Invoer van wapenonderdele
Posted: Fri Jun 12, 2020 7:51 pm
Dikwels gaan ons gebukkend onder swak diens van plaaslike agente. Dit maak dit uiters moeilik om selfs basiese onderdele soos vere, snellers, magasyne en so aan vir sommige wapens te kry. Die versoeking is dus groot om dit wat jy benodig aanlyn te bestel. Pasop egter, want dit is 'n leeuwêreld daar buite. In die VSA het hulle bv. ITAR regulasies wat baie streng toegepas word. 'n Eenvoudige wapenonderdeel kan jou in diep water laat beland as die owerhede daar die plaaslike owerhede in kennis stel. In wese oortree jy dan in beide lande.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... wapendele/
Hou dus maar by handelsmerke wat goeie naverkoopdiens hier plaaslik het. Dit is hoekom ek byvoorbeeld vir iemand wat handwapens soek 'n Glock of CZ sou aanbeveel, hoewel ek moet bieg dat ek nie my eie raad gevolg het nie. Gelukkig was dit sovêr nog sonder gevolge.