Page 1 of 1

KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Fri Apr 10, 2020 8:43 am
by Carel Kolesky
Is dit werklik so moeilik en tydsaam om n bestaande geweer wat wettig gelisensieer is se kaliber te verander en nuwe loop op te sit.Omtrent almal raai my af en se ek moet eerder n nuwe geweer of 'barrelled action' koop.Ek is nie haastig,so die tydsfaktor nie bepalend.Luister graag van manne wat al proses deurloop het.

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Fri Apr 10, 2020 9:49 am
by Blitzzz
Carel ek sien jy is van Mosselbaai. Ek self het daaraan gedink om n loop te vervang. Het jy iemand in gedagte wat die werk vir jou kan doen?

Al wat ek weet, daar is manne wat lope vervang. So dit is dalk moeilik, maar doenbaar.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Fri Apr 10, 2020 12:38 pm
by Andre308
Die CFR het mos nou n ding in hulle kop dat n loop nie klaar geskiet word nie.

Ek het al gedink as mens n verslag vir hulle gee dat die loop geroes is en nie meer bruikbaar is nie of hulle dan n ander storie sal he.

Dus doen jy aansoek vir n "Rifle repair" met die nuwe loop. Skryf "rifle repair" in elke 2de sin van jou motiveering.

Dit moet tog werk.

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Tue Apr 14, 2020 9:53 am
by spekieries
Dit is nie goedkoop om loop te vervang nie. Na ek navraag gedoen het en die prys en moeite gesien het, het ek besluit om maar eerder nuut tekoop. In die ou dae het ek dit gedoen. Toe was dit nog finansieel haalbaar.

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Wed Apr 15, 2020 12:15 pm
by RugerBoy
Hallo Carel

Skuus - my andwoord is kort. Ja dit is werklik so moeilik en tydsaam....Selfs al is jy nie haastig is nie. Maar as jy dit op die regte manier wil doen dan gaan jy lank wag. Soos ek verstaan het hulle die hele proses vir eers gestop, of minder aandag aan dit begin gee. Weet eintlik nie meer wat aangaan met die saak nie.

Ons sukkel al vir lank, meer as twee jaar, het die proses n paar keer herhaal en oor en anders probeer doen. Behalwe as ek iets verkeerd doen wat ek nou twyfel, sien ek glad nie dat dit eers vir my meer n opsie is nie

Groete en sterkte

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Mon Aug 31, 2020 10:20 am
by RabieL
Ek weet hierdie is nou al amper n deur getrapte onderwerp, maar is daar enige iemand wat al duidelikheid het wat die papierwerk proses is om te volg om n geweer se kaliber te verander. In my geval gaan die loop alles presies dieselfde bly, ek wil bloot net kaliber verander.

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Sat Sep 12, 2020 1:12 pm
by projagter
maak prysvergelyking. As jy dink aan pasmaak is dit ander argument.

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Mon Sep 14, 2020 12:13 pm
by RabieL
Projagter, ek verstaan 100% wat mense se van koop eerder n ander geweer omrede dit goedkoper is. Wat ek wel weet is dat n nuwe geweer nie dieselfde kan wees as n geweer wat ordentlik getrue, geblueprint, gebed en n cut rifles loop op het nie. In my geval het ek reeds alles wat ek wil he, ek wil net van kaliber verander. Mens kry nie fabriek 6 Dasher or BRX nie

Re: KALIBER EN LOOPVERANDERING

Posted: Mon Sep 14, 2020 12:18 pm
by projagter
Reg so. Jy het dus al die uitgesoekte komponente en wil net ander kaliber hĂȘ. DUS die pasmaak konsep. Ek wil nie hier idees gee nie dan word dit later misbruik. Sal jou pm.