Page 1 of 1

Los gelukkie

Posted: Wed Feb 26, 2020 2:10 pm
by Lourens Potgieter
Net gou 'n fodie van my los gelukkie Saterdag met ons laaste liga vir die seisoen. Vis het skaal getrek op 15,4 kg, was my laaste vis vir die dag. Wen zone en gelukkig om overall ook 'n eerste te vat. Eindig met 8 vis vir net so oor die 27 kg.
IMG-20200222-WA0012.jpg
IMG-20200222-WA0006.jpg

Re: Los gelukkie

Posted: Wed Feb 26, 2020 2:43 pm
by Philip_R
Baie geluk

Re: Los gelukkie

Posted: Wed Feb 26, 2020 3:07 pm
by Alwyn
Well done!!

Re: Los gelukkie

Posted: Wed Feb 26, 2020 3:51 pm
by Nella
Netjies man!! Waarop het jy hom gevang?

Re: Los gelukkie

Posted: Thu Feb 27, 2020 6:58 am
by Toxxyc
Nella wrote: Wed Feb 26, 2020 3:51 pm Netjies man!! Waarop het jy hom gevang?
Lyk vir my op droƫ grond.

Re: Los gelukkie

Posted: Thu Feb 27, 2020 7:01 am
by DWB
Lekkerrr!!!!!!!!!!!!

Re: Los gelukkie

Posted: Thu Feb 27, 2020 7:09 am
by Frederik
Ek sal graag nog eendag so mooi snorbaard wou vang.

Re: Los gelukkie

Posted: Thu Feb 27, 2020 7:14 am
by Lourens Potgieter
Ek het heeldag springwurms en rysmiere gegooi op Vaaldam strop. Die groot baber het altwee hoeke in sy bek gehad.

Re: Los gelukkie

Posted: Thu Feb 27, 2020 1:20 pm
by Toxxyc
Lekker man! Ek het ook so paar jaar terug so guppy gevang:

https://i.imgur.com/MgOBTTi.jpg

Ons het die oggend in die plaasstoor bosduiwe met die windbuks uitgedun, en toe dink ek dat so halwe duif darem maar 'n lekker aas sal maak. So toe gaan sit ons die middag by die rivier en ek hak die halwe duif. Gooi, en wag. Niks, en toe die Oom Morne begin saamspeel toe dink ons dit goed om maar eerder op te pak en terug te trek plaashuis toe. Ek haal toe die lyn in en die halwe duif hang so vrot-vrot aan die hoek. Oom Morne se nee, en ek los hom net daar.

Volgende oggend is ons terug en ek is nie vreeslik lus om toe vrot halwe duif met my hande te hanteer nie, so toe gooi ek sommer die hele storie net so in die rivier en wag. Middagete se kant raak dit warm en ek bind sommer die stok met 'n stuk tou aan 'n boom vas, en ons is terug plaashuis toe, eet, knip 'n uiltjie en ontspan eers.

Die middag na die hitte is ons terug by die rivier. Ek kyk na die lyn en sien die ding is veeeeeeer eenkant toe getrek. Ek dog eers die stroom het hom seker maar gevat maar toe sien ek die ding is stroom-op. Ek tel die stok op en probeer trek, maar die ding sit vas. Dog toe 'n vis het seker maar geloop en die hoek het losgekom en aan 'n stomp of stok gehak. Ek trek maar stadig en skielik begin die ding te beweeg. Staaaaaadig trek ek in en toe begin die water kook. 40 minute later toe skep 'n vriend van my die een.

Die beste van alles? Gevang op 'n 10' karp stok en katrol, met geen "leader" nie, op 6.5kg lyn. Ek is nogals trots op die een.

Re: Los gelukkie

Posted: Fri Oct 23, 2020 9:54 pm
by Gernie
Netjies, maar ek vat nie aan daai meermin nie....

Sent from my SM-A315F using Tapatalk