Page 1 of 1
Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 8:13 am
by Joe13
Hi julle,
Ek is in die mark vir n rangefinder, hoef nie iets verskriklik te wees nie, ek wil kan afstand meet tot so op 1km.
Is daar enige voorstelle?
Ek het afgekom op die Vortex Ranger 1800, sy prys lyk vir my hoog.
Dankie.
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 8:39 am
by alecjohnson
Leika is maar koning, maar ek het 'n Ranger 1800 van vortex (ek is maar vortex man) en ek is dood gelukkig met dit, baie vinnig om te meet, en iets wat moeilik is om raak te meet werk die "scan" funksie baie mooi, dit het line of sight en hoek funksies vir op of af skiet.
Ek kon my backing bord op 1200 en iets meter gemeet het op 'n mooi sonskein dag, soos wat ons altyd in Upington het.
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 9:19 am
by pietskiet
Sal ook hier volg en saamlees... regtig nie lus om R10k + vir n Leica uit te haal nie, al weet ek hul is die beste en dat dit altyd beter is om die eerste keer reg te koop. Vir een of ander rede wil ek nie my eie motto rondom optics hier volg nie (buy once, cry once) en is steeds opsoek na n waarde vir geld opsie in die afdeling.
Voel vir my net daar moet iets kan wees wat tot en met n kilometer (selfs korter, sê 700m) akkuraat kan range, first time, na die regte voorwerp (m.a.w. nie die bos voor of agter die bok eerder raak range nie). Wat is ander manne se gevoel oor waarde vir geld RF opsies?
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 9:49 am
by Gian_dP
Om langer afstande as 300m akuraat die regte voorwerp te range( bok, nie bos nie en afstand is 400m nie 360m nie) is daar min wat by Leica kom. Daar is elke nou en dan tweehandses beskikbaar van iemand wat opgradeer.
Ek het 'n SIG Kilo, werk ook lekker en het al goeie goed gehoor van die duurder Vortex. Die res van die afstandmeters het ek al te veel manne oor hoor kla dat dit nie die mas opkom onder enige iets behalwe perfekte toestande nie.
Ek sou eerder wag vir 'n goeie deal op 'n tweedehandse Leica as om geld uit te gee op 'n nuwe Leupold/Bushnell/Rudolph. Soos tegnologie vorder, kan hulle dalk opvang maar dan gaan hulle waarskynlik net so veel soos 'n Leica kos.
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 10:22 am
by Joe13
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 11:12 am
by Capt. Yoda
Wat wil jy op n 1000m range? n meter by meter gong of n blesbok?
Tussen daai 2 sal ek die Leica vat, ek het self n 2400 en ek het al karre op 2000m gemeet. 1moa gong op 1000m kan jy uit die hand range as jy nie te veel bewe nie en hy range blesbokke van n tripod af op 1km
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 11:15 am
by Supacow
Jul kan ook my leica onder ads oorweeg
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 11:34 am
by Joe13
Supacow wrote: Mon Mar 09, 2020 11:15 am
Jul kan ook my leica onder ads oorweeg
Toema het reg gekom.
Re: Rangefinder
Posted: Mon Mar 09, 2020 4:56 pm
by Pinkes
Sig Sauer Kilo2200!!!
Re: Rangefinder
Posted: Tue Mar 10, 2020 11:30 am
by Joe13
Capt. Oblivious wrote:Wat wil jy op n 1000m range? n meter by meter gong of n blesbok?
Tussen daai 2 sal ek die Leica vat, ek het self n 2400 en ek het al karre op 2000m gemeet. 1moa gong op 1000m kan jy uit die hand range as jy nie te veel bewe nie en hy range blesbokke van n tripod af op 1km
Ek dink my 1km is dalk oor my kop.
Ek wil nou en dan teiken range seker maks 700m
Skiet meestal bobbejane.
Jag sal ek nie sommer oor 300m skiet nie
So is die genoemde afstand meters dalk te veel vir my doel?
Re: Rangefinder
Posted: Tue Mar 10, 2020 11:42 am
by Capt. Yoda
Nee hulle sal nooit te veel wees nie, max afstand is maar net een ding en dit is gewoonlik soos BC waar die vervaardiger die manne wil lok maar die beam "grote" of dan die beam dispersion is belangrik en vir jag veral as jy goed soos bobe wil jag is die spoed van die RF baie belangrik. Ek het nog nie die nuwe Vortex RF gebruik nie maar die Leica 2400 is baie vinnige met sy lesings veral op scan mode en die 2800 is blits vinnig. Koop meer as wat jy nodig het of wat jy dink jy nodig het met n RF jy sal nooit te veel he nie
Re: Rangefinder
Posted: Tue Mar 10, 2020 11:51 am
by THOMAST
Hoe verder hy kan lees, hoe akkurater is hy op korter afstande
Re: Rangefinder
Posted: Wed Mar 11, 2020 6:53 pm
by JCR
Ek het 'n Leica 2000 en het Saterdag bobbejaan se kind op 953m gerange.
Uitstekende glas.
Ek het 'n gelukkie in 'n pandjieswinkel raak geloop vir R4500 vir die nommer.
Ek het ook 'n ouer Vortex model maar daar is geen vergelyking tussen die twee nie.
Ek sal maar sê dis soos teleskope. Jy kan skiet waar jy kan sien. En hoe beter die glas hoe beter die sien en uiteindelik hoe beter die range werk.
Groete
JC
Sent from my CLT-L09 using Tapatalk
Re: Rangefinder
Posted: Thu Mar 12, 2020 7:05 am
by Joe13
Dankie vir julle insette, ek het toe gegaan vir die Leica.