Red dot monteering

Post Reply
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Red dot monteering

Post by alecjohnson »

Goeie dag mense

Ek het nou besluit om n Red dot op te sit vir my kompetisie pistool, n ou cz75 wat nog baie mooi loop. Nou het ek die dilema om die plaat op die glystuk vas te kry, ek wil nie die glystuk laat sny vir dit nie.

Ek het die mense gekontak maar hoor niks terug nie: https://shop.springerprecision.com/Spri ... SP0304.htm

Jizni het een maar dis nie vir die pre B nie, slegs vir die CZ75B:
https://www.jizni.co.za/optics-cz-75b/1 ... -p-09.html

Dalk moet ek die goedkoop een koop en dan modifiseer tot dit werk:
https://www.jizni.co.za/optics-cz-75b/1 ... z-75b.html

Help asseblief.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Red dot monteering

Post by Frederik »

Praat met Guy, van MRS Tech hy sal jou jan help en rigting gee hulle hanteer baie sportskiet wapens deur hulle winkel.
012 9983622
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1371
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Red dot monteering

Post by Toxxyc »

Hoekom laat sit jy hom nie met 'n bracket aan die raam vas nie? Ek sal wil hê die optic moet stilstaan as die glystuk terugkom, sodat ek vinnig op teiken kan kom vir die volgende skoot?
Zuku
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm

Re: Red dot monteering

Post by Zuku »

Watter tipe Red Dot wil jy opsit. Party word op die glystuk gemonteer en ander op raam.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Red dot monteering

Post by alecjohnson »

Toxic dit gaan maar oor hoe ek dra en watter holster ek gebruik, ek wil ook nie aan die wapen iets verander nie, as ek eendag besluit om dit weer standaard te maak wil ek net die plaat uitskuif en visier terugkap. Dankie Fredrik het met Guy gepraat hy sal later 'n kwotasie aanstuur.
Ek gaan 'n vortex Razor 3MOA opsit ek het seker 6 maande gesoek en videos gekyk dit was Trijicon RMR, vortex viper 3.25MOA en Razor wat ek opgeweeg het teen mekaar. Ek kry nie hier 'n viper 3.25 MOA nie, slegs 6MOA dus het hy weggeval, Trijicon het weggeval oor dit nie vortex is nie, het regtig die trijicon oorweeg.
My skietstyl is om op teiken te kom, en dan te laat loop. Ek mik nie tussen skote nie tensy ek groep skiet of ver skote neem; dan vat ek al geval my tyd so die sight kan maar rond beweeg vir nou. AS ek regtig voel ek moet opgradeer van daar sal ek 'n Shadow koop en dit 'n raam gee, maar dit gaan nie gou gebeur nie my cz moet my erg teleurstel voor ek sal dink aan opgradeer.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5023
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Red dot monteering

Post by Frederik »

Bly jy kon met Guy gesels en hy jou dalk uithelp.
Post Reply