Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post by BLOK »

Gisteraand met n roep sien ek n rooikat inkom op so 300 meter twyfel eers of dit nie dalk n gemmerkat is nie. Die kat kom baie stadig in en met daai gereelde ogies wat knip. Met tye is dit sommer laang rukke dat die oe heeltemal weg is. Op so 80meter id ek hom nogsteeds as of gemmerkat of jong rooikat presies daai kleur en sy ore staan mooi spits met die punte wat my baie meer virseker laat voel dit is rooikat. Ek moet ook noem dat die gras effe aan die lang kant was en ons die hele tyd net die kop kon sien. Plaas eienaar se toe skiet maar want hy het elkgeval ook nie n gemmerkat nie. Skoot klap en daar vlieg n uil op. Gelukkig met sy dun nek en klein koppie in die groot bos vere mis ek hom toe.

Eerste keer dat ek sien n uil kom so ingeloop soos n kat nogal van ver af. Die spits ore wat gelyk het soos rooikat ore is toe al die tyd oom uil se ore.

Het darem tot net na 9 toe dit beginne reen 2 jakke gedop
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post by BRNO (Pierre) »

Alles wat ek weet van Roep en skiet het ek hier op die forum geleer. Dit is vir my ingelooflik dat die uil sover sal instap, ongeveer 220m. Wonder hoekom hy nie liewers vlieg nie.

Was die klank wat jy gebruik het n kos klank? Dit moes seker n groot uil gewees het.
Veiligheid eerste manne!
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post by Ian »

Blok

Ongelooflik dat die uil so ver sal loop.
Met my al baie gebeur dat ek die oge optel veral in koppe, maar as ek mooi kyk is dit 'n uil. Lyk baie dieselfde.
Mooi dag
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post by BLOK »

Bruno Ian

Klank was klein hasie gewees.

Die rede hoekom die uil so lank gevat het en stadig ingekom het van ver af is juis meer rede gewees om seker te wees dit was n kat hetsy nou rooi of gemmer. kon dit ook nie glo nie. Boonop het sy oe net soos n kat baie geknip later het ek nogal gewonder die knip aksie was dit nie dalk soos hy sy kop in die rondte draai en die oe dan weg wys nie. Vir een keer was ek darem bly vir n mis skoot.

Het al baie as ek roep gekry dat uile inkom het iewers anders op n post vertel van n uil wat elke keer op my loop kom sit het en as ek draai om te lig vlieg hy. net as ek weer stilsit en donker was het hy weer kom sit. Was op n ander plaas so 5km van waar ek gisteraand geroep het. Dink die feit dat ek so hoog gesit het en redelike vlak was het hy my ook maar gebruik as n uitkyk punt.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post by 243Songdaug »

Blok

Dit het al met my ook gebeur - in 2 van die gevalle was dit volwasse Reuse ooruile wat ingeloop gekom het.  Het ons ook van ver af bekruip en so effens sku-sku ingekom.

Die Reuse ooruile se regop houding maak hulle derem maklik identifiseerbaar - staan tot so iets soos 700mm hoog.  In die drede geval was dit 'n jong Ooruil wat ingekom het.  Ek vermoed dat hulle op die grond jag en as hulle dan die haas hoor skreeu kom loop hulle sommer in.

O ja - in al die gevalle was die area waar ons geroep het redelik bebos met 'n oop kolletjie waar ons geroep het.

Groete.
Songdaug
Dont tell me, show me......
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post by BRNO (Pierre) »

[quote="BLOK"]
Vir een keer was ek darem bly vir n mis skoot.

Ek wou ook vroeer byvoeg dat dit nooit lekker is om mis te skiet nie, maar in die geval was dit n goeie mis>
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: Rooikat met amper verkeerde uitdraai

Post by Dawie D »

Blok

Is jy seker oor daai klein hasie klanke? :angel: Ek wonder of jy nie dalk daar by Dewie n muisklank of 2 gekry het nie toe hy so met die muise gesikkel het. ;) ;D
Daai uil kan sy gat dank dat daai skoot net deur sy vere is  ;D
As ek jou sien gaan jy val
Post Reply