Page 1 of 1
LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Nov 21, 2009 7:07 am
by britsman
Almal,
Iets baie interesant gelees op Aussie Land Rover site oor "chassis" flex.
QUOTE (extracts):
In the early days of motoring and on the appalling roads of the time, it was chassis flex thet made the reputations of the American cars in the bush. The alloy steel frames of the Ford "T", Dodge 4's, Buick, Hudson, and others withstood the hammering from the "roads" and the flex gave extra suspension movement. The rigid steel frames of the Brit and Euro sourced vehicles cracked and broke up badly in outback service.
Any surviving members of the outback mail and passenger carrying fraternity will confirm that they would have gone broke using English or European cars.
I know the old HJ45 Land Cruisers would flex upto 6 inches from one corner to another I dont know how many times I ended up with them so badly flexed that I couldnt get out of the doors lol.
Land Rovers dont Flex much at all even with the leaf sprung ones.
The Land Cruisers in used hard use to break in halves after about 12 years of hard work but many 40 year old Land Rover have no issue.
In Africa they use to plate both Land Cruisers and Series 3 Land Rover chassis the Series 2 and 2A never broke up even under the most extreme abuse provided they were not rusty.
UNQUOTE
Kom ons hoor wat se die manne. Ek het 'n pel wat 'n +-1994 Cruiser het, wat se chassis gebreek het.
groete,
brits
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Nov 21, 2009 11:24 am
by Freddie101
Brits
Iemand hier se land cr het ook gekraak op sy chassis net voor die support vir ratkas. Het agtergekom toe deur nie wou oopmaak. Ook van nog iemand in distrik met selfde probleem gehoor.
Freddie
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sun Nov 22, 2009 6:40 pm
by Francois Marais
Freddie/Brits
Ek het twee, n 76 en n 78 model, albei se sessies het ook reeds die gees gegee, hulle, daardie ou modelle, breek weer tussen die cab en bak, net voor die voorste vaskom plek van die agtervere. Die 76 s'n het in 1995 gebreek, en die 78 s'n het nou in 2009 gebreek.
Moet se altwee was deurgeroes en baie, baie verswak, jare en jare se springbokke dra en kalahari erdvarkgate trotseer, geen moter kan hou nie, tussen hulle twee seker al so 60000 springbokke en 2500 gemsbokke gedra, aardig maar waar.
Mooi loop
Francois
PS Wil sien waar is die LR wat dit al gedoen het.
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sun Nov 22, 2009 7:32 pm
by britsman
Ou Taff, Boeta,Chris,
Francois Marais wrote:
PS Wil sien waar is die LR wat dit al gedoen het.
HELP so biki. FRans het gebyt.
groete,
brits
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sun Nov 22, 2009 9:08 pm
by CHRIS
oom Brits
Hier op werf staan series I/IIb/III
Die series I is gestrip tot op die been, al offer gehad vir R4000 net vir chassi ma wat maak ek daarsonder.
Die seriesIIb is 1973 doremobile,5 sitplek kamper met opslaan dak, 6 silinder, kannie spotlights opsit nie want hulle draai los soos daai o? petrol soek.
Die seriesIII het al manne soos sir Taffie trane in sy o? gegee van verlang, die 2.2 diesel is nou jak bakkie, baie dood, baie stadig baaie lekker.
Ry buurman saam wat Cruiser het vra hy" is dat oorlat hy so rook en so raas dat dit voel of hy nie stamp nie" Die cruisers hou oorlat jy moet stadig ry anders hop jou valstanne uit.
Land Rover groete Chris
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Nov 28, 2009 10:37 am
by CHRIS
oom Brits
ons slaan Donderdag vuur hier langs my by Brulberg, staan daar 2 nat nuwe 4x4 bakkies. Landy en Cruiser groot was my teleurstelling ek pas nie in die 110 nie. My pens druk teen stuurwiel en my skouer teen die pilaar. smaak my ek sal ma by ougoed moet bly of japan toe met Isuzu.
Groete Chris
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Nov 28, 2009 1:01 pm
by Francois Marais
Chris
Janee, jy hoev glad nie GROOT te wees nie, net duidelik sigbaar, dan is daar klaar nie meer plek vi jou voor in daai 110 LR nie, as ek nie my arm by die ruit uitsit nie, krey ek self ook nie die deur toe nie.
Mooi loop
Francois
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Nov 28, 2009 1:18 pm
by britsman
Chris / Frans
Toe maar boetas. Julle kan altyd jou "body shapes" verander.

Julle is reg oor die spasie vir die pens .... esp as dit 'n td5 met air con. Met die hardtops dub/cab kan die "drivers seat" verder agteruit strek.
Maar al wat nodig is om 'n 50mm spacer onder die "seat" sit en dan sal tot ou Jakes lekker sit.
Chris.... wonder wie daarie open top Series 2 op daie veiling in Sterkstroom gekoop het?
groete,
brits
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Tue Dec 15, 2009 6:03 am
by CHRIS
Oom Brits
Ou basie van kursus se pa ry nou die dag op grondpad naby basie se plaas, ry dame in hom vas met fleetline isuzu, isuzu en cruiser afgeskryf. oom redelik die moer in oor groot verlies maar veral oor isuzu sy bakkie gedop het. ek moet s? moerse skade die cruiser is 9 jr oud met net 70000 km op en gelyk soos nuwe een.
Groete Chris
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Tue Dec 15, 2009 7:32 am
by Freek
Chris, eina!

Die dame het seker nie gehou van die Toyota badge nie en probeer om Isuzu s'n op die cruiser te stempel

Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Tue Dec 15, 2009 8:37 am
by tafjak
Chris
Nie geweet jy is terug van holiday nie.

Ek het darie Cruiser die Donderdagoggend gesien(69 000km) staan in die skuur. Darie mense kan hulle goeters netjies op pas, darie bakkie het onder doeke gestaan in die stoor. Toevallig is darie bakkie later die dag afgeskryf en wat hartseer is, die versekering(hoe goed ook al) kan nie 'n fraksie van die regte waarde betaal nie. Wil net vir my lyk dat versekering en motor handelaars saamwerk om eienaar te dwing om sy voertuie of op te mors of elke 3jaar nuwes aan te skaf.
Taffie
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Tue Dec 15, 2009 1:20 pm
by britsman
Chris,
CHRIS wrote:
ek moet s? moerse skade die cruiser is 9 jr oud met net 70000 km op en gelyk soos nuwe een.
Eina. Die Oom het seker gedink dat hy nie weer 'n bakkie gaan koop nie en nou is sy planne mo_rtoe.
Ou Taff,
Die versekelaars het altyd 'n loophole.
Hier op Burgersdorp staan 'n new type diesel model met 140000km op. Die ou sal hom seker verkoop vir +- R210000.
groete,
brits
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Thu Dec 17, 2009 8:39 pm
by basie
Taffie en Britsman
Julle sal nie glo nie, die versekering wil maar net R123 000 uitbetaal vir daai Cruiser. Dis 'n hartseer storie. Jy kan nie sonder versekering nie, en met hulle verloor jy altyd. Net so terloops, ons vorige Cruiser is gesteel in Bloemfontein met net 10 200 km op die klok.
Die Cruiser wat ek van weet in Burgersdorp, staan daar vir R234 000 of so iets.
Basie
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Thu Dec 17, 2009 8:50 pm
by britsman
Basie,
basie wrote:
Die Cruiser wat ek van weet in Burgersdorp, staan daar vir R234 000 of so iets.
Ek het nou die dag met die eienaar gepraat en hy het R220000 gese. Hy het klaar 'n ander een gekoop en will ontslae raak van hierdie een. Julle kan altyd try vir R210
Koop 'n Landie dan sal niemand hom steel nie.
groete,
brits
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Fri Dec 18, 2009 7:40 am
by Foxcreek
Oom Brits
Die eerste April 2009 ry ek na die ander plaas toe om ons dairy verse op te check. Skielik ry 'n remote van links voor my in met 'n trekker. Ek slaat ankers aan en swaai regs uit.
Toevallig is die buurman aan my regterkant, met sy Datsun voor die hek geparkeer en hy by die hek om dit oop te maak. Daar waar die twee laaities staan is 'n uitkeer voor. Ek ramp oor die voor wal en land op sy Datsun se gat.
My cruiser het net die "steering rod" gebuig, verder niks skade nie. Buurman se Datsun het regs agter vere en shock gebreek. Hy moes ook 'tailgate' vervang, want ons het die Cruiser met 'n trekker van sy Datsun afgetrek en toe breek sy 'tailgate'.
Gelukkig is niemand beseer nie. Ek het net 'n knop op my voorkop gehad en ook my gat af geskrik.
Foxcreek.
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Fri Dec 18, 2009 8:40 am
by JACQUES BOTHA
FOCCREEK
DAI CRUISER KRY SEKER MAKLIK 10 KM OP N LITER AS HY SO OP DIE NISSAN SE BAK GESLEEP WORD OF HOE....
EK DINK JY HET DIE CRUISER WAT DIE LIGSTE OP BRANDSTOF IS IN DIE REPUBLIEK ...MOET HOM NET NIE AFHAAK NIE..
AS JY N LIFT SOEK ..MOET NIE EEN FORSEER NIE...
JONG EK SPOT MAAR DAR KON MENSE SEER GEKRY HET..
MENS MOET MAAR DANKBAAR WEES AS ALMAL GESIND UIT DIE OPERASIE KOM...DIE TROKKE EN LORRIES KAN REGGEMAAK WORD..
EK DINK DIE BUURMAN HET OOK SY GAT AFGESKRIK TOE JY SKIELIK HIER OP SY NISSAN SE BAK N LIFT REEL?
STERKTE DAAR SIEN EEN VAN DIE DAE..
GROETE
jACQUES
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Dec 19, 2009 11:09 am
by Freddie101
Basie
Welkom hier op die forum. Hoop julle kry die cruiserprobleme uitgesort. Se groete aan Steynsburgers.
Foxcreek, bly almal hetongedeerd daarvan afgekom.
Freddie
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Dec 19, 2009 3:14 pm
by Danie Lombard .243
Hallo ou foxcreek.
Jislaaik man dit is nou vir jou 'n petalje die bakkie klimmery.
Ek is 'n kenner van teel diere en kan op 'n ver afstand geslag bepaal. Ek het gou gesien wat op die foto aangaan. Die saak lyk en staan so. Toe jou cruiser teen die afdraende pad afgaan, toe sien hy die nissan versie daar staan by die hek, saam sy mense. Jou cruiser, ek sien hy is 'n bul, het onmiddelik geruik met daai groot neus gate van hom dat die nissan versie op hitte is, en van die geleentheid gebruik gemaak toe die trekker voor jul inspring. Dit lyk of die springslag gewerk het. Jul sal daai nissan versie moet dophou, sy lyk nog jonk. Sy sal binne negemaande kalf. Haar ligaams gewig en ys beene en heup bene sal dan sekerlik goed ontwikkel wees om te kalf van daai swaar karkas cruiser bul.
Nee wat ou foxcreek, ek praat sommer bietjie nonsens met die wildtuin se diere. LAG LAG LAG!!! Mens moet noe en dan grappe maak.
Daai kon 'n erge ongeluk gewees het as mens na die omstandighede kyk as in aggeneem word hoe dit gebeur het.
Bly jul is almal OK. En waar's daai trekker drywer?????? Het alweer nie sy hoed opgehad nie?
Groete daar in natal, en leor tog vir die nugter drywers en dronk trekkers.
Danie
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sat Dec 19, 2009 3:26 pm
by Danie Lombard .243
Hier is 'n storie na aanleiding van die topic opskrif.
Die boereoorlog is verby, die boere is verarm, die konsentrasie kampe het hul tol geeis en dit is net elende. Aan die engelse kant lyk dit nie veel beter nie, die boere het hul geroer. Hul is skoon moedeloos. Hul offisiere en hoogere man het skip geklim terug engeland toe . Daar gekom en die engelse hou nabetragting oor hul werdervaringe en kennis making met die boere aan die suid punt van afrika. Die ou voorsitter van die gedoente staan op en se vir die manne," Manne, ons het die oorlog net-net gewen, al was dit met doringdraad en vuurhoutjies. Tog het doe boere ons hel gegee, en ons het maar swaar gekry, en dit was nie maklik om die oorhand te kry nie. Is daar nie iets wat ons kan doen of maak om hul terug te kry nie?" So 'n lang tand rooikop sproet gesig engelsmannetjie spring op en se," Ek het 'n plan om hul terug te kry, kom ons maak vir hul 'n LAND ROVER"
Landi boys, moet my nie steenig nie, lag tog lekker saam.
'n Landi, range rover was die eerste voertuig wat deur die amazone woud(NIE DIE RIVIER) gery het deur suid amerika, so, die goed moet goed wees.
Danie.
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sun Dec 20, 2009 8:02 am
by britsman
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sun Dec 20, 2009 8:19 am
by britsman
Foxcreek,
Foxcreek wrote:
Gelukkig is niemand beseer nie. Ek het net 'n knop op my voorkop gehad en ook my gat af geskrik.
EN SEKER BRIEK MERKE IN JOU ONDERBROEK
groete,
brits
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sun Dec 20, 2009 4:10 pm
by JACQUES BOTHA
nee wat oom britsman (skuus Kaptein Britsman)
die jong manne van vandag skrik nie so maklik nie...
Groetnis geniet die feeesgety en vertel hoe was die toespraak -hoop dit was afrikaans anders as jy brits gepraat het was dit te maklik..
JB
Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Tue Dec 29, 2009 9:04 am
by Beyers
dIE NOMMER PLAAT SE ALLES NA MR

Re: LET THE BATTLE BEGIN : Land Rover versus Land Cruiser (old style body shape)
Posted: Sun Jan 17, 2010 9:14 pm
by CHRIS
oom Brits
Ek gaan skiet nou die aand met series III. 12H00 toe wil niks draai nie , pappery pap' stap huis toe en sleep toe met Cruiser die landy volgende dag huistoe met remote agter landy se stuur, by die huis wil ek foto neem met kamera toe is kamera saam vrou dorp toe, wys jou sekere goed mag nie afgeneem word nie.
Die housing waarin die glo-plug is het gebars nou verloor hy die bietjie kompressie wat daar is ook nog uit
Groet Chris