Page 1 of 1

Skaaphond 1000

Posted: Tue Dec 13, 2011 9:04 pm
by JK
Dit is n anatolise kruising, ma redelik suiwer en uitstekende skaap oppasser hond en die pa  was n Autraliese beeshond. Ek het haar as n jong hondjie gekry, nog te klein om saam te loop.  Later het sy self saam geloop. Sy is tussen die skaap gebore en dit is al wat sy ken.  Ek het geen opleiding gedoen nie. Toe ek nog n wagter gehad het wat die skaap opgepas het het hy gese sy het al jakkelse gevang wat tussen die skaap gekom het.

Niks raak ook weg by haar trop nie. Al probleem wat ek het, niemand kan aan haar raak nie, sy ryk darem aan my hand. Dit is elke jaar n stryd om die inspuitings te gee.

Sy het een keer klientjies gekry van n foxterrier brak, en ek het die kleintjies adverteer, baie het my weer later gepla oor die honde.

Al wat ek probeer se is, n goeie skaap hond het nie opeiding nodig nie.  Dit moet natuurlik kom.

Eintlik het ek net gekyk of ek die foto besigheid kan regkry  ;D


Re: Skaaphond 1000

Posted: Tue Dec 13, 2011 10:40 pm
by Dawid
JK, Los die hond ek likes die Damaras.. ;D ;D

Ek het gehoor al nadeel van die tipe honde is hulle maak soos die donkies als wat naby kom dood en dan somtyds ly die lammers ook onder hulle....ek praat op hoorse, of dit wel so is weet ek nie.
Dit lyk steeds na n baie mooi hond en ek dink met bietjie aandag en geduld kan mens hulle "mak" kry.

Re: Skaaphond 1000

Posted: Wed Dec 14, 2011 7:27 am
by JK
;D ;D, ek kon nie n topic kry vir die Damaras nie.  :laugh:

Dawid, ek het donkies tussen die koeie, maar die koeie hou nie daarvan as die donkies te naby die kalwers kom nie, so hulle weet seker.

As n hond n lam byt is dit tickets met hom,  die hond het nooit eers die skaap gespeel toe sy jonger was nie. Sy laat net niks naby die skaap kom nie, nie eers die bees mag naby kom nie, raak baie dreigend.

Re: Skaaphond 1000

Posted: Wed Dec 14, 2011 7:48 pm
by Dawid
Johan dan kan jy beslis meer op daardie hond tussen die skape en die donkies tussen die bees vertrou as op enige Tweebeen gevaarte.

Die koeie hou die donkies van die kallers af en die donkies hou die ongediertes weg en die hond saam die skape......klink vir my heeltemal reg.

Innoverende Privatisering dink ek noem n mens dit. ;D ;D ;D

Dis nou as mens van die 2 bene ontslae raak en meganiseer.......Heitjou, groot woorde wat hier uitkom. :laugh: :laugh: :laugh:

Sterkte met jou diere