Page 1 of 1
Quickload uitdaging!
Posted: Fri Feb 21, 2020 4:04 pm
by Gawie(13mm)
Manne, ek sit al lank met die gedagte;
Ek is 'n voorstaander van QL omrede dit my tyd en geld spaar en ek tot nut kan wees vir my mede skuts. Baie manne is maar bra skepties as Oom Tripod of Dale raad gee en dit lei gewoonlik tot 'n oor en weer debat oor waar wie wat gedoen het.
So hier is die uitdaging wat ek aan myself gestel het.
Tot op hede het ek net 85 grein Sierra Game Kings in my .243 AI geskiet teen 'n matige 3120vps uit 'n 24 duim loop.
Ek moet met 'n nuwe lot S365 begin laai, want soos die maagde van ouds het ek opgegaar vir die uur van nood.
Gestel ek begin dus met 'n nuwe lot S365 en Hornady 87 grein V-maxe, hoe lank sal die lading ontwikkelling my neem tot ek 'n aanvaarbare lading kry wat werk.
So, die idee is om af te sit baan toe met al my mobiele herlaai toerusting, my Labradar en my .243 AI.
Ek gaan probeer om 'n video opname te maak van die proses. Die idee is om al die toerusting op te stel en dan die horlosie af te sit en te begin by die begin.
Stappe sal hopelik soos volg wees.
1. Meet looplengte.
2. Meet Maks Tpl met betrokke koeël.
3. Meet dop lengte.
4. Laai reeds voorbereide doppe met gemiddelde lading soos voorgeskryf deur Sonchem.
5. Skiet drie skote en meet spoed met chronograaf.
6.Meet dopvolume van gevuurde dop.
7. Voer data in QL in en kalibreer lading met spoed.
8. Laai 3 rondtes met QL voorspelling en skiet weer om spoed te meet.
9. Pas QL se kalibrasie aan indien nodig en skiet weer drie skote.
10. Herhaal stap 9 indien nodig; indien ek op 'n node is, sal ek die TPL verkort in inkremente, totdat die groepering onder 'n duim is op 100 m.
Is dit moontlik, of sny ek 'n lat vir my eie gat?

Re: Quickload uitdaging!
Posted: Fri Feb 21, 2020 4:29 pm
by Theunodb
Jy gaan definitief regkom, en ek voorspel makliker / vinniger as wat jy dink! Die proses is deel van die pret! Ek sien uit om te hoor / sien hoe dit gegaan het.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Fri Feb 21, 2020 5:39 pm
by Willie
Gawie
As jy baie vinnig kan meet, laai, skiet, bereken, weer laai, weer skiet en daan gelukkig is kan jy dalk 15 minute haal. Ek sal dit beslis nie reg kry nie.
My gevoel is dat dit tussen 30 en 60 minute gaan wees as jy redelik flink is (wat ek reeds vermoed) en nie te veel aan TPL hoef te stel nie.
Sterkte ek wag vir die bewyse !
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Fri Feb 21, 2020 5:53 pm
by alecjohnson
Ek het nie besef jy wil van die begin af gaan nie, anders het ek 1 uur geraai nie halfuur nie.
Ek het klomp jare terug met 1 skoot lading gekry was permanent op 87gr vmax teen 3111fps, ek het my koeëls by my ouers vergeet, en moes regmaak vir skietkomp, en kon nie vmax kry in mosselbaai nie, ek het toe impala geneem, gelaai, een skoot geskiet vir spoed(in voortuin by lodge), QL toe gekalibreer, nog een gelaai en spoed was spot on. het 30 so gelaai en nie te vrot gedoen nie hulle het baie platter geskiet as wat ek verwag het. Daai lading het my minder as 'n halfuur geneem, maar langer as 15 min.
Ek glo in QL want dit werk vir my.
Ek weet nbet nie so mooi van kruit afweeg in die wind nie... Ek het darm my huis gehad om in te laai

Re: Quickload uitdaging!
Posted: Mon Feb 24, 2020 9:27 am
by Wouter Roets
Gaafster
Wil hierdie gou deel. Twee weke terug skraap ek genoeg energie bymekaar om iets te doen wat ek nou al vir baie lank afstel. My 7x57 Ackley het nog net so 50 rondtes oor van die 500 wat ek seker 15 jaar terug gelaai het. Ek het 500 nuwe Norma doppe wat ek wil laai. Ek sit hier by die werk en gebruik sommer die default waardes tussen drie verskillende gewig Barnes koeels. Ek kies toe die 160gr koeel want hy voldoen die beste aan my vereistes. Skryf al die dope neer op n stuk papier want ek vat selde my laptop huis toe. Die voorspelde lading is 45,3gr en daai aand laai ek 45gr om n basis spoed te kry. O-ja die default TPL van QL gee vir my n sprong van 0.8mm wat vir my perfek is vir Barnes wat ek van hou om 10% van die kaliber van die lande af te laai. Ek laai daai 45gr en stap na my skietkamer en trek een skoot af. Ek sien ek is so paar ft/sek onder my voorgestelde nodespoed. Meet die dopvolume van daai dop en sien ek is met net 0.1gr uit. Laai toe die oorspronlike voorgestelde defaultlading en skiet hom. 3ft/sek weg van my nodespoed!
Ek het nou 20 rondtes gelaai van 5 elk om daai lading in inkremente van 0.1gr. Soos ek hier sit en tik maak ek reg om daai ladings te gaan skiet by die skietbaan. As my skiet tonnel langer was het ek daai aand al tien teen een n lading gehad in onder 15 minute. Soos ou Honnibal gese het I love it when a plan comes together!
Groetnis
Wout
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Mon Feb 24, 2020 3:34 pm
by Hansieslim
Aggenee ... toe sluit die meningsopname. Ek sou skat tussen 60 en 90 minute. Mooi inisiatief Gawie.
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Sun Mar 08, 2020 11:01 am
by Flip Nel
Gawie(13mm) wrote: Fri Feb 21, 2020 4:04 pm
Manne, ek sit al lank met die gedagte;
Ek is 'n voorstaander van QL omrede dit my tyd en geld spaar en ek tot nut kan wees vir my mede skuts. Baie manne is maar bra skepties as Oom Tripod of Dale raad gee en dit lei gewoonlik tot 'n oor en weer debat oor waar wie wat gedoen het.
So hier is die uitdaging wat ek aan myself gestel het.
Tot op hede het ek net 85 grein Sierra Game Kings in my .243 AI geskiet teen 'n matige 3120vps uit 'n 24 duim loop.
Ek moet met 'n nuwe lot S365 begin laai, want soos die maagde van ouds het ek opgegaar vir die uur van nood.
Gestel ek begin dus met 'n nuwe lot S365 en Hornady 87 grein V-maxe, hoe lank sal die lading ontwikkelling my neem tot ek 'n aanvaarbare lading kry wat werk.
So, die idee is om af te sit baan toe met al my mobiele herlaai toerusting, my Labradar en my .243 AI.
Ek gaan probeer om 'n video opname te maak van die proses. Die idee is om al die toerusting op te stel en dan die horlosie af te sit en te begin by die begin.
Is dit moontlik, of sny ek 'n lat vir my eie gat?
Nou Gawie wanneer gaan jy dit doen of het ek dit erens gemis
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Mon Mar 09, 2020 9:01 am
by CassellG
as jy by "n baan of plek kan uitkom waar jy kan lading aanpassing doen en kan skiet op dieselfde tyd , gaan jy binne 30 regkom veral as jy reeds "n lading het wat jy weet nie 243 gaan opblaas nie , en jy veilig van daar af kan verstel,,,ek het self die oefening deurgegaan...ek het wel vinnig agtergekom dat my "chronograaf" valse lesings begin gee.
jy kan dus niks doen voer jou meet apparate nie 100% reg is nie , anders gaan jy rubbish in rubbish out scenario slaan.
leen bedel of steel magnetospeed of soortgelyk , en kalibreer jou quickload volgens jou nuwe kruit...
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Mon Mar 09, 2020 9:17 am
by Gawie(13mm)
Flip, ek belowe ek plaas voor more die storie.
Ek het nou al 6 keer begin om my verslag te tik en elke keer gebeur die lewe en dan verloor ek alles, siende dat ek alles op my foon doen.
Die blikslaers wat hul base se Wifi steel om my te bel deur Whatsapp moet geteer en geveer word.
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Mon Mar 09, 2020 9:49 am
by tripodmvr
Gawie, ek vind dat dit makliker is om op Word of soortgelyk, op die rekenaar 'n lang boodskap te skryf en dan later per Gmail op my foon te kry.
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Mon Mar 09, 2020 10:13 am
by Flip Nel
Gawie(13mm) wrote: Mon Mar 09, 2020 9:17 am
Flip, ek belowe ek plaas voor more die storie.
Ek het nou al 6 keer begin om my verslag te tik en elke keer gebeur die lewe en dan verloor ek alles, siende dat ek alles op my foon doen.
Die blikslaers wat hul base se Wifi steel om my te bel deur Whatsapp moet geteer en geveer word.
Alles reg ons wag vir jou, wil net nie iets mis nie

Re: Quickload uitdaging!
Posted: Tue Mar 10, 2020 6:33 am
by Gawie(13mm)
Dekselse beurtkrag het my hele dag omvergewerp en nadat ek die storie geplaas het, sien ek vanoggend hy het nooit "deurgegaan" nie en nou moet ek maar Marius se raad volg en van voor begin.
Re: Quickload uitdaging!
Posted: Tue Mar 17, 2020 1:36 pm
by andre007
Hallo Gawie, enige vordering?