Page 1 of 1

Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Mon Jul 13, 2020 10:36 pm
by Gian_dP
Ons span van ses pa's, twee oupas en twaalf kinders is Donderdagoggend vroeg op pad Vosburg toe.

Image

Op pad het die wind ons al omtrent verwaai, gelukkig almal veiling op Modderput aangekom.

Image
Nadat die gewere is ingeskiet, kon ons lekker ontspan. Riaan het omtrent 'n hele skaap vir ons gebraai die aand. Al het die groot koue toe nog nie toegesak nie, het ons heerlik voor die vuur gekuier.

Image
Image
Image

Vrydag het die weer ons verras met 'n pragige windstil oggend. Dit was ongelukkig van korte duur! Wind het 9 uur weer begin waai en nooit weer die naweek gaan lê nie. Ten spyte van die wind, kon Dirk sy eerste bok skiet.

Image

Res van ons kon darem ook iets raak kry, ten spyte van die wind wat tot 40km/h gewaai het.

Image
Image
Image
Image
Image

Saterdag het ons wind en ligte reen in die veld gehad, sommer ordentlik koud gewees.
My dogter dogter darem kans gekry om haar eerste bok te skiet.

Image

Baie geseënd dat ek die ervaring met haar kon deel!

Image

Die naweek was definitief van die meer uitdagende Karoo voorsitjagte wat ek al deel van was, maar sal die tyd in die veld saam met kinders en goeie vriende vir niks ruil nie!

Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 6:24 am
by WicusdP
Dankie Dok en die res van ons span!! Was voorwaar ‘n lekker naweek. Voorreg om saam met die kids en oupas te kon jag en kuier.

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 6:28 am
by WicusdP
IMG_6783.JPG

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 6:29 am
by WicusdP
WicusdP wrote:
IMG_6783.JPG

Sent from my iPhone using Tapatalk
IMG_6785.JPG

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 7:31 am
by tau
Lekker man. Saterdag se wind en reën was interesant!!!

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 7:39 am
by pietskiet
Die lekkerste plasings op Jaracal is waar iemand vertel waar hulle die naweek gaan jag het en n paar fototjies deel. Voel so n klein bietjie of ek saam was, baie dankie vir die deel!

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 7:49 am
by Nico de Jager
Baie lekker! Mooi om soveel kinders in die veld te sien!

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 8:18 am
by ruaanb
Lekker julle!

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 8:28 am
by Geno
Netjies manne!
Die wind het ons net so gewaai verlede week. Op 'n kol het ek 'n skoot op 550y gevat op 'n springbok met my een .243Ackley waar ek my scope se 20mph afmik merk op haar kop gehou het terwyl sy kop omlaag gestaan het. Die wind het my verby die kop gewaai in haar blad in!

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 14, 2020 9:26 am
by PWV
Mooi Gian en Wicus en al julle vriende, vriendinne en kinders!!! Voorwaar 'n groot voorreg om sulke aangename dinge te ervaar!!

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Wed Jul 15, 2020 10:28 pm
by Richard
Nice Wicus. Groot voorreg om dit saam die jong span te kan deel.

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Sat Jul 18, 2020 5:08 pm
by Gian_dP
Ek het die naweek bietjie aan die skullmounts gewerk. Heel in my skik oor hoe hulle uitgekom het.

Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Sat Jul 18, 2020 7:18 pm
by Louisdewet
Lyk netjies!

Wat was jou resep?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Sat Jul 18, 2020 7:30 pm
by Gian_dP
Louisdewet wrote:Lyk netjies!

Wat was jou resep?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek het Pappabeer se resep gevolg.
https://r.tapatalk.com/shareLink/topic? ... source=app

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Sun Jul 19, 2020 8:50 am
by PWV
Gian, jy werk maar rof. Moes jy nou die een bok se horing afbreek? ++>:

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Sun Jul 19, 2020 8:50 pm
by Louisdewet
Baie dankie!

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Wind, wind, nog wind en darem n paar bokke!

Posted: Tue Jul 21, 2020 9:56 am
by Wouter Roets
Gian

Baie dankie vir die deel en baie geluk aan al die jagters en nuwelinge met hulle bokke. Voorwaar iets spesiaal hierdie tiepe trips.

Groetnis
Wouter