Page 1 of 1
Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Wed Mar 04, 2020 10:06 am
by Eight
Goeie dag,
Enige iemand wat die geweersmit by Wildman Centurion ken en vir my kan se hoe sy werk is? Sy naam is Gavin. Ek wil my nuwe 243 howa laat Ackley en die aksie blueprint. Ek is altyd huiwerig om werk te laat doen by iemand wat ek nie ken nie.
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Wed Mar 04, 2020 10:09 am
by Blink Stefaans
Gavin het baie lank by Arms waterkloof gewerk. die man kan
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Wed Mar 04, 2020 12:47 pm
by Eight
Dankie Blink Stefaans
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Wed Mar 04, 2020 2:22 pm
by OomMatt
Ek kan verseker beaam van Gavin , enige man wat van Arms af kom se werk is op standaard.
Ken die familie en besigheid van in die 1980's af en het ook baie werk vir my gedoen. Gavin het met my 30-06 gehelp en puik werk gedoen
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 9:44 am
by FrancoisW
Gavin het verskillende werk op 3 van my gewere gedoen (sny van silencer thread, "open sight" en picatinny rail). Hy ken van.
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 12:18 pm
by Eight
Baie dankie. Ek voel nou baie gerus. Hy gan my Howa 243 ackley, blueprint en knaldemper op sit
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 12:27 pm
by Wouter Roets
Hallo Eight
Maak dalk net seker by Gavin oor die Ackley kamer sny spesifiek. Ek se nie vir n oomblik hy kan dit nie doen nie, maar my ondervinding is dat nie alle geweersmede op standaard is in die spesifieke aspek nie. n Hele klomp mense kan hulle hare uit hulle koppe uittrek oordat daar nie gehoor gegee het aan die raad nie. Persoonlik sal ek nie n Ackley kamer laat sny by n geweersmid wat nie bekend is in die veld nie.
Groetnis
Wouter
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 1:00 pm
by Arnold
Wouter Roets wrote: Thu Mar 05, 2020 12:27 pm
Hallo Eight
Maak dalk net seker by Gavin oor die Ackley kamer sny spesifiek. Ek se nie vir n oomblik hy kan dit nie doen nie, maar my ondervinding is dat nie alle geweersmede op standaard is in die spesifieke aspek nie. n Hele klomp mense kan hulle hare uit hulle koppe uittrek oordat daar nie gehoor gegee het aan die raad nie. Persoonlik sal ek nie n Ackley kamer laat sny by n geweersmid wat nie bekend is in die veld nie.
Groetnis
Wouter
Wouter, ek dink baie smede het al Ackley kamers verkeerd gesny maar omdat hulle dit gesny het sal hulle sê hulle kan. Hoe moet die standaard klient ook nou weet wat reg is? Jy sal dit ook eers na die tyd agterkom en dan sal die smid vir jou sê jy het nie reg gefireform nie. Ek glo jy verwys na die kopspasie issue maar gee bietjie meer details en die tipe vra wat Eight vir die smid moet vra

Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 1:21 pm
by Wouter Roets
Arnold
Jy slaan die spyker op die kop. Soos jy jy se die meeste smede sal geafronteerd wees as jy hom vra of hy weet hoe om n Ackley kamer te sny. Kopspasie is by verre die grootste uitdaging. As die smid nie werk met n go en n no-go gauge nie, hou maar verby. Verder moet n mens ook natuurlik uitvra oor die reamer wat hy beplan om te gebruik. As jy beplan om bv 105gr koeels te skiet help dit nie jy sny jou kamer vir een wat ontwerp is vir 70gr nie.
Groetnis
Wouter
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 1:27 pm
by jankraay
Wouter Roets wrote:Arnold
Jy slaan die spyker op die kop. Soos jy jy se die meeste smede sal geafronteerd wees as jy hom vra of hy weet hoe om n Ackley kamer te sny. Kopspasie is by verre die grootste uitdaging. As die smid nie werk met n go en n no-go gauge nie, hou maar verby. Verder moet n mens ook natuurlik uitvra oor die reamer wat hy beplan om te gebruik. As jy beplan om bv 105gr koeels te skiet help dit nie jy sny jou kamer vir een wat ontwerp is vir 70gr nie.
Groetnis
Wouter
n Throater sort daai probleem gou gou uit.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 1:39 pm
by Wouter Roets
Jan
En as die reamer vir 105gr koeels gespec is en jy beplan om 55gr te skiet? Ek weet ook van n hele paar smede wat kamers mooi opgefoeter het met die gebruik van n throater. Een man het so erge runout op sy dop gehad dat die dop nie na die tyd wou kamer nie. Kon nie verstaan hoe die reamer so skeef kon sny nie, totdat die smid erken het hy n throater ingespan het. Let wel ek se nie vir n oomblik dat n throuter in die regte smid se hande nie perfek kan werk nie.
Groetnis
Wouter
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 2:39 pm
by Eight
Dankie Wouter, ek het spesifiek gevra dat hulle n reamer gebruik v n baie kort keel en gese ek wil varmint punte skiet. Ek weet nou nie of Gavin, die geweersmit, ervaring het met Ackley nie? Enige iemand wat insette kan gee wat van hom weet.
Ek was onder die indruk go en o go gauges was standaard met sulke werk. Hy gaan die geweer se aksie blueprint ook.
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 2:52 pm
by Arnold
Die probleem is as hy die standaard kaliber se gauges gebruik gebruik hy verkeerde gauges.
Ackley se no-go is die voog kaliber se go gauge.
Ackley se go gauge is 4 thou korter as die voog se go gauge
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Thu Mar 05, 2020 8:45 pm
by Armand Steenkamp
Ek stem 100% saam wat hier gese word... Nie almal kan Ackley kamers sny nie. Ek het my 30-06Ackley by Groot geweersmede in Stellenbosch laat sny en die kopspasie is heelwat te groot. Amper gevaarlik groot. As jy doppe nie reg fireform nie dan slaan jy gate in die primers.
My 6.5x55Ackley is weer perfek gesny.
Luister maar eers mooi hoe hy die kamer sny.
Groetnis
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Fri Mar 06, 2020 8:15 am
by Wouter Roets
Arnold wrote: Thu Mar 05, 2020 2:52 pm
Die probleem is as hy die standaard kaliber se gauges gebruik gebruik hy verkeerde gauges.
Ackley se no-go is die voog kaliber se go gauge.
Ackley se go gauge is 4 thou korter as die voog se go gauge
Dis hy daai.

Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Fri Mar 06, 2020 10:25 am
by Frederik
Dit is iets wat ons land kort meer geweersmede en jong mense wat saam die groot manne appie.
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Fri Mar 06, 2020 2:04 pm
by Eight
Gavin gaan die werk doen en ek sal na die tyd die geweer laat check met ackley go en no go gauges om seker te maak. Gavin kom hoogs aanbeveel met almal wie ek praat. Ek kry egter net nie iemand wat my kan se of hy Ackleys ken nie en ek wil hom nie in die gesig vat deer te vra nie.
Ek moet die geweer nou daar laat doen aangesien my lisensie reeds goedgekeer is en ek nie nou die geweer kan uitboek na iemand anders nie. Wil graag die geweer klaar he as ek my kaartjie kry.
Enige iemand wat weet van n stel go en no go gauges wat ek kan leen v n dag as hy klaar is of na wie ek die geweer kan neem naby Pretoria om te check?
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Fri Mar 06, 2020 2:55 pm
by jdpretorius
Eight, gee die man jou darem 'n waarborg van een of ander aard, sou iets skeef loop
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Fri Mar 06, 2020 2:59 pm
by junglejulian
Laat hy liewers die korrekte gauges byderhand hê as die die loop afgedraai het en hy die kamer sny.anders gaan hy weer alles moet oordoen(opklok,blouwerk ens) sou daar fout wees
Re: Geweersmit by Wildman Centurion
Posted: Fri Mar 06, 2020 7:52 pm
by ruaanb
Vra is vry.... as hy dan in die gesig gevat voel kry n ander smid.