Visstokke
Posted: Mon Dec 05, 2011 9:57 pm
Ek was mal oor visvang toe ek jonger was, maar 'n tekort aan tyd het gemaak dat ek meer na die jagtery oorgeleun het.
Was vandag tydens my werkery in Sasolburg besig in 'n nywerheidsgebied en kom toe af op die fabriek wat visstokke van carbon fibre maak. Was baie interessant om die vervaardigingsmetodes te sien. Pragtige stokke as ek hulle met my ou fibre glass manne vergelyk. Plek noem hulself nou Saltus Poles (was vroeer Purglas genoem). Hier kan jy nou jou custom stok laat maak en soos die geweermanne spog met sy verdienstelikhede. Die bestuurder was baie vriendelik en ek dink mens kan 'n pad met hom loop as jy iets spesiaals soek. Hy doen blykbaar vekope vanuit die fabriek.