Ek lees nou in n tydskrif waar n man raad gee wat om te doen as jy jou bok in die veld moet los en dit kan dalk lank neem om dit gaan oplaai.
Voordat omheinde jagplase mode geword het het ons maar meeste van die tyd by vriende gejag. Daar was nie gidse saam met jou nie Ook nie selfone of radios nie en jy moes maar na die huis toe stap as jy iets geskiet het. Die Boesman het my geleer dat jy n bok se oe met gras moet toemaak want die aasvoels sien die oog (die dooie glans) Jy moet dan ook rondom die bok water afslaan om die ongediertes weg te hou. Die Boesmans P... sommer op die bok ook
Wat is julle ervaring hievan?
Merk jou bok om roofdiere weg te hou
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
Ek onthou as kind op oop plase het ons ook oe toegemaak met sand vir aas voels
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
In al JJ van der Post se boeke oor die boesmans sê hy dat hulle dit doen - pee om die bok etc
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
Maak maar liewer die hele bok toe met gras of takke... oë alleen gaan nie help nie. Gooi jou baadjie of hemp bo-oor die bok en slaan water af rondom die bok. Dit het vir my gewerk op plekke waar dit wemel van die aasvoëls en jakkalse.
Mooi loop
Mooi loop
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1185
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
My oupa het my geleer om stukke toiletpapier aan te bok "vas te maak" asook die bosse rondom hom.
Hyt geen verduiliking gegee nie en ekt ook nooit gevra nie.
Hyt geen verduiliking gegee nie en ekt ook nooit gevra nie.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
Dit sal nogal interessant wees om te hoor of iemand al getoets het hoe lank die "merk" reuk die ongediertes weghou.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
Hey hy nie dalk genoem of die toiletpapier moet skoon of, uhm, "gebruik" moet wees nie?heywillie wrote: Wed Apr 08, 2020 11:56 amMy oupa het my geleer om stukke toiletpapier aan te bok "vas te maak" asook die bosse rondom hom.
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
Ek sal nie daarvan hou as enige man op my bok urineer nie. Net my opinie. Ek het nog nooit die oë toegemaak nie, maar dit maak vir my sin.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
Altyd maar 'n kledingstuk soos 'n baadjie daar naby gelos. Dit help vir jakkals. Waar aasvoëls was het ek maar mooi onder 'n boom ingesleep en probeer bedek dat karkas nie sigbaar is nie. Van die pistofelia het ek nog nie gebruik gemaak nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Merk jou bok om roofdiere weg te hou
Ek koop nie die storie van die oë se toemaak nie, om verskeie redes... In elk geval, ek het eenkeer 'n rooibokram geskiet naby Hluhluwe in Natal. Ek het sy pens uitgehaal en die in 'n oopte gelos terwyl ek die bok onder 'n bos ingesleep het en dit heeltemal met takke bedek het. Toe ons ongeveer twee ure later daar opdaag was die pens en derms heeltemal opgevreet deur die aasvoëls maar die rooibok self was onaangeraak.
Mooi loop
Mooi loop