Page 1 of 1
Hoendertande = S365
Posted: Sat Feb 08, 2020 8:45 am
by Rasmus
Goeie dag
Ek is opsoek na enige bietjie S365 as daar dalk iewers rondlê. Dit maak nie saak of dit n halwe of kwart blik is nie. As daar dalk iemand is wat het en jy wil ontslae raak, kontak my groot asb.
Dankie
Groete
Rasmus
08drie 4 vyf 7 een agt 28
Re: Hoendertande = S365
Posted: Tue Feb 11, 2020 7:50 pm
by Rasmus
Is daar nêrens eers n bietjie nie? Asb as daar dalk iewers is waarvan iemand weet laat weet asb.
Groete
Rasmus
Re: Hoendertande = S365
Posted: Tue Feb 11, 2020 8:03 pm
by tripodmvr
Watter geweer wil jy aan die skiet hou en waarvoor gebruik jy dit?
Re: Hoendertande = S365
Posted: Tue Feb 11, 2020 8:09 pm
by BenJacobs
Dalk 'n brokkie goeie nuus. Ek het met een van my vriende gister gepraat wat 'n geweer winkel besit. Ek het opgelet daar staan 'n paar blikke schomchem kruit. Hy sê hy was laas week daar en van hulle kruit is weer beskikbaar en dat hulle hoop om einde Maart weer S365 te hê.
Groete Ben
Re: Hoendertande = S365
Posted: Tue Feb 11, 2020 8:35 pm
by Flip Nel
BenJacobs wrote: Tue Feb 11, 2020 8:09 pm
Dalk 'n brokkie goeie nuus. Ek het met een van my vriende gister gepraat wat 'n geweer winkel besit. Ek het opgelet daar staan 'n paar blikke schomchem kruit. Hy sê hy was laas week daar en van hulle kruit is weer beskikbaar en dat hulle hoop om einde Maart weer S365 te hê.
Groete Ben
goeie nuus
Re: Hoendertande = S365
Posted: Wed Feb 12, 2020 7:04 am
by Rasmus
tripodmvr wrote: Tue Feb 11, 2020 8:03 pm
Watter geweer wil jy aan die skiet hou en waarvoor gebruik jy dit?
Hallo
Ek gebruik dit vir my 300wsm. Ek het genoeg om SA’s te gaan skiet einde Maart. Ek probeer maar net n laaste bietjie bymekaar maak vir n ekstra fowler en dalk n ekstra oefening.
Daar is nie nou tyd om oor te gaan na ingevoerde kruit nie! Koste gewys is dit net nie die moeite werd nie. Ons skiet so raps oor die 500 rondtes.
As ek nou oorskuif moet lading ontwikkeling ook nog gedoen word.
Re: Hoendertande = S365
Posted: Wed Feb 12, 2020 7:22 am
by andre007
BenJacobs wrote: Tue Feb 11, 2020 8:09 pm
Dalk 'n brokkie goeie nuus. Ek het met een van my vriende gister gepraat wat 'n geweer winkel besit. Ek het opgelet daar staan 'n paar blikke schomchem kruit. Hy sê hy was laas week daar en van hulle kruit is weer beskikbaar en dat hulle hoop om einde Maart weer S365 te hê.
Groete Ben
Maart is n bietjie gou, een van die manne wat daar werk (SA Jagterslid) praat meer van die 3rde kwartaal vir stafieskruit.
Re: Hoendertande = S365
Posted: Wed Feb 12, 2020 12:49 pm
by tripodmvr
Rasmus, jy sit maar met die vinger in die oor. Watter spoedvlakke moet jy teen skiet?
PM my jou geweerdata en ek gaan kyk wat moontlik kan werk. Om lading te ontwikkel is makliker met QL en ek kan na verskeie dryfmiddels kyk. Finale besluit lê by jou.
Re: Hoendertande = S365
Posted: Wed Feb 12, 2020 1:46 pm
by Gideon Burger
Middag Rasmus
Ek het n redelike vol blik S365 in my kluis wat ek nooit gaan gebruik nie.
PM my dan kyk ons wat ons kan reel.
Groete
Gideon Burger
Re: Hoendertande = S365
Posted: Wed Feb 12, 2020 2:30 pm
by tripodmvr
Hier is 'n reddingsboei, maar kyk mooi na watter lotte jy dan gaan hê. My aanbod staan nog met hulp.