Page 1 of 2

Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 9:25 am
by Louis Kriel
Dag almal. Ek wil net weet of R6400 vir n gemsbok n billike prys is. Het 3 jaar terug R4500 by dieselfde plek betaal. Kon vir 3 jaar nie daar jag nie agv die droogte.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 9:30 am
by PWV
Ek kan kry vir R6000.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 9:37 am
by Louis Kriel
Dankie Oom Pieter.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 9:51 am
by naas222
Louis hier by ons op Thabazimbi op veiling vir n Bosveld gemsbok gaan hul R8000 plus hang af van koopers

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 10:00 am
by Toyrsi
Pryse verskil baie.
Van R5500 tot 35R/kg.
Ek verkies om per kilogram te betaal.
Die wild is wel skaars tans na die erg droogte wat die boere gehad het.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 10:14 am
by sako 30-06
Ek dink R5000 - R6000 is n goeie prys.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 10:34 am
by hotklou
Daai is nie slegte prys nie .. miskien bietjie aan die bokant van die spektrum. soos altyd gaan die lokasie van die plaas 'n invloed he dink ek.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 10:50 am
by Dolf014
More.

Hier by ons loop hulle R4500 - R5000.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 11:31 am
by Wouter Roets
Boys

Daar is darem n wereld se verskil tussen n gemsbok in die kalahari/karoo se prys en die in die Noorde van die land en pryse sal hierdie oor die algemeen reflekteer.

Groetnis
Wouter

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 11:46 am
by Chris (vdB)
Ek het laas Vrydag n' Gemsbok geskiet vir R3500, en sy karkas het 95.5kg geweeg sonder vel. Die boer se normale prys is R5500, ek dink die koue het gehelp met die prys, dit was -8 daardie oggend in die veld.

Wat ek ook kan by las is na die jag het ons n' vleisie gebraai, toe het van die omgewing se boere ook kom draai maak, een van hulle het toe genoem dat Gemsbokke nou lewendig verkoop op veilings vir R2200 tot R2400, hoe waar dit is weet ek nie.

Groete

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 11:59 am
by Sako75
Watter omgewings praat julle manne van?

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 12:05 pm
by Chris (vdB)
Ek het in Petrusburg omgewing gejag

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:16 pm
by Capt. Yoda
Ek is darem bly ek het vir die eerste 10jaar van my jag lewe basies net Gemsbokke gejag, teen R6000 sal ek heel moontlik nie weer een skiet nie

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 2:21 pm
by Louis Kriel
Koup Karoo Merweville omgewing.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 2:23 pm
by Diesel Dog
Ook dankbaar dat ek vroeg met Gemsbok begin het,sowat 86 geskiet teen die pryse kan ek ook maar net die trofee van gister bewonder. :'(

DD

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 2:42 pm
by Frikkie Coetzee
Louis

Jy kan verder ry en goedkoper skiet, Merweville is nie te ver van jou af nie. Dus wat jy spaar op bok se prys in noorde gaan jy opry in brandstof.

Ek laat skiet nie gemsbokke by my vir onder R 5000 nie maar bygese dit is jonger bulle. Meeste mense in ons area vra R 6500 tot R 8500.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 5:16 pm
by Capt. Yoda
Soos Wouter se bepaal die area seker grootliks die prys en ek het darem ny share van hulle geskiet ma ek sal swaar meet as R3500 vir n gemsbok betaal. Ek skiet baie eder 5 springbokke en betaal paar rand meer. Vir R6000 kan ek al n taamlike groot koedoe skiet

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Mon Jun 22, 2020 5:30 pm
by Basie2
Baie bly ek het in ‘94 geskiet in Namibië en 2003 - 2012 in Van Zylsrus area. Vir my was ‘n kalahari jag nog altyd die beste. Sal geen kommentaar gee oor pryse, dit bly elke man se besluit. Die swaarste g/bul, was 115kg, skoon karkas.
My 2c


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Tue Jun 23, 2020 12:22 pm
by Louis Kriel
Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 22, 2020 5:16 pm Soos Wouter se bepaal die area seker grootliks die prys en ek het darem ny share van hulle geskiet ma ek sal swaar meet as R3500 vir n gemsbok betaal. Ek skiet baie eder 5 springbokke en betaal paar rand meer. Vir R6000 kan ek al n taamlike groot koedoe skiet
Ja gemsbokke is die goed wat ek al die meeste van geskiet het. Ek het klaar 15 springbokke en n paar blesbokke vanjaar geskiet. Gaan volgende week weer springbok en blesbok skiet. Het meeste van my gemsbokke op Noenieput gejag teen R1500. Toe koop die regering die plaas. :( Sukkel maar om my kop om R6000 te kry.

Terloops dit lyk my teen R1700 vir n blesbok (47 kg) is hy relatief ekonomies en ek hoef nie my groot gun te gebruik nie

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Tue Jun 23, 2020 1:43 pm
by Capt. Yoda
Blesbok en BWB is seker maar die 2 om te jag as jy kyk na wat jy kry.
Hier rond kan ons mooi groot blessies skiet vir so R1400 en groot BWBe vir so R3500 wat sin maak as jy kyk na wat jy kry en as jy vleis soek, springbokke hier is mal maar dit kan mens verstaan, as jy nou bq meer bosveld toe beweeg is daar weer baie mooi pryse op rooibokke en self "nie trofee" koedoes.

n Groot Gemsbok gaan seker wat 90kg karkas weeg, ja daar gaan 110kg manne ok wees maar daar gaan n klompie in die lae 80s ook weeg en dan maak daai som glad nie vir my sin nie, ek weet elke man kan vra wat hy wil en elke man kan betaal wat hy wil maar ons gesels mos nou.

My laaiti het laas jaar n RHB geskiet wat skoon karakas aansienlik meer as 90kg geweeg het vir R3300 by ons maat Frans en daar is nog bulle wat groter is so daai is baie meer ekonomies. Natuurlik is dit iets anders om n Gemsbok in die kalahari te skiet maar nou moet ons nog 1200km ekstra ry ook so ons gaan nog bloei met die brandstof ook.

Die laaste paar jaar gaan "jag" ek maar net saam om die rekening vir die kleinman op te tel en saa my pelle in die veld te wees en probeer dalk een mooi bok of iets anders elke jaar self te skiet maar man kan darem ook nie net skiet en betaal omdat iets mooi is nie.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Tue Jun 23, 2020 5:13 pm
by Krobb
In Namibië het ons in 2018 R3000 betaal en laasjaar R3500. Ek dink as hulle daar meer vra gaan hulle te min jagters kry a.g.v. die afstand en "red tape" om oor die grens te gaan. Gemsbokke was in Suid Afrika nog altyd duurder met die hoogste pryse in Limpopo.
Ek probeer om elke jaar een of twee te skiet want dit is vir my en my gesin die lekkerste tafelvleis. Maar die jaar gaan dit lol.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Tue Jun 23, 2020 8:39 pm
by Dewitt
Ons self het ook min bokke te jag plaaslik agv 'n ses jaar droogte en daarom het ek ook bietjie wyer begin soek. Ek het gereken biltongjag het bietjie goedkoper geword met lockdown en beperking op buitelanders, maar ek was verkeerd. Meeste wild wat ek oor uitgevind het was maar nog betreklik duur. Dalk is dit maar die droogte wat nog te vars in my geheue is.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Tue Jun 23, 2020 9:12 pm
by BeesBreet
Dewitt wrote:Ons self het ook min bokke te jag plaaslik agv 'n ses jaar droogte en daarom het ek ook bietjie wyer begin soek. Ek het gereken biltongjag het bietjie goedkoper geword met lockdown en beperking op buitelanders, maar ek was verkeerd. Meeste wild wat ek oor uitgevind het was maar nog betreklik duur. Dalk is dit maar die droogte wat nog te vars in my geheue is.
Dit is defnitief nie net jy nie, ek sien ook bitter duur pryse rondom my. Maar dan sal ander manne hier se neewat dis wat die goed kos.

Dalk moet ek n ander job kry, my baas sal vrek voor hy my begin bederf


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Wed Jun 24, 2020 7:36 am
by tau
BeesBreet wrote: Tue Jun 23, 2020 9:12 pm
Dewitt wrote:Ons self het ook min bokke te jag plaaslik agv 'n ses jaar droogte en daarom het ek ook bietjie wyer begin soek. Ek het gereken biltongjag het bietjie goedkoper geword met lockdown en beperking op buitelanders, maar ek was verkeerd. Meeste wild wat ek oor uitgevind het was maar nog betreklik duur. Dalk is dit maar die droogte wat nog te vars in my geheue is.
Dit is defnitief nie net jy nie, ek sien ook bitter duur pryse rondom my. Maar dan sal ander manne hier se neewat dis wat die goed kos.

Dalk moet ek n ander job kry, my baas sal vrek voor hy my begin bederf


Sent from my iPhone using Tapatalk
Verseker.

Ek het eergister pryse gekry vir jag wat ek "ja" voor gesê het. EK sal nou maar stert tussen my bene moet ontrek. As ek so na my budget kyk en moet betaal vir dagtariewe, slagprys per bok, bakkie, en dan per/kg betaal, maar kop, pote en harslag moet inbly raak dit onbekostigbaar. Ek gin die boer sy pond botter en besef die manne gaan nou na droogte moet bymekaar maak, ek is net te arm om hulle te kan ondersteun. Noordkaap, Ooskaap en Namibia is maar waar die budget vir my klop.

Re: Gemsbok Jag prys per bok

Posted: Wed Jun 24, 2020 9:14 am
by Charles7x57
Hier in ons omgewing het ek n paar pryslyste gekry.
Dullstroom omgewing. R15000 vir n Gemsbok bul/koei. Marble Hall. R9000 vir bul/koei. Groblersdal. R11000 vir n bul/koei.
Ons Swartwildebeeste,Blouwildebeeste,Bles en Rooibokke is egter baie billik.