjie weer uitgeneem. Het as volg gedoen, 3-skoot groep.

1) Sussie sakkie tussen kolf/ skouer geplaas. Tripod se naampie.
2) Nog regopper en meer ‘square’ agter kolf gesit, 3-poot rus heelwat hoër gestel. Tipiese posisie vir met beide oë oop skiet.
3) Kolf voorkant en geweerband saam afgetrek en gesamentlik vasgehou aan 3-poot. Dus minder direkte handklem om kolf self.

Resultaat op 200m: 32mm = 0.55MOA = 16mm op 100m.

Dankie vir die inspirasie!

Beste.