Page 1 of 1
303 extractor
Posted: Sat Jul 18, 2020 1:34 pm
by ruaanb
Hi Manne
My 6mm/303 se extractor claw het gebreek.
Ek sukkel ook so effe met headspace op die geweer.
Waar kan ek n ander vervanging kry?

Re: 303 extractor
Posted: Sat Jul 18, 2020 2:37 pm
by OosKaapJagter
Classic Arms in Witbank het gewoonlik heelwat 303's en onderdele daarvoor. Skakel hulle, want die webtuiste vertel nie die volle verhaal nie.
Re: 303 extractor
Posted: Sat Jul 18, 2020 4:07 pm
by Ds J
Ruaan, kontak Advanced Guntech in Potch. Hulle het gewoonlik n klompie tweedehandse parte beskikbaar gehad.
Twee ander sake:
- na 117 jaar mag n uittrekker seker maar afbreek!
- die 303's het verskillende grootte slotkoppe gehad; ek dink daar was vier groottes. Kyk of jy jou probleem met kopspasie minder kan maak as jy n langer slotkop in die hande kan kry.
Re: 303 extractor
Posted: Sat Jul 18, 2020 6:01 pm
by ruaanb
Dankie manne, ek kontak hulle in die week!
DsJ - selfde vir my pa gesĂȘ. Hopelik kan ek die vinnig uitsorteer.
Re: 303 extractor
Posted: Wed Sep 16, 2020 9:55 am
by ruaanb
Nou ja kry nogsteeds nie n slotknop in die hande nie so nou soek ek die extractortjie self. Sien foto aangeheg.

Re: 303 extractor
Posted: Wed Sep 16, 2020 10:19 am
by Toxxyc
Kan jy nie 'n engineering plekkie vra om vir jou een te masjineer nie?
Re: 303 extractor
Posted: Wed Sep 16, 2020 10:49 am
by ruaanb
Sal moet uitvind . Meeste plekke hier rond sien nie kans vir so iets kleins nie.
Re: 303 extractor
Posted: Wed Sep 16, 2020 7:44 pm
by ruaanb
Dankie aan DsJ , Frikkie Coetzee en Tau. Tussen julle 3 ysters is daar lig in die tonnel.
Re: 303 extractor
Posted: Wed Sep 16, 2020 7:51 pm
by Ds J
ruaanb wrote: Wed Sep 16, 2020 7:44 pm
Dankie aan DsJ , Frikkie Coetzee en Tau. Tussen julle 3 ysters is daar lig in die tonnel.
Groot plesier!
Re: 303 extractor
Posted: Tue Sep 22, 2020 11:45 am
by ruaanb
Weereens dankie manne die 6mm is weer reg!