Page 1 of 1

Glock Wes Kaap

Posted: Sat Jul 04, 2020 5:44 pm
by afrikanerbloed
Naand
Ek sal graag wil weet of iemand my asb in die regte rigting kan druk.
My Glock 30 se gedeelte wat die 2 "recoil springs"vas hou het gegroet terwyl ek vandag geskiet het.
Ek sal in die eerste plek iemand moet kry wat vir my die part kan bestel en dan miskien kan help loer om te kyk wat het verkeerd gegaan.
Watter persoon of winkel sal julle voorstel hier onder die Kaap.
Alle hulp word baie waardeer,
Baie Dankie
Johan

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Sat Jul 04, 2020 6:19 pm
by JohanvB
Jy kan Parow Arms probeer

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Sat Jul 04, 2020 10:08 pm
by Alwin
Dis nie mooi duidelik presies watter onderdeel nou gebreek het nie. Is dit deel van die terugslagveer samestelling of die voorkant van die glustuk waar die veer teen vasdruk? Indien nr 1, vervang dan net die veersamestelling. Dit moet in elk geval periodiek vervang word op enige pistool, maar meer gereeld op kompakte en sub-kompakte pistole. Kry sommer 2. Meeste winkels sal jou kan help. My voorkeur is Aziza by CHS Guns.

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Sun Jul 05, 2020 6:58 am
by Riebeeker
Kontak vir Valdor Uren by Strand Guns 0614407851.

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Sun Jul 05, 2020 12:40 pm
by afrikanerbloed
Alwin
Jy is reg.
Dit is die veer samestelling,ek kon dit net nie reg verduidelik sonder om my onkunde te wys nie.
Die probleem aan my kant is dat dit n G30 is wat glad nie so populer is nie.
Ek sal more vir Valdor bel siende dat hy baie naby is en indien daar nog haak plekke is, is sal ek jou kontak nader Alwin.
Baie Dankie vir almal se hulp.
Groete
Johan

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Sun Jul 05, 2020 5:23 pm
by Hein M.
Ek kan hierdie ouens regtig aanbeveel https://theglockshop.co.za/product/gloc ... -assembly/ vir enige onderdele. Uitstaande diens.

Groetnis!

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Sun Jul 05, 2020 7:05 pm
by afrikanerbloed
Hein
Dankie
Ek het op hulle website geloer en daar is alles en nog wat,wat jy nodig mag he ,behalwe my g30 se part.
Sal maar more begin bel en hoor wat almal te se het.
Dankie
Johan

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Mon Jul 06, 2020 7:36 am
by Carl
Johan,
As jy enigsins sukkel kontak vir Terrick direct by Bernhard Agencies, hy gee vinnig en top klas diens. Ek glo ook die winkels in jou omgewing sal goeie diens lewer, maar dis 'n opsie as jy vasbrand.
https://www.bernhardagencies.co.za/

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Tue Jul 07, 2020 6:18 pm
by afrikanerbloed
Naand Almal
Ek het toe reg gekom by Valdor.
Baie Dankie vir almal se hulp.
Vriendelike groete
Johan

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Wed Jul 08, 2020 2:59 pm
by Riebeeker
afrikanerbloed wrote: Tue Jul 07, 2020 6:18 pm Naand Almal
Ek het toe reg gekom by Valdor.
Baie Dankie vir almal se hulp.
Vriendelike groete
Johan
Bly jy het reggekom by Valdor - toevallig my nefie.

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Wed Jul 08, 2020 4:44 pm
by ruaanb
Klein wereld - ek was saam met hom in die weermag.

Re: Glock Wes Kaap

Posted: Wed Jul 08, 2020 10:36 pm
by Hein M.
Ek en sy oudste broer het saam geswot en rugby gespeel 😉🏉