Page 1 of 1

BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Thu Jul 23, 2020 7:53 am
by Hein M.
Hallo almal, vertrou dit gaan goed!

'n Vriend van my is op soek na "normale" snellers vir sy 2 BRNO gewere. Wie het al die pad gestap - en watter tipe snellers is plaaslik beskikbaar?

Hoor graag!

Mooi dag daar!

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Thu Jul 23, 2020 9:05 am
by Ds J
Sover ek weet is daar nie ander snellers vir die ZKK-reeks beskikbaar nie omdat die sneller se meganisme deel is van die aksie. As hy soek behoort hy sal iemand te kry wat hom sal ruil.

EK HOOP REGTIG EK IS VERKEERD, WANT N BAIE GOEIE VRIEND WIL GRAAG SY SNELLER VERVANG.

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Thu Jul 23, 2020 9:12 am
by Lategan1
Hoor by jou vriend of hy ‘set triggers’ op het, dit behoort te wees. My seun se 30.06 is mooi fyn.

Jy druk hom vorentoe vir die fyn stel, alvorens jy sneller trek. (Meeste weet, ons nie aanvaar almal weet nie)

Dalkies verlig dit sy probleem.

Beste.

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Thu Jul 23, 2020 10:04 am
by Chris (vdB)
Ek het my ZZK 600 met twee snellers gekoop, die reguit set trigger en dan sy gewone krul sneller as ek dit so kan noem. Soos ek verstaan het jy dit so saam gekry as mens hulle nuut gekoop het. Die gewone sneller het in so klein groen sakkie saam gekom. So ek glo daar moet snellers daar buite wees. Bel dalk vir Custom Rifles in Bloemfontein ook, hulle het op n stadium heelwat parte van alle gewere gehad, miskien net is jy gelukkig.

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Thu Jul 23, 2020 10:09 am
by Chris (vdB)
Net om by te las, ek het dat Izak van Truworx die gewone sneller installeer en hom gevra om hom bietjie te bewerk, hy breek nou baie lekker en sy trek is heelwat ligter.

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Fri Jul 24, 2020 12:19 pm
by Hein M.
Baie dankie vir die inligting en raad. Ek waardeer opreg!

Mooi naweek!

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Sun Jul 26, 2020 12:38 pm
by zipp
Arms in Pretoria maak vervangings snellers vir ZKK 600 reeks.

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Mon Jul 27, 2020 4:43 pm
by PaulM
Ek het in die vroeë 90's my ZKK600 30-06 se "hair trigger" met 'n Timney sneller vervang. Kan glad nie onthou waar ek dit gekry het nie.

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Mon Aug 17, 2020 8:24 am
by shanenel
Kontak vir Ralph Badenhorst in Ermelo hy bou vervangings snellers wat baie glad is

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Mon Aug 17, 2020 9:32 am
by Hein M.
Image
shanenel wrote: Mon Aug 17, 2020 8:24 am Kontak vir Ralph Badenhorst in Ermelo hy bou vervangings snellers wat baie glad is
Baie dankie!

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Tue Sep 29, 2020 6:31 pm
by Lategan1
Hein M. wrote: Thu Jul 23, 2020 7:53 am Hallo almal, vertrou dit gaan goed!

'n Vriend van my is op soek na "normale" snellers vir sy 2 BRNO gewere. Wie het al die pad gestap - en watter tipe snellers is plaaslik beskikbaar?

Hoor graag!

Mooi dag daar!
Kyk hier.
viewtopic.php?f=19&t=79453

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Tue Sep 29, 2020 7:18 pm
by Gerhardu
Arms in PTA het baie lekker snellers vir al die Brno reeks aksies.

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Wed Sep 30, 2020 8:47 am
by THOMAST
En ding wat min mense weet omtrent die 600/601 BRNO gewere is dat die standaard "krul" sneller ook verstelbaar is.
Met die teleskoop verwyder en die slot uitgehaal is daar 'n skroefkop sigbaar as jy van bo af kyk na die slot (omtrent 7mm deursnit as ek reg onthou) Deur hom uit te draai maak jy die sneller ligter en andersom
Indien iemand belangstel, stuur my jou epos en ek stuur informasie stuk oor die ZKK gewere

Re: BRNO ZKK Mod. 600/601 in 30-06 EN 223 sneller

Posted: Wed Sep 30, 2020 9:19 am
by Lategan1
Dankie Thomas.

Beste.