Page 1 of 2
Foto van die jaar
Posted: Thu Dec 08, 2011 10:18 pm
by Boesman
Ek hoop die foto wys in volle grootte, dan sien mens beter detail.
Die Fouche-boeties van Aranos-wereld het gaan springbok jag met 'n 308 en 'n kamera.
Hulle het besluit om 'n aksiefoto te (probeer) neem, en het dit toe verdomp goed reggekry. Die timing was 100% soos dit net by broers kan wees.
Die bok het so op 300m gestaan, en die skut het tussen die oe gevat.
[img width=560 height=373]
http://i1199.photobucket.com/albums/aa4 ... C00196.jpg[/img]
Op die (oorspronklike grootte) foto kan mens duidelik sien hoe die koeel die bok op die punt van sy neus tref, en dan deur die nek gaan.
Mens kan ook sien hoe die vleis, bloed en selfs 'n stukkie been (of koeel?) agter die bok uitspat.
Kyk ook na die rimpel-effek van die skokgolf op die bok se nek.
Die bok het nog nie eers begin om te val nie.
Dit is natuurlik 'n pragtige groot bok met goeie horings.
Re: Foto van die jaar
Posted: Thu Dec 08, 2011 10:37 pm
by Dawid
Absoluut uitstekend gedoen en geskiet, veral vir 300meter.
Stem saam met jou dis n uitstekende foto.
Baie geluk aan die manne
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:10 am
by Dawie D
Boesman
Met daai timing moet hulle oorweeg om die "lotto" te gaan speel

Daai manne het n bledie goeie job gedoen daar.
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:12 am
by Geno
Great foto!
Dis 'n bitter mooi bok ook daai, baie groter as die handsak bokkies hier by ons.
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:18 am
by GreyGhostGear
Daai ram lyk moerse verbaas!
Once in a lifetime om so stukkie timing reg te kry as 'n ou al die faktore in ag neem.
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:19 am
by Witpietskiet
Moet s?, dis n baie goeie foto. Die manne kan trots wees op hulle kamera werk.
(Geno, ons manne hier in Suidwes is gewoond aan sulke mooi springbokke)
Mooi loop
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:29 am
by Jeagermeister
Kyk hoe vou daai man se ore al!! Seker van die brand in sy neus!!
Briljante Foto!!
As 'n man jou email PM, sal julle die original kan email asb?
JM
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:47 am
by Raven
JM,
EK stem saam, stuur dit op email, dis een wat ek graag wil hou. Uitstekende foto.
.... en die Fouche broers skiet met 'n 308 ..........300m kopskoot op 'n springbok

Dit wys jou net as jy jou eie geweer ken kan jy alles doen met hom!!!
Geno, ek spaar al solank vir volgende winter se paar springbokkies daar diep in die suide. Jy moet net kom kuier daai tyd.
Raves
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:51 am
by Geno
Raven wrote:
Geno, ek spaar al solank vir volgende winter se paar springbokkies daar diep in die suide. Jy moet net kom kuier daai tyd.
Jis, ek's in! Ek het hoeka 'n uitnodiging Kuduberg toe daar naby Gr?nau wat ek aanvaar het.
Sal maar my verskiet-tekkies aantrek vir daai trippie, want julle begin mos eers op 300m gooi
Groete,
Eugene
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 8:59 am
by Raven
Geno,
Dis hy daai... ek wag jou by die afdraai.
Raves
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 9:04 am
by Louis102
Raven wrote:
... Geno, ek spaar al solank vir volgende winter se paar springbokkies daar diep in die suide. Jy moet net kom kuier daai tyd.

... Raves ...
Yis! Oefen maar solank daardie 300m + skote! ...
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 12:26 pm
by Dawie D
Geno
Se maar as jy sukkel met daai afstande, dan leen ek jou my 223

Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 12:32 pm
by Boesman
JM en Raven
Sal vir julle met plesier mail, laat weet net die addresse. Hou dit tog uit die hande van die bunny huggers (ek weet dis onnodig om te vra).
Weet iemand dalk hoe om die foto in volle grootte op die forum te plaas? Is dit enigsins moontlik?
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 12:37 pm
by DWB
Boesman, crop die gedeelte van die gesig en save dit as 'n 2de foto (om nie die oorspronklike op te voeter nie) en laai dan daai foto.
Anders moet jy dit vir my e-mail laat ek dit doen.
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 3:34 pm
by Boerseun123
Ongelooflike foto en ook 'n pragitge bok!
Daai bok lyk na die tiepe wat jy agter op moet laai. Hier by ons sit jy 'n springbok sommer in die "cubbyhole" saam met jou vervoer permit!!
Groete
Bs
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 4:10 pm
by FE
Baie mooi foto! Geluk!
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 5:19 pm
by DWB
Hier is die foto, hopelik meer detail
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 5:30 pm
by Ian
Die van se al klaar dat die broers kan skiet. Die beste aksie foto wat ek in jare gesien het. Geluk.
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 6:44 pm
by theedge
Prag dier en natuurlik n ongelooflike goeie foto
Re: Foto van die jaar
Posted: Fri Dec 09, 2011 7:22 pm
by namgirl
stunning foto!
Re: Foto van die jaar
Posted: Sat Dec 10, 2011 6:47 am
by Boesman
Dankie DWB.
Re: Foto van die jaar
Posted: Wed Dec 14, 2011 7:25 pm
by Geno
roshnijee21 wrote:
Just want to say your topic is as amazing. The clarity for your submit is just nice and that i could suppose you are a professional on this subject. Well together with your permission allow me to seize your RSS feed to stay updated with approaching post. Thank you a million and please continue the enjoyable work.
natural herbal supplements
Waar's die mods? Ek reken dis spam hierdie....
Re: Foto van die jaar
Posted: Wed Dec 14, 2011 7:57 pm
by Cobus(Cobb)
roshnijee21 wrote:
The clarity for your submit is just nice and that i could suppose you are a professional on this subject. Well together with your permission allow me to seize your RSS feed to stay updated with approaching post.
natural herbal supplements
Wat de f@k gaan aan met die reply??
Dit lees soos 'n peanut in die parliment se taal, dink ek ,wonder tog, with my approaching post..

Ek dink Geno is reg..
Cheers
Re: Foto van die jaar
Posted: Wed Dec 14, 2011 8:04 pm
by baboonstalker
Om so 'n foto te neem doen jy die volgende:
1. Staan 1/3 de van die skoot afstand van die skut.
2. Fokus die kamera op die teiken en sit jou duim op die knoppie.
3. wag tot jy die skoot hoor, knip jou oe? een keer vir elke honderd meter na die teiken
4. haal jou duim van die knoppie en druk hom stadig met jou wysvinger.
5. lw. die metode werk net met 'n 308!
Die manne se timing was egter baie mooi in en voorwaar nie elke dag wat jy dit sien nie!
Re: Foto van die jaar
Posted: Wed Dec 14, 2011 8:50 pm
by BLOUVALKIE
hallo oom Boesman
jho oom great foto
dis snaaks om te weet dat die bok nog staan maar hy is eintlik dood
groete
BLOUVALKIE