Page 1 of 1

Tipiese bosveldjag

Posted: Wed Apr 29, 2020 10:27 am
by tripodmvr
Moontlik nie die beste kamerawerk nie, maar 100% vir die afneem van die klein dingetjies op sy jagtog. 'n Baie goeie opteken van dit wat jy op 'n bosveldjag sien en ervaar.

https://youtu.be/CSs2cHuTcT4

Re: Tipiese bosveldjag

Posted: Wed Apr 29, 2020 11:12 am
by PWV
Ai, man. Moes nou 'n kalmeermiddel neem. Sal ons ooit met al die gedoentes vanjaar in die jagveld uitkom?

Re: Tipiese bosveldjag

Posted: Wed Apr 29, 2020 12:43 pm
by Nella
Daai neushoring voëls se geroep naby aan die eiende laat my erg terug bosveld toe verlang.

Re: Tipiese bosveldjag

Posted: Wed Apr 29, 2020 1:42 pm
by wynis
Lekker video dankie! Kan nie wag vir die jagveld nie


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Tipiese bosveldjag

Posted: Wed Apr 29, 2020 2:31 pm
by JohanvB
Love dit, SOLO HUNTER het my erg aangesteek... Ek soek nou 'n video kamera, spesefiek vir dit.. So as julle iets kan aanbeveel, laat tog weet, iets lig, wat tog goeie kwaliteit vids kan neem.

Re: Tipiese bosveldjag

Posted: Wed Apr 29, 2020 2:46 pm
by BigBoreFanatic
Sjoe, dié laat mens darem verlang hoor! Dit maak maar ook net dat mens weer die veld en voorreg om te kan jag meer waardeer.
(Ek verstaan en weet dat die videos vir promosie en advertensie doeleindes ook gemaak word maar daai engels my pla erg).

Re: Tipiese bosveldjag

Posted: Wed Apr 29, 2020 3:20 pm
by Vissie
Verfrissende kanaal! Voel anders as al die ander wat daar te kyk is. Dink baie van dit het te doen met die afwesigheid van pretensie of ‘n yankee-twang! Hulle probeer nie snaaks of oulik voorkom nie. Lyk soos normale mense wat normale dinge doen.

Re: Tipiese bosveldjag

Posted: Thu Apr 30, 2020 7:04 am
by J le Roux
Ek het dit ook geniet.
Ek het opgelet die man dra die fullstock so oor die skouer, en wonder or hier ook manne is wat verkies om nie 'n geweerband te gebruik nie, en hoekom?