Page 1 of 1

SD EDC en oefening

Posted: Thu Mar 19, 2020 11:41 am
by alecjohnson
Goeie dag mense

Ek het nou noggals iets gesien wat my geskok het! Dis 'n bargain koop, maar net 50 skote in 35 jaar!:
CZ bargain.jpg
Nou my MENING is dat jy nie met gemoedsrus vir SD kan dra as jy minder as 500 rondtes deur die wapen het nie. Jy moet tog die tool leer ken?
Ek praat nou nie van toegewyde sport skiet nie (maar sit dit ook in die pol vir interesantheid), die twee verskil dag en nag. Tensy jy natuurlik met drawapen ook kompetisie skiet wat wonderlik is vir oefening.

Dié wapen in advertensie was beslis net 'n safequeen, want 'n dra wapen verniel, punt. Ek self oefen baie (te min volgens my) maar oefen met wat my begroting toelaat en dis 1000+ rondtes per jaar met sportskiet wapen en 200+ rondtes 'n jaar met EDC wapen, ek wil graag sien die wat dra, hoeveel oefen jy? Ek weet hier is 'n paar manne wat ook baie ernstig is oor handwapen sportskiet en oefen en dus baie, sal graag getalle wil sien. Ek vra mooi vir die stil lede ook almal kan stem asseblief ;D (2 keuses) en kan verander sou jy so voel.

Groete
Alec

Re: SD EDC en oefening

Posted: Thu Mar 19, 2020 1:21 pm
by Aceofspades
Tussen my en die girl is daar 3000 laas jaar deur die PX4 en net onder die duisend met die Taurus. 95% van dit is informeel.

Ek bedink dat ek nog 'n PX4 moet kry dat die SD wapen nie te veel moet werk nie.

Kriek

Re: SD EDC en oefening

Posted: Thu Mar 19, 2020 2:05 pm
by alecjohnson
Aceofspades wrote: Thu Mar 19, 2020 1:21 pm Tussen my en die girl is daar 3000 laas jaar deur die PX4 en net onder die duisend met die Taurus. 95% van dit is informeel.

Ek bedink dat ek nog 'n PX4 moet kry dat die SD wapen nie te veel moet werk nie.

Kriek
Eerlik glo ek nie dis nodig nie Ace, vervang net die hardwerkende vere elke 5 of 10K rondtes res kan tog nie iets oorkom nie? My cz kry op 10k rondtes nuwe vere wat my R300 kos, maar in daai selfde asem sal dit baie help om meer te he! ++>:

Re: SD EDC en oefening

Posted: Thu Mar 19, 2020 2:14 pm
by Aceofspades
alecjohnson wrote:
Aceofspades wrote: Thu Mar 19, 2020 1:21 pm Tussen my en die girl is daar 3000 laas jaar deur die PX4 en net onder die duisend met die Taurus. 95% van dit is informeel.

Ek bedink dat ek nog 'n PX4 moet kry dat die SD wapen nie te veel moet werk nie.

Kriek
Eerlik glo ek nie dis nodig nie Ace, vervang net die hardwerkende vere elke 5 of 10K rondtes res kan tog nie iets oorkom nie? My cz kry op 10k rondtes nuwe vere wat my R300 kos, maar in daai selfde asem sal dit baie help om meer te he! ++>:
Haha, daar bars jy nou my bubble om 'n tweede PX4 te kryImageImageImage

Daar is van hulle wat oor die 150k skote deur het en nog steeds staan.

Kriek

Re: SD EDC en oefening

Posted: Thu Mar 19, 2020 4:13 pm
by Arnold
Kriek, daai is die perfekte verskoning om nog een te kry ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: SD EDC en oefening

Posted: Sat Mar 21, 2020 8:38 am
by Alwin
Aceofspades wrote: Thu Mar 19, 2020 1:21 pm Tussen my en die girl is daar 3000 laas jaar deur die PX4 en net onder die duisend met die Taurus. 95% van dit is informeel.

Ek bedink dat ek nog 'n PX4 moet kry dat die SD wapen nie te veel moet werk nie.

Kriek
Dit is die rede hoekom jy 'n EDD (Elke Dag Dra) wapen moet kry waarvoor onderdele maklik bekombaar is. Terugslagvere hou gewoonlik so 5 000 tot 10 000 rondtes. Dan begin hulle voerprobleme veroorsaak, veral onder nie-ideale omstandighede. Ander onderdele kan ook slyt of breek. 'n Tipiese ding wat gebeur met EDD is dat jou sweet in die wapen beland en 'n dun veertjie laat afroes. Ek praat van eie ondervinding. As jy so gereeld oefen as wat jy moet, gaan ekstra magasyne ook handig wees. Dit help ook dat jy nie elke keer jou dra-magasyne hoef leeg te maak as jy baan toe gaan nie. Magasyne slyt, buig en verloor ook soms. Daarom is die beskikbaarheid van al hierdie onderdele vir my 'n kritieke oorweging by die aanskaf van 'n EDD wapen.

Kry dus gerus nog 'n wapen! Kry sommer 2. Ten minste gaan hulle nie in die kluis lê en roes nie.

Re: SD EDC en oefening

Posted: Fri Feb 12, 2021 11:54 pm
by Cyclone101
Ek het twee pistole wat ek dra, afhangend van seisoen en kleredrag.

Ek het 4800 rondtes geskiet laas jaar in oefening vir selfverdediging. My mikpunt is om n skoot op teiken te kry onder 1.5 sekondes van die n versteekte posisie af.

Ek oefen ook met n umarex airsoft weergawe van my pistool wanneer ek nie by die skietbaan kan uitkom nie.

As ek vir twee maande nie oefen nie, kan ek agterkom dat my tye val na rondom 2 sekondes, as ek gereeld oefen is 1.2 sekondes meer die norm. My beste tye is twee skote op teiken in 1.2 sekondes, maar dit is nie die norm nie.

Ek verstaan dit is nie die norm vir almal nie, maar ek geniet dit om myself te verbeter.

Re: SD EDC en oefening

Posted: Sat Feb 13, 2021 5:57 am
by Ds J
Twee verskillende pistole: een vir SV,een vir sportskiet. Ek sdra 24/7/365 en sou voortande gee om twee identiese pistole te kon hê!
Hulle werk ongeveer ewe min. Ek probeer om die beurt skiet, en skiet ongeveer 350-500 skote per jaar.

Re: SD EDC en oefening

Posted: Sat Feb 13, 2021 7:28 pm
by Capt. Yoda
alecjohnson wrote: Thu Mar 19, 2020 11:41 am Goeie dag mense

Ek het nou noggals iets gesien wat my geskok het! Dis 'n bargain koop, maar net 50 skote in 35 jaar!:
CZ bargain.jpg

Nou my MENING is dat jy nie met gemoedsrus vir SD kan dra as jy minder as 500 rondtes deur die wapen het nie. Jy moet tog die tool leer ken?
Ek praat nou nie van toegewyde sport skiet nie (maar sit dit ook in die pol vir interesantheid), die twee verskil dag en nag. Tensy jy natuurlik met drawapen ook kompetisie skiet wat wonderlik is vir oefening.

Dié wapen in advertensie was beslis net 'n safequeen, want 'n dra wapen verniel, punt. Ek self oefen baie (te min volgens my) maar oefen met wat my begroting toelaat en dis 1000+ rondtes per jaar met sportskiet wapen en 200+ rondtes 'n jaar met EDC wapen, ek wil graag sien die wat dra, hoeveel oefen jy? Ek weet hier is 'n paar manne wat ook baie ernstig is oor handwapen sportskiet en oefen en dus baie, sal graag getalle wil sien. Ek vra mooi vir die stil lede ook almal kan stem asseblief ;D (2 keuses) en kan verander sou jy so voel.

Groete
Alec

Ek het 3 handwapens in my kluis, een het seker n paar 1000 koele deur, een n paar honderd en een seker so 200. Die een met die 200 skote deur is net n nuwer model van die een met die 1000de deur maar ek verkies die ouer een. Die een is seker n safequeen maar net soos jag gewere hoef ek hulle nie te koop om net te gebruik nie