Het enige van die lede in die laaste jaar of so Molopo/Graslan korrels vir bosbeheer gebruik?
Ek dink daaraan om dit met 'n vliegtuig oor 'n digte strook bos te laat gooi. Thabazimbi area. Vaste vlerk. Blouhaak.
Die minder digte areas sal met die hand gedoen word.
Wat het dit per hektaar gekos? Grond is redelik turf.
Dankie
C
Bosbeheer
-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: Bosbeheer
308Win
Ek het nie self bosbeheer die afgeloptyd toegepas nie. Ek is werksaam in die Vryburg area. In hierdie gebied word baie bosbeheer. Daar is manne wat groot gedeeltes met die vliegtuig gooi. Dit is baie effektief. Wat ek wel weet is,dat hoe hoër die klei-inhoud is hoe meer kilogramme jy per hektaar moet gooi. Ek was verlede week in Botswana gewees,in die Bray omgewing. Daar is letterlik duisende hektare met groot welslae gegooi. Dit is onbeskryflik hoeveel gras daar nou is.
Flip