Page 1 of 1
25 Creedmoor, is dit die moeite werd?
Posted: Wed Jan 29, 2020 9:53 pm
by geelslang
Ek sien daar word nou al doppe gemaak vir hierdie nommer. Sal daar iets van kom?
Re: 25 Creedmoor, is dit die moeite werd?
Posted: Thu Jan 30, 2020 7:54 am
by Williel
Daai saam met Blackjack se 131 gr koeëls gaan mooi loop. Net jammer ons kry dit nie hier nie. Enigste nadeel is koeël keuses is klein. 115gr Bergers of 110 ELD-X sal seker goed werk.
https://www.google.com.na/url?sa=t&sour ... RNJd8uyyJb
Re: 25 Creedmoor, is dit die moeite werd?
Posted: Thu Jan 30, 2020 8:07 pm
by geelslang
Ek dink die 6mm Creed is dalk te naby aan hom
Re: 25 Creedmoor, is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 31, 2020 11:17 am
by Geno
geelslang wrote: Thu Jan 30, 2020 8:07 pm
Ek dink die 6mm Creed is dalk te naby aan hom
25Creed gooi 'n .330 G7 BC 131gr Blackjack teen 2930fps
6Creed skiet 'n 108gr koeel met .270 G7 BC teen 2960fps
Ek dink die verskil is groot genoeg om die .25Creed te oorweeg.
Re: 25 Creedmoor, is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 31, 2020 11:44 am
by Supacow
Maar kry man daai gevaailike blackjacks in SA?
Re: 25 Creedmoor, is dit die moeite werd?
Posted: Fri Jan 31, 2020 12:33 pm
by Capt. Yoda
Nee en wat ek verstaan van n paar manne wat hulle deeglik toets is dat daai vreeslike BC jou net regtig gaan help as jy n komp skiet waar die ou met die hoogste BC wen. Die koels is maar nog baie onvoorspelbaar van lot tot lot klink dit my
Re: 25 Creedmoor, is dit die moeite werd?
Posted: Sun Feb 02, 2020 10:44 am
by Arnold
Ek skiet nou my 6 Creed met 105gr RDF (0.294 G7 BC getoets en ander gebruikers kan dit bevestig) @ 3020 fps uit n 24" loop.
'n 25 Creed verskil baie min van n 6.5 Creed (0.2mm) so as jy n 130gr wou skiet sou jy hom vinniger uit die 6.5 kon skiet (130gr Norma GT met G7 BC van omtrent 0.276). As jy meer BC soek in n kaliber sal jy jou sak moet skud en Warner Flatlines koop.
Hierdie was my laaste zero sessie toe ek n brake op die 6mm gesit het vir volgende Saterdag se PRS skiet. Ek is baie beïndruk met die 6!
Sent from my SM-G955F using Tapatalk