Page 1 of 1

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Tue Dec 06, 2011 1:19 pm
by Gerhard
So ver ek dit het maak die plotte deel uit van die dorps gebied en is skiet dan onwettig.

Jy moet ook kyk na veilige stop wal en wat binne n raduis v 5km agter die stop wal is.

Ek stel voor jy gaan skiet by reeds gevestigde skietbane om moeilikheid te voorkom...

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Tue Dec 06, 2011 1:27 pm
by Gerhard
Piet-Skiet wrote: Dis die groot vraag. Word dit gesien as opgeboude gebied of nie? Ek praat nou nie van teiken skiet die julle dag nie. Daarvoor sal ek baan toe gan.
Ja,

So ver ek dit het word die plotte ook as opgeboude gebied gesien soos Silver Lakes of Waepadrand...

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 12:32 am
by immelmanw
Enige plek waar n mens skiet moet n 5km uitvalsone he.

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 7:52 am
by Louis102
immelmanw wrote: ... waar n mens skiet moet n 5km uitvalsone he ...
.... dan sal staatsamptenare by ons nooit mag skiet nie, hulle het 'n half 4 tot half 5 uitvalsone .....

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 7:55 am
by Gerhard
Piet-Skiet wrote: Ek wonder sterk.
Piet,

Vat die kaans...

Maar as jy gevang word en jy toegesluit word en jou wapens verloor omdat jy in dorps gebied geskiet het...

Vir my is die risiko's net te hoog.

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 12:23 pm
by Gerhard
Piet-Skiet wrote: Ek verstaan dit so: as jy jou eiendom herzoneer is hy dan mos stads gebied? En as jy skiet mag jou koels nie jou eiendom verlaat nie...
Praat maar eerder nou met n wets geleerde voor dat jy dit in die hof gaan probeer verduidelik.

Jy moet onthou dat jy n veiligheids area van 5 km ander kant jou plot moet he om veilig te skiet.

Hoe gaan jy verseker dat jou opslag punte nie jou "eiendom" verlaat nie?

Wees eerder veilig vandag en moenie die SAPS n geleentheid gee om vir jou on nodig moeilikheid te gee nie.

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 5:30 pm
by Otto
Gerhard,

Piet-skiet is SAPS

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 5:37 pm
by Monrique (SJ)
Piet

Die beste is gaan na jou munisipaliteit toe en kry die wette wat jy soek daar, dis immers hulle wat dit sal he!!!! ;D ;D ;D


Groetnis

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 5:38 pm
by tafjak
Otto
Otto wrote: Piet-skiet is SAPS
....................ag, dan skiet hy mos waar hy wil op wie hy wil!

:)

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 5:39 pm
by Gerhard
Otto wrote: Gerhard,

Piet-skiet is SAPS
Otto,

Dan weet Piet mos hoe vinnig mens in die dinges trap...  ;D  :police:

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 5:41 pm
by Gerhard
tafjak wrote: Otto
Otto wrote: Piet-skiet is SAPS
....................ag, dan skiet hy mos waar hy wil op wie hy wil!

:)
Wonder of Piet die Spitfire gebruik om 2 been jakkalse te roep...

En dan hoe belangrik staan plek en wind rigting is...  :police:  ;D  ;D

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 6:00 pm
by tripodmvr
Sake is deesdae nie meer so duidelik soos vroeer nie. Al die grond in RSA val nou onder een of ander munisipaliteit. Plase betaal ook nou "eiendomsbelasting".

Ek wil landbouhoewes deesdae meer as "beboude gebied" klassifiseer synde dit stukke grond met paaie daarom is. Windbukse sal sekerlik nie die bure op hol kry nie, maar senterslag gewere se knal en reikafstand kan hier 'n probleem word. By ons is daar 'n skietbaan in Meyerton (Sure Focus) waar die skietbaan binne "klein plasies" gele? is - daar word met ho? walle en buffers verhoed dat koeels sommer oor die versperrings sal trek.

'n Wyse ding om te doen is sekerlik om met die bure te praat en dan voorsorg tref met walle dat daar nie dwaalkoeels is nie.

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Wed Dec 07, 2011 10:46 pm
by Otto
Piet skiet,

Ek sien jy onthou my nie meer nie van Gunsite af nie(8x60s) na jou onderonsies met die "Groot menere" daar nie. So 'n jaar terug het jy nog ges? jy doen opleiding in Graaf Reinet by die kollege daar.

Groete

Otto

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Thu Dec 08, 2011 11:02 am
by Coenie (Swift)
Hi Piet,

Probeer Roelf Viljoen by Tshwane Grondgebruike 012 358 5390

Re: skiet op kleinhowe

Posted: Thu Dec 08, 2011 11:26 am
by bullseye
More Piet

Frontier se koeel fabriek en skietbaan by Stilfontein is op n plot, die hele hoewe is amper net bane. Ek weet niks van die wetiese deel nie maar hulle het dit gedoen ek self het al met sa jagters daar gaan skiet.Miskien kan jy vir Nico die eienaar bel en uitvind hoe hulle te werk gegaan het.

Groetnis
Ben.